Die Eindtyd reeks.

  Die Eindtyd reeks.

Die Gesalfdes aan die Eindtyd.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die Gesalfdes aan die Eindtyd.

Matteus 24:23-24,
23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. 24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Ek wil hê julle moet oplet hier in Matthéüs 24, het Jesus die term gebruik: “Christusse,” C-h-r-i-s-t-u-s-s-e, “Christusse.” Nie Christus nie, maar “Christusse,” meervoud, nie enkelvoud nie. “Christusse.” Daarom, die woord Christus beteken “die Gesalfde.” En as dit dan “gesalfde” is, sal daar nie net een wees nie, maar baie, gesalfde: “die gesalfdes.” Sien? Andersins, as Hy dit wou afbreek sodat ons dit min of meer beter sou verstaan, sou Hy sê: “In die laaste dae sal daar valse gesalfdes opstaan.” Nou, dit lyk amper onmoontlik, sien, die terme van “gesalfde.” Maar let op dieselfde volgende woorde: “en valse profete,” p-r-o-f-e-t-e, meervoud.

Nou, gesalfde, is: “een met 'n boodskap.” En die enigste wyse waarop die boodskap uitgebring kan word is deur een wat gesalf is, en dit sou 'n gesalfde profeet wees. “Daar sal valse, gesalfde leraars opstaan.” 'n Profeet leer wat sy boodskap is. Gesalfde leraars, maar gesalfde mense met valse leringe. Gesalfdes: “Christusse,” meervoud; “profete,” meervoud. En as daar so-iets soos 'n Christus is, enkelvoud, dan sou hierdie “gesalfdes moet wees,” dat hulle profesie van wat hulle geleer het sou verskillend wees, want hulle is gesalfdes, gesalf.

Nou, dis 'n Sondagskoolles, ons wil probeer om dit tot 'n regte konfrontasie te bring, deur die Skrifte, nie deur wat iemand anders daaroor gesê het nie, maar net die Skrifte te lees. Jy mag sê: “Hoe kan dit wees? Sou die gesalfdes....” Wat was hulle? “Christusse,” C-h-r-i-s-t-u-s-s-e, gesalfdes. “Christusse en valse profete.” Gesalfdes, maar valse profete! Jesus het gesê, dat: “Die reën val op die regverdiges en onregverdiges.” Nou, iemand kan dalk vir my sê: “Glo jy dat daardie salwing op daardie mense beteken dat dit die salwing van die Heilige Gees is?” Ja, meneer, die egte Heilige Gees van God op 'n persoon, en tog is hulle vals. Nou luister mooi en kyk wat Hy gesê het. “En hulle sal tekens en wonders toon, insoverre dat dit die einste Uitverkorenes sou mislei indien dit moontlik was.” En hulle is gesalf met die egte Heilige Gees. Ek weet dit klink baie dwaas, maar ons gaan tyd vat om dit te verduidelik deur die Woord, dat dit absoluut die Waarheid is, SO SPREEK DIE HERE.

-----
Matteus 5:45,
45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
(Die reën kom op die bose net soos op die goeies.)

Hebreërs 6:7-8,
7 Want (luister) die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. 8 Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding.

-----
Nou vergelyk dit weer met Matthéüs 5:45. Let op, Jesus het gesê die reën en die son kom op die aarde, dat God dit stuur om dit voor te berei vir die kos en die dinge vir die mense van die aarde. En die reën word gestuur vir die voedsel, die kruie. Maar die vuilgoed, onkruid, wat ook in die veld is, ontvang dieselfde ding. Dieselfde reën wat die koring laat groei, is dieselfde reën wat die onkruid laat groei.

-----
Nou, daarom, die reën wat neerdrup op die natuurlike plantegroei van die aarde, 'n tipe van die Geestelike reën wat Ewige Lewe gee, wat neerdrup op die Kerk, want ons noem dit die vroeë reën en die laat reën. En dis 'n reën, wat uitstort uit God se Gees, op Sy Kerk.

Let op, dis 'n baie vreemde ding hier. Sien? Toe daardie saad in die grond ingegaan het, hoe hulle ook al daar gekom het, was hulle dorings om mee te begin. Maar daar was die koring wat in die grond ingegaan het, en die kruie, was kruie om mee te begin. En elke krui wat homself, weer oor, produseer, het gewys dit was in die oorspronklike begin. “En hulle sal die Uitverkorenes mislei indien dit moontlik was,” want hulle kry dieselfde reën, selfde seën, vertoon dieselfde tekens, selfde wonders. Sien? “Hulle sal, of sou die Uitverkorenes mislei indien dit moontlik was.” Nou, 'n doring kan nie help om 'n doring te wees nie, en ook kan 'n koring nie help om 'n koring te wees nie, dis wat die Skepper van elk aan die begin bepaal het. Dis die Uitverkorenes. Dieselfde reën!

-----
Nou die son kom oor en maak die korrel ryp. Nou, dit kan nie alles meteens ryp word nie. Soos dit voortgaan, ryp word, word dit voortdurend ryp totdat dit 'n vol aar word. So is dit, vandag, met die Kerk. Dit het begin in sy kinderskoene, daar in die donkereeue, waar dit onder die grond was. Dit het nou gegroei tot volwassenheid. En ons kan dit sien, perfek, hoedat God deur die natuur altyd.... Jy kan die natuur nie versteur nie. Dis wat die probleem vandag is. Ons gooi bomme, in daardie oseane, breek dit en bars dit rondom met atoombomme. Jy breek net meer van daardie besoedeling af die heeltyd, en laat dit val. Kap jy die bome af; sal storms jou neem. Dam die rivier op; dit sal oorstroom. Jy moet God se manier vind van dinge doen en daarin bly. Ons het mense gedenomineer in die kerke en organisasies; kyk wat het ons! Bly in God se voorsiene weg daarvoor.

