Die Slang se Saad.

<< vorige

volgende >>

  Lewende woord reeks.

Subtiele Slang.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die Slang se Saad.

Génesis 3:1-7,
1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. En hy se vir die vrou: Is dit ook so dat God gese het; Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.

Let nou op, hier is wat plaasgevind het. Ek glo, en kan dit ondersteun deur die Bybel, dat dit die slang is wat dit gedoen het. Die slang is daardie verlore skakel tussen die sjimpansee en die mens. Want, luister, let op na dit nou, dat die slang nie 'n reptiel was nie. Hy was die mees “subtiele” van al die diere van die veld. Nou, ek het woordeboeke gekry, vandag, van oral, om hierdie woord op te kyk, wat die woord subtiel beteken. Dit beteken “om slim te wees, om geslepe te wees,” en, die beste interpretasie van die Hebreeuse (m-a-h-a-h, mahah) beteken “om 'n ware kennis van die beginsels van die lewe te hê.”

Nou laat ons net 'n oomblik daarna kyk. Hy is slim, geslepe, tog word hy die “slang” genoem. Maar, onthou, hy was die slimste ding wat daar was, en meer soos die menslike wese as enigiets anders wat op die veld was; naaste aan 'n menslike wese. Hy was nie 'n reptiel nie. Die vloek het hom 'n reptiel gemaak. En hy was die.... Die Bybel het gesê hy was die mooiste van alles. En selfs die vloek het nie al sy skoonheid weggevat nie; tog is die glorieryke kleure van 'n slang mooi, en sy statigheid en sy listigheid. Selfs die vloek het dit nie weggevat nie. Maar, onthou julle, God het vir hom gesê dat sy bene sou afkom en hy sou op sy maag seil. En jy kan nie een been in 'n slang kry wat soos 'n menslike wese sin lyk nie, en dis waarom wetenskap verlore is. Maar daar is hy.

God het dit verberg vir die oë van die wyse en verstandiges, en het belowe om dit aan die seuns van God te openbaar, in die laaste dae wanneer die seuns van God gemanifesteer sal word, wanneer: “God se seuns wat selfs voor die grondlegging van die wêreld gejuig het.” Wanneer die groot openbaring van die Godheid en dinge wat afgebring sal word in die laaste dae, Hy sal hierdie dinge manifesteer deur die seuns van God. Julle weet die Skrif leer dit. En hier is ons. Dit is waarom God hierdie dinge aan ons openbaar. God bring Sy seuns in manifestasie. Hy gaan verby die grense van enige menslike kennis, ver in die geestelike openbaringe, en bring Dit af. Het ons nie geleer nie, in hierdie Bybel: “Hierdie is aan hom wat wysheid het”? Nie wat hy in een of ander teologiese skool geleer het nie; maar wat hy op sy knieë geleer het voor God, en wat dit God behaag het om vir hom te gee. Seuns van God, gemanifesteerd!

Hier is die slang, nou dit is wat die slang was; ek gaan jou my beskrywing van hom gee. Ons het die... ons kom af, van 'n padda af, op na daardie paddavis, en verder op, en so-en-so, totdat jy uiteindelik kom by die aap, by die sjimpansee. En van die sjimpansee, nou spring ons van die sjimpansee na die mens, en ons wonder hoekom. “Wel,” sê wetenskap: “nou wag! Ons kan die vrou paar met die aap en die sjimp, en dan omgekeerd, 'n mens paar met die sjimpansee.” Dit sal nie werk nie. Paar dit met enige ander dier; dit sal nie werk nie. Bloed sal nie meng nie; neem jou bloed, dis heeltemal verskillende bloed, absoluut. Daar is een of ander bloed tussen dit, en hulle kan nie die dier vind nie. O, Halleluja, ek raak nou net godsdienstig.

Let op. Hoekom? God het dit vir hulle verberg. Daar is nie 'n been in 'n slang wat lyk soos 'n menslike been nie. Hy het die ding so ver versteek dat dit nie deur slim mense ontdek kon word nie. En ek gaan julle wys waar daardie slim mense vandaan kom, waar hy is in elk geval. Sien, hy kan nie daardeur kom nie. Dit moet deur openbaring kom: “U is die Christus, die Seun van die....” “Op hierdie rots sal Ek My Kerk bou; en die poorte van die hel kan nie Daarteen standhou nie,” geestelike openbaring. Hoe het Abel geweet om 'n lam te offer, in plaas van Kain wat die vrugte van die veld geoffer het? Dit was geestelik geopenbaar aan hom. Jy kry dit nie by teologiese kolleges nie. Jy kry dit nie deur denominasies nie. Jy kry dit uit die Hemel.

