Wie is hierdie Melgisédek?

<< vorige

volgende >>

  Lewende woord reeks.

Wie is hierdie Melgisédek?


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Wie is hierdie Melgisédek?

Hebreërs 7:1-3,
1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;
2 aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.

Dink aan hierdie besondere Persoon, van hoe besonders hierdie Man moet wees! En nou, die vraag is: “Wie is hierdie Man?” Teoloë het verskillende idees gehad. Maar sedert die opening van die Sewe Seëls, die misterieuse Boek wat misterieus vir ons.... Volgens Openbaringe 10:1 tot 7, is die verborgenhede wat in hierdie Boek geskryf is, wat weggesteek was deur al die eeue van die hervormers, veronderstel om te voorskyn te kom deur die engel van die laaste kerkeeu. Hoeveel weet dis reg? [Gemeente sê: “Amen.”] Dis reg, veronderstel om bekend gemaak te word. Al die verborgenhede van die misterieuse Boek sal geopenbaar word aan die Loadicéa boodskapper van die eeu.

Siende dat daar baie dispuut is oor hierdie Persoon en hierdie onderwerp, dink ek dit betaam ons om in te gaan daarin, om uit te vind Wie dit is. Nou, daar is verskeie denkrigtings oor Hom. Een van die skole, maak aanspraak: “Hy's net 'n mite. Hy was nie eintlik 'n persoon nie.” En die ander sê, dat: “Dit was 'n priesterskap. Dit was die Melgisédek priesterskap.” Dis die mees waarskynlike een, wat beter na daardie kant lyk as wat hulle doen aan die ander kant, dis omdat hulle sê dit was 'n priesterskap. Dit kan dit nie wees nie, want in die 4de vers sê Hy Dit was 'n Persoon, 'n “Mens.” So, ten einde 'n Persoon te wees, moet Hy 'n persoonlikheid wees, 'n “Man.” Nie 'n orde nie; maar 'n Persoon! So Hy was nie net 'n priesterskap orde nie, nog was Hy nie 'n mite nie. Hy was 'n Persoon.

En die Persoon is Ewig. As julle oplet: “Hy het geen vader gehad nie. Hy het geen moeder gehad nie. Hy het geen tyd gehad wat Hy ooit begin het nie. En Hy het geen tyd wat Hy ooit geëindig het nie.” En Wie dit ookal was is steeds lewendig vanaand, omdat die Bybel het hier gesê, dat: “Hy het nóg vader, nóg moeder, begin van dae of lewenseinde gehad nie.” So Dit moet 'n Ewige Persoon wees. Is dit reg? [Gemeente sê: “Amen.”] 'n Ewige Persoon! So dit kon net een Persoon gewees het, dis God, want Hy is die enigste Een wat Ewig is. God! Nou, in Een Timóthéüs 6:15 en 16, as julle dit graag wil lees een of ander tyd, ek wil graag hê julle moet dit lees. Nou, die ding wat ek handhaaf is, dat, Hy was God, want Hy's die enigste Persoon wat onsterflik kan wees. En nou, God verander Homself in n Persoon; dis wat Hy was: “Geen vader, geen moeder, geen begin van die lewe, geen einde van die dae.”