Maar, julle sien: “Hy stuur die reën,” terug by ons onderwerp: “op die regverdiges en onregverdiges.” Jesus sê vir julle nou hier, in Matthéüs 24, dit sou 'n teken wees aan die endtyd. Nou, as hierdie teken net bekend moet wees by die eindtyd, dan sal dit moet wees na die opening van daardie Seëls. Sien? Dis 'n teken van die einde. Dit sou wees, teen die endtyd, wanneer hierdie dinge gebeur. En dit sal 'n teken wees, sodat die Uitverkorenes nie verward sal wees in hierdie dinge nie. Sien julle dit? Dan, moet dit geopenbaar word, blootgestel word.

Let op, beide die koring en die onkruid lewe deur dieselfde Salwing van die Hemel. Albei van hulle is verheug Daaroor. Ek onthou dit, verwys terug na hierdie geval daarbo daardie dag by die Green's Mill. Ek het daardie visioen sien opkom. En daar was 'n groot stuk aarde, en dit was heel omgedolwe. En daar het eerste 'n Saaier uitgegaan. Ek wil dit voor julle hou. Kyk wat eerste uitgaan, dan wat dit volg. En toe hierdie Man met wit aan na vore gekom het rondom die aarde, saad gesaai het, en net agter Hom het 'n man gekom, met donker klere aan, het baie verdag gelyk, sluip agter Hom aan, en saai onkruid. En terwyl dit plaasgevind het, toe sien ek albei oeste opkom. En soos hulle opgekom het, was een koring en die ander was onkruid. En daar het 'n droogte gekom, dat toe, gelyk asof, albei van hulle hulle koppe afgebuig gehad het, en net uitgeroep het vir reën. Toe kom daar 'n groot wolk oor die aarde, en dit het gereën. En die koring het opgestaan en gesê: “Prys die Here! Prys die Here!” En die onkruid het opgestaan en geskree: “Prys die Here! Prys die Here!” Selfde resultate. Albei van hulle aan die sterwe, albei van hulle wat vergaan. En dan kom die koring op en word dors. En omdat dit in dieselfde veld was, dieselfde tuin, dieselfde plek, onder dieselfde spuit, het daar koring opgekom en daar het vuilgoed opgekom deur die einste selfde ding. Let op, dieselfde salwende water wat die koring voortbring, bring ook die onkruid voort.

Dieselfde Heilige Gees wat die Kerk salf, wat hulle die begeerte gee om siele te red, wat hulle krag gee om wondere te verrig, Dit val op die onregverdiges net soos op die regverdiges. Dieselfde Gees! Nou, jy kan dit nie anders maak en Matthéüs 24:24 verstaan nie. Hy het gesê: “Daar sal valse Christusse opstaan,” valse gesalfdes. Gesalf met die egte Ding, maar valse profete Daarvan wees, valse leraars Daarvan. Waarom sou 'n man 'n valse leraar wou wees van iets wat die Waarheid is? Nou sal ons gaan na die merk van die dier in 'n paar minute, en julle sal sien dis denominasie. Sien? Valse leraars; valse gesalfdes. Gesalfde Christusse, maar valse leraars. Dis die enigste manier wat jy kan dit sien.

-----
Let op, maar dis wat hulle voortbring wat jou die verskil wys. “Aan hulle vrugte,” het Jesus gesê: “sal julle hulle ken.” “'n Mens versamel nie druiwe van 'n distel nie,” selfs al is die distel reg in die druiwestok. Dit sou moontlik kon wees, maar die vrugte sal dit vertel. Wat is die vrugte? Die Woord, vir die vrugte van die seisoen. Dis wat dit is, hulle lering. Die lering van wat? Die lering van die seisoen, watter tyd dit is. Die mens se doktriene, denominasionele doktriene, maar, God se Woord vir die seisoen? Nou, die tyd verloop so vinnig, dat ons vir 'n lang tyd sou kon klem lê op dit. Maar ek is seker dat julle hier teenwoordig, en ek is seker julle regoor die nasie, kan sien wat ek vir julle probeer sê, want ons het nie veel langer tyd om daarop te bly nie.

Maar jy kan sien dat die Salwing op die onregverdige, die valse leraars, veroorsaak dat hulle presies doen wat God vir hulle gesê het om nie te doen nie; maar hulle sal dit doen, in elk geval. Waarom? Hulle kan dit nie verhelp nie. Hoe kan 'n distel enigiets anders wees as maar net 'n distel? Maak nie saak hoeveel goeie reën daarop gesprinkel word nie, dit moet 'n distel wees. Dis waarom Jesus gesê het: “Hulle sal so naby wees, dit sou die einste Uitverkorenes mislei,” wat in die wortels is: “as dit moontlik sou wees,” maar dit is nie moontlik nie. Koring kan niks doen as maar net koring te dra nie; dis al wat dit kan dra.

Lees die volledige rekening in...
Die Gesalfdes aan die Eindtyd.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

Die Gesalfdes aan
die Eindtyd.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

Openbaring 11:15