Nou kyk na die slang, hierdie slang wat eerste was. Laat ons nou 'n prentjie van hom teken. Hy is 'n baie groot kêrel. Hy 's tussen die sjimpansee en die man. En, die slang; die duiwel, Lucifer, het geweet dat dit die enigste bloed was wat met hierdie menslike bloed sou meng, die enigste persoon wat hy mee kon deel. Hy kon nie handel met die sjimpansee nie, daardie bloed sou nie meng nie. Hy kon nie werk met verskillende dinge nie. Hy kon nie deel met die skape nie. Hy kon nie met 'n perd deel nie. Hy kon nie met enige dier deel nie; hy moes deel met hierdie slang. Laat ons hom nou vat en kyk hoe hy lyk. Hy's 'n yslike groot kêrel, pre-historiese reus. Dit is waar hulle hierdie groot bene vind, en ek sal julle dit wys in die Bybel. Nou kyk aandagtig. Goed. Hierdie groot yslike kêrel, laat ons sê hy was tien voet lank, groot skouers; het gelyk soos 'n man. En sy bloed; nadat hy afgekom het, stem ooreen een dier met 'n ander.

Jy kan diere kruis. En dit word hoër bloed, hoër vorm van lewe, hoër vorm, totdat dit gaan in die mens sfeer. Maar die laaste konneksie hier, tussen in, is afgesny. Hoeveel weet dat wetenskap nie die verlore skakel kan kry nie? Almal van julle weet dit. Hoekom? Hier is hy, die slang. Hier was hy, 'n yslike groot kêrel. En die Duiwel kom af, nou, hy sê: “Ek kan inspireer.” Nou wanneer jy na vroue kyk en die aksies van vroue, onthou, dan is jy deur die duiwel gesalf (en dis nie jou eie vrou nie). Let op, nou, die duiwel het afgekom en in die slang gegaan. En hy het Eva in die tuin van Eden gevind, nakend, en hy het gepraat oor die vrug in die middel. Die midde is in die middel ensovoorts; julle verstaan, in 'n gemengde groep. En hy het gesê: “Nou, dis aangenaam. Dit is goed vir die oë.”

Wat het hy gedoen? Hy het begin liefde maak met Eva, en hy het met haar gelewe, soos 'n man. En sy het gesien dat dit genotvol was, so sy het gegaan en haar man vertel, maar sy was alreeds swanger deur Satan. En sy het haar eerste seun voortgebring, en sy naam was Kain, die seun van Satan. “Nou,” sê julle: “dis verkeerd.” Nou goed, ons sal net uitvind of dit verkeerd is of nie. “En Ek sal vyandskap stel tussen jou Saad en die slang se saad.” Wat? Die slang saad! Sy het 'n Saad gehad, en hy het 'n saad gehad. “En Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” En 'n kneusplek, (vermorsel) daar, beteken “om 'n Versoening te maak.” Nou daar is jou “saad” van die slang. Nou, let op, hier kom hierdie twee mans uit. Nou, hierdie slang, toe hy daar gestaan het, hierdie yslike groot reus van 'n kêrel het daar gestaan, hy was skuldig daaraan dat hy owerspel gepleeg het met Adam se vrou. Waar lê sonde vandag? Wat maak dinge die manier hoe hulle vandag is? Nou, ek.... Julle kan sekerlik begryp waarvan ek praat.

En daar was dit. En toe het hy, het God gesê, begin roep vir Eva en Adam. En hy het gesê: “Ek was naak.” En Hy het gesê: “Wie het julle gesê julle is naak?” Toe het hulle begin, die leër manier, mekaar die skuld gee. Gesê: “Wel, die vrou wat U my gegee het, het dit gedoen. Sy was die een wat my oorreed het.” En sy het gesê: “Die slang het vir my 'n appel gegee”? Goed, prediker, kom tot jouself. Sy het gesê: “Die slang het my mislei.” Weet julle wat mislei beteken? Beteken “ontreinig.” Soos sy was. Duiwel het haar nooit 'n appel gegee nie. “Die slang het my verlei.” En toe het die vloek gekom.