Nou ons vind dat baie mense in die Skrif leer dat: “drie persoonlikhede in die Godheid.” So, jy kan nie 'n persoonlikheid hê sonder om 'n persoon te wees nie. Dit neem 'n persoon om 'n persoonlikheid te maak. 'n Baptiste prediker, 'n paar weke gelede, het opgekom, en na my huis, en gesê: “Ek wil jou graag korrigeer op die Godheid eendag wanneer jy tyd het.” Het my gebel, liewer. Ek het gesê: “Ek het tyd nou, want ek wil reg wees, en ons lê alles tersyde, om dit te doen.” En hy het gekom, hy het gesê: “Broer Branham, jy leer dat daar net een God is.” Ek het gesê: “Ja, meneer.” Hy het gesê: “Wel,” het hy gesê: “Ek glo daar is een God, maar een God in drie Persone.” Ek het gesê: “Menere, herhaal dit weer.” Hy het gesê: “Een God, in drie Persone.” Ek het gesê: “Waar het jy skool gegaan?” Sien? En hy het vir my 'n Bybel kollege genoem. Ek het gesê: “Ek kan dit glo. Jy kan nie 'n persoon wees sonder om 'n persoonlikheid te wees nie. En as jy's 'n persoonlikheid is, is jy een persoonlikheid vir jouself. Jy's 'n aparte, individuele wese.” En hy het gesê: “Wel, die teoloë kan dit selfs nie verduidelik nie.” Ek het gesê: “Dis deur openbaring.” En hy het gesê: “Ek kan nie openbaring aanvaar nie.” Ek het gesê: “Dan is daar geen manier vir God om ooit tot jou deur te dring nie, omdat: 'Dis verborge vir die oë van die wyse en verstandige, en geopenbaar aan suigelinge, geopenbaar, openbaring, 'geopenbaar aan kleintjies wat dit sal aanvaar, leer.'” En ek het gesê: “Daar sal geen manier vir God wees om by jou te kom nie; jy sluit jouself af van Hom.” Die hele Bybel is die openbaring van God. Die hele Kerk is gebou op die openbaring van God. Daar is geen ander manier om God te ken nie, slegs deur openbaring. “Aan wie die Seun Homself sal openbaar.” Openbaring; alles is openbaring. So, om te aanv-.... Om nie die openbaring te aanvaar nie, dan is jy net 'n koue teoloog, en daar is geen hoop vir jou nie.

Nou, nou, ons vind uit dat hierdie Persoon “het geen vader gehad nie, geen moeder, geen begin van dae of einde nie.” Dit was God, en morphe. Nou, die wêreld, die woord kom, die Griekse woord, wat “verandering” beteken, is gebruik. Verander Homself, en morphe, van een persoon na.... Een persoon; die Griekse woord daar, en morphe, beteken.... Dit was geneem uit 'n toneelstuk, dat een persoon sy masker verander, om hom 'n ander karakter te maak. Soos in die skool, net onlangs, glo ek, Rebekah, net voor sy gegradueer het, het hulle een van Skakespear se toneelstukke gehad. En een jong man moes sy klere verskeie kere verwissel, want hy het twee of drie verskillende rolle gespeel; maar, dieselfde persoon. Hy het uitgekom, eenkeer, hy was die skurk; en toe hy die volgende keer uitkom, was hy 'n ander karakter. En nou die Griekse woord, en morphe, beteken dat hy “sy masker verander.”

En dis wat God gedoen het. Dis dieselfde God die heeltyd. God in die vorm van die Vader, die Gees, die Vuurkolom. Dieselfde God het vlees geword en onder ons gewoon, en morphe, uitgebring sodat Hy gesien kon word. En nou is daardie selfde God die Heilige Gees. Vader, Seun, Heilige ... nie drie Gode nie; drie ampte, drie optredes van die een God. Die Bybel het gesê: “Daar is een God,” nie drie nie. Maar dis hoedat hulle nie kon.... Jy kan dit nie in orde bring en drie Gode hê nie. Jy sou nooit 'n Jood daarvan oortuig nie. Ek sal jou dit sê. Een wat van beter weet, hy weet daar's net een God.

Let op, soos die beeldhouwerk, hy kruip weg, met 'n masker bo-oor. Dis wat God gedoen het aan hierdie eeu. Dis weggesteek. Al hierdie dinge was weggesteek, en is veronderstel om geopenbaar te word in hierdie eeu. Nou, die Bybel sê hulle sal geopenbaar word in die laaste tye. Dis soos 'n beeldhouer wat sy werkstuk heeltemal bedek hou tot die tyd dat hy die masker wegneem daarvan en daar is dit. En dis wat die Bybel was. Dit was 'n werk van God wat bedek was. En Dit was weggesteek sedert die grondlegging van die wêreld, en Sy sewevoudige geheim. En God het belowe in hierdie dag, in die tyd van hierdie Loadicense kerk, sou Hy die masker van die hele ding afhaal en ons sal Dit kan sien. Wat 'n glorieryke ding! God, en morphe, gemasker in die Vuurkolom. God, en morpheme, in 'n Man genaamd Jesus. God, en morphe, in Sy Kerk. God bokant ons, God met ons, God in ons; die neerdaling van God. Daar Bo, heilig, niemand kon Hom aanraak nie, Hy was op die berg; en selfs as 'n dier die berg aangeraak het, moes dit sterf. En toe het God neergedaal en het Sy tent verander, en afgekom en gelewe met ons, een van ons geword. “En ons het aan Hom gevat ,” het die Bybel gesê. Een Timothéüs 3:16: “Onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot; want God is gemanifesteer in die vlees, gehanteer met hande.” God het vleis geeet. God het water gedrink. God het geslaap. God het gehuil. Hy was een van ons. Pragtig, getipeer in die Bybel! Dit was God bokant ons; God met ons; nou is dit God in ons, die Heilige Gees. Nie die derde Persoon nie; dieselfde Persoon!

