Sewe-Seël Boek.

<< vorige

volgende >>

  Die Sewe Seëls reeks.

Boek van Verlossing.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die gaping tussen die Sewe Kerkeeue en die Sewe Seëls.

Maar, nou, ek het opgegaan in die canyon, en ek het geklim so hoog as wat ek kon gaan. En ek het die Here gevra, terwyl ek daarbo gesit het, wat dit alles beteken, ensovoorts. Ek was soort van gepla, en het nie net geweet wat om te doen nie. En so terwyl ek gebid het; het 'n vreemde ding gebeur. Ek wil eerlik wees. Nou, ek kon aan die slaap geraak het. Dit kon soos 'n beswyming gewees het, of dit kon 'n visioen gewees het. Ek is min of meer geneig om te glo dat dit 'n visioen was. Dat, ek het my hande uitgesteek, gesê: “Here, wat beteken hierdie ontploffing? En wat beteken hierdie sewe Engele in 'n konstellasie van die piramide, my optel van die grond af en draai ooswaarts, wat beteken dit?”

Ek het daar gestaan, in gebed, en iets het gebeur. En, toe, het iets in my hand geval. En ek weet, as jy nie geestelike dinge verstaan nie, mag dit baie vreemd klink. Maar iets het in my hand getref. En, toe ek gekyk het, was dit 'n swaard. En die handvatsel was gemaak van pêrel, die mooiste pêrel wat ek ooit gesien het. En die skerm, julle weet die veiligheids skerm, waar... ek reken dis om te keer dat jou hande gesteek word, julle weet, terwyl jy... die mense in 'n twee geveg is; was goud. En die sabel se lem was nie te lank nie, maar dit was net vlymskerp; en dit was blink silwer. En dit was die mooiste ding wat ek ooit gesien het. Dit het net presies my hand gepas. En ek het dit vasgehou. Ek het gesê: “Is dit nie mooi nie!” Ek het daarna gekyk.

En ek het gedink: “Maar, julle weet, altyd bang vir 'n swaard.” Ek was soort van bly dat ek nie geleef het in die dae wat hulle dit gebruik het nie, want ek's bang vir 'n mes. En so het ek gedink: “Wat sal ek daarmee doen?” En terwyl ek vashou, in my hand, het 'n Stem van iewers gesê: “Dit is die Koning se swaard.” En toe was dit weg.

-----
So, daardie dinge neem ons aan-ons, want, sonder opleiding, tipeer ek dit. Ek kyk en sien wat is, of was in die Ou Testament, wat 'n tipe of 'n skaduwee van die Nuwe is, dan het ek 'n idee wat die Nuwe is. Sien? Soos as... Noag het in die ark ingegaan voor die verdrukking begin het, 'n tipe; maar selfs voor Noag, sien, in die ark ingegaan het, het Henog opgegaan, sien, voor enigiets gebeur het. En Lot is uit Sodom geroep voor een spikkel van die verdrukking begin het, van verwoesting; maar Abraham was, die hele tyd, daaruit. Sien, tipes.

Maar nou sal ons die 1ste vers lees. Ek sal die eerste twee of drie verse Daarvan lees.

En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.
En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?
En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.
(Wat 'n Boek!)
En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.
Nou, jy praat van onwaardigheid? “Nie eens waardig om Daarna te kyk nie; geen mens, nêrens.”
Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die Wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.
En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;

Ons sal daar bly vir 'n paar oomblikke, van die lees van Openbaring 5, af tot en met die 7de vers.

Hierdie Sewe-Seël Boek word geopenbaar in die tyd van die Sewe Donderslae van Openbaring 10.

-----
Nou, sien, die verborgenheid van hierdie Sewe-Seël Boek sal geopenbaar word met die blaas van die sewende kerk engel se Boodskap. Sien? “Die sewende engel begin weerklink,” en daar is die Boodskappe neer geskryf, en ons het Dit op band en boekvorm gekry. Nou: “Aan die begin van die weerklink van die Boodskap, behoort die verborgenheid van God voltooi te wees, sien, teen daardie tyd.” Nou ons sal oplet. Die Boek, van die verborgenheid van God, word nie geopenbaar totdat die sewende engel se Boodskap gehoor is nie. Nou, hierdie punte sal belangrik wees in die Seëls, ek is seker, want Dit moet, elke stukkie, werk saam.

Nou, Dit is geheimsinnig geskryf, omdat geen mens, nêrens, Dit ken nie. God alleen, Jesus Christus, sien. Nou, maar is... Dit is 'n Boek, 'n geheimsinnige Boek. Dis die Boek van Verlossing. Ons sal daarin gaan, in 'n rukkie. En nou ons weet dat hierdie Boek van Verlossing nie deeglik verstaan sal word nie; Dis ondersoek, deur ses kerkeeue. Maar aan die einde, wanneer die sewende engel sy verborgenheid begin verkondig, bind hy al die los punte saam wat die mense ondersoek het. En die verborgenhede kom van God af, as die Woord van God, en openbaar die hele openbaring van God, dan is die Godheid en alles anders word afgehandel. Al die verborgenhede, die saad van die slang, en wat nog, moet geopenbaar word.