Hy het gesê: “Omdat jy na die slang geluister het in plaas van na jou man, het jy die Lewe van die wêreld geneem. En jy sal jou verdriet vermenigvuldig; en jou begeerte sal na jou man wees,” ensovoorts. “En omdat jy na jou vrou geluister het, in plaas van My (Ek het jou geneem uit die stof; die hoogste spesie), terug na stof sal jy gaan.” “En, slang, omdat jy dit gedoen het, af gaan jou bene. Op jou buik sal jy seil, al die dae van jou lewe. En jy sal gehaat word. En stof sal jy eet.” Daar het julle dit. Daar is daardie verlore skakel.

Nou hier kom Kain. Laat ons kyk na die geaardhede. Hier kom Kain. Wat is hy? Hy is 'n uitgeslape sakeman. Hy bewerk die grond. Slim, intelligent; godsdienstige, baie godsdienstige; kyk na sy-hou nou sy eienskappe dop. Gaan saam met my net vir 'n paar minute langer. Hier kom hy. Hy weet hy 's deugsaam. Hy wil kerk toe gaan. Hy bou vir hom 'n kerk, maak hom 'n offerhande. Bring 'n altaar, en alles. 'n Altaar gebou, sy blomme daarop gesit. Plaas die veld, die vrugte van die veld, offer dit aan God. Sê: “Hier is Dit, Here. Ek weet ons eet appels, dis wat dit veroorsaak het.” Sommige van sy uitvloeisels het dieselfde soort idee. Wys waar dit vandaan kom. Het sy appels gebring, uit die veld, dit daarop gelê, gesê: “Dit sal 'n versoening maak.” God het gesê: “Dit was nie appels nie.” Maar, deur geestelike openbaring, Abel het geweet dit was bloed. So hy het 'n lam gebring, sy keel gekap, en dit het gesterf. En God het gesê: “Dis reg. Dis wat dit gedoen het. Dit was bloed.” Julle weet van watter bloed ek praat. Goed. “Dit was bloed wat dit gedoen het.”

Nou. En toe Kain sien dat sy heilige maltrap broer aanvaar is voor God, en tekens en wonders was besig om daar plaas te vind, het hy jaloers geraak op hom. Hy het gesê: “Ons sal hierdie goed nou stop.” Kyk na sy broers, kyk na sy kinders, vandag. “Nou, ek's slimmer as hy,” so hy het kwaad geword. Waar het woede vandaan gekom? Sou jy kon sê dat die toorn....? Hy het sy broer doodgemaak. Hy was 'n moordenaar. Sou julle God 'n moordenaar kon noem? En Adam was die seun van God. Die Bybel het gesê, dat: “Adam was die seun van God,” daardie suiwer begin. Adam was God se seun. En die jaloesie en afguns, en alles, kon nie uit daardie suiwer stroom kom nie. Dit moes deur 'n ander plek kom. [Leë kol op band.] En dit het deur Satan gekom, wat n moordenaar was, van die begin af. Die Bybel het gesê: “Hy was 'n leuenaar en 'n moordenaar, van die begin af.” En daar is dit. En hy het sy broer doodgemaak. En dit was 'n tipe van die dood van Christus. Dan, daaruit, natuurlik, het Hy Set opgewek om sy plek in te neem. Dood, begrafnis, en opstanding van Christus.

Kyk, hier, hier kom jou reuse. Toe het Kain na die land van Nod gegaan. As sy pa 'n yslike groot reus van 'n kêrel was, soos wie sou Kain? Sy pappa. En hy het na die land van Nod gegaan, en een van sy susters geneem. Enigste manier wat hy dit kon doen. Daar kon nie meer vrouens kom, behalwe deur Eva nie. Hulle maak aanspraak daarop dat hulle sewentig seuns en dogters gehad het. As daar geen vrou was nie.... Die Bybel hou nie rekord van vrouens wanneer hulle gebore word nie, net mans. En as, as daar nie meer vroumense was as net Eva nie, toe sy gesterf het, sou die menslike ras opgehou het om te bestaan. Sy moes dogters gehad het. En hy moes met sy eie suster getrou het. Hy het na die land van Nod gegaan en sy vrou gekry. En toe hy met haar daar getrou het, dis daar waar hulle daardie groot reuse gevind het, wat gevalle seuns van God was; wat deur hulle pa gekom het, die duiwel, deur Kain. Daar is jou verlore skakel.

Lees die volledige rekening in... Die Slang se Saad.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)

The Pillar of Fire.

(PDF Engels)

God, Hidden and
Revealed in simplicity.

(PDF Engels)

Huwelik En
Egskeiding.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

So is die weg van ‘n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.

Spreuke van Salomo 30:20


As appels gemaak
vroue besef dat
hulle kaal was,
dit is tyd
om die appels
weer te slaag.



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.