God het afgekom en vlees geword, en die dood gesterf, in Christus; sodat Hy die Kerk kon skoonmaak, ten einde daar in te kom, vir kameraadskap. God het kameraadskap lief. Dis waarvoor Hy die man vir die eerste keer gemaak het, was vir kameraadskap; God bly alleen, met Engele. En let nou op, Hy het die mens gemaak, en die mens het geval. So Hy het afgekom en die mens verlos, omdat God daarvan hou om aanbid te word. Die einste woord god beteken “voorwerp van aanbidding.” En dit wat onder ons kom, as 'n Vuurkolom, as iets wat ons harte verander, dit is dieselfde God wat gesê het: “Laat daar lig wees,” en daar was lig. Hy's dieselfde gister, vandag, en vir altyd.

Nou, in die begin was God alleen, met Sy eienskappe, soos ek vanmôre van gepraat het. Dis Sy gedagtes. Daar was niks nie, net God alleen, maar Hy het gedagtes gehad. Net soos 'n groot argitek kan sit, in sy gedagte, en teken wat hy dink hy gaan bou. Skep, nou, hy kan nie skep nie. Hy kan iets neem wat geskep is en dit in 'n ander vorm maak; want God is die enigste manier ... enigste Een wat kan skep. Maar hy kry dit in sy gedagte wat hy gaan doen, en dis sy gedagtes, dis sy begeertes. Nou dis 'n gedagte, en dan spreek hy dit, en dan is dit 'n woord. En 'n woord is.... 'n Gedagte, wanneer dit uitgespreek word, dis 'n woord. 'n Gedagte uitgedruk is 'n woord, maar dit moet eers 'n gedagte wees. So, dis God se eienskappe; dan word dit 'n gedagte, dan 'n woord.

Let op. Diegene wat, vanaand, Ewige Lewe het, was met Hom en in Hom, in Sy denke, voordat daar ooit 'n Engel was, ster, “Cherubim”, of enigiets anders. Dis Ewig. En as jy die Ewige Lewe het, was jy altyd. Nie jou wese hier nie, maar die vorm en fatsoen wat die oneindige God.... En as Hy nie oneindig is nie, is Hy nie God nie. God moet oneindig wees. Ons eindig; Hy is oneindig. En Hy is alomteenwoordig, alwetend, en almagtig. As Hy nie is nie, dan kan Hy nie God wees nie. Weet alle dinge, alle plekke, as gevolg van Sy alomteenwoordigheid. Alwetend maak Hom alomteenwoordig. Hy is 'n Wese; Hy's nie soos die wind nie. Hy is 'n Wese; Hy woon in 'n huis. Maar alwetend, weet alle dinge, maak Hom alomteenwoordig, omdat Hy weet alles wat aangaan. Daar kan nie 'n vlooi wees wat sy oë knip sonder dat Hy dit weet nie. En Hy het dit geweet voor daar 'n wêreld was, hoeveel keer dit sy oë sou knip, en hoeveel vet dit het, voordat daar ooit 'n wêreld was. Dit is oneindig. Ons kan dit nie verstaan met ons brein nie, maar dis God. God, oneindig!

Lees die volledige rekening in...
Wie is hierdie Melgisédek?


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)

Water uit die rots.

Voor...

Na...

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Pearry Green personal
testimony.

(PDF Engels)

Huwelik En
Egskeiding.
(PDF)


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

En sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Matteus 1:21-23