-----
Sewe Seëls op die Boek, het die ... Hierdie Sewe Seëls het die Boek verseël. Sien? Die Boek is absoluut verseël. Sien julle dit? [Gemeente sê: “Amen.” - Red.] Die Boek is absoluut 'n verseëlde Boek totdat die Sewe Seëls oop is. Dit is verseël met Sewe Seëls. Nou, dis anders as die Sewe Donderslae. Sien? Hierdie is Sewe Seëls op die Boek. En die Boek sal nie, die Seëls sal nie oop gemaak word tot die Boodskap van die sewende engel nie. Sien? So ons-ons veronderstel; maar die ware openbaring van God sal perfek gemaak word met daardie klank, bevestigde Waarheid. Nou, dis presies wat die Woord sê:
“Die verborgenheid behoort by daardie tyd klaar te wees.”
En hierdie Sewe-Seël Boek, onthou, Dit was hier gesluit, in Openbaring die 5de hoofstuk, en in Openbaring die 10de hoofstuk word Dit geopen.

En nou gaan ons sien wat die Boek sê oor hoe Dit oopgemaak word. En word nie bekend gemaak totdat die Lam die Boek neem, en die Seëls breek, en die Boek oopmaak nie. Sien? Die Lam moet die Boek neem. Dis weggesteek. Onthou nou: “Geen mens in die Hemel, geen mens op aarde nie,” pous, biskop, kardinaal, staatspresbiter, of wie hy ookal is, “kan daardie Seëls breek, of die Boek openbaar, behalwe die Lam nie.” En ons het ondersoek, en veronderstel, en gestruikel, en gewonder, en dis waarom ons almal in so 'n verwarring is.

Maar met die Goddelike belofte dat hierdie Boek van Verlossing perfek geopen sal word deur die Lam, en die Seëls daarvan losgemaak sal word deur die Lam, in die laaste dae waarin ons nou lewe. En word nie bekend gemaak totdat die Lam die Boek neem en die Seëls breek nie. Want, onthou, die Boek is gehou in die hande van Hom wat op die Troon gesit het. “En die Lam kom na Hom wat op die Troon sit, en neem die Boek uit Sy regterhand.” Neem die Boek! O, dis diep. Ons sal probeer om dit op te los as ons kan, met die hulp van die Heilige Gees. Nou ons maak staat op Hom. En ons sal sien, later, dit is met die endtyd: “Wanneer die tyd uitgeloop het.”

Geen denominasies het 'n reg vir interpretasie van die Boek nie. Geen mens het 'n reg om Dit te interpreteer nie. Dit is die Lam Wie Dit interpreteer. En die Lam is die Een Wat Dit spreek, en die Lam maak die Woord bekend, deur te bevestig en die Woord Lewendig te maak. Sien? Presies!

-----
God se wet het 'n onskuldige plaasvervanger vereis. En wie was onskuldig? Elke mens is seksueel gebore, deur seks, elke een. En die enigste een wat nie was nie, het die regte op Ewige Lewe verbeur en om koning op die aarde te wees. O, wanneer ek aan daardie Skrif dink: “Want U het ons verlos terug na God, dat ons mag regeer en konings en priesters op die aarde wees.” O, goeiste! Wat? Die Bloedverwante Verlosser! O, wat 'n storie sal ons hier hê! Let op, wet het vereis 'n Bloedverwante Verlosser om 'n verlore wese te verlos. Genade het aan hierdie vereiste voldoen in die Persoon van Jesus Christus. 'n Bloedverwant moet uit die menslike ras gebore word.

Nou, hoe kan ons wees, wanneer elke mens wat gebore is moet... En enigiemand wat nie kan sien dat dit 'n seksdaad daar was nie, wel, hy is totaal blind, sien, want elke mens wat gebore is was uit 'n vrou gebore. En God het 'n Bloedverwante Verlosser vereis, en Hy moet 'n mens wees. O, goeiste! Wat gaan jy nou doen? Die wet vereis 'n Bloedverwante Verlosser. Nou, Hy kon nie 'n Engel neem nie. Hy moes 'n man hê, want ons is nie familie van die Engel nie. Ons is familie van mekaar. Die Engel het nooit geval nie. Hy is 'n ander soort wese, het 'n ander liggaam. Hy het nooit gesondig of niks nie. Hy's anders. Maar die wet het 'n Bloedverwante Verlosser vereis. En elke mens op aarde is uit seks gebore. Nou, kan julle nie sien nie, dit is waar dit vandaan kom. Dis waar sonde begin het. So sien julle waar dit nou is? Daar kom hy, jou saad van die slang, in. Sien?

Nou, let op, het 'n Bloedverwante Verlosser vereis. En die Verlosser, Bloedverwante Verlosser, moet uit die menslike ras gebore word. Hier, dit los ons op 'n tak. Maar laat ek die Basuin vir julle blaas. Die maagdelike geboorte het die-die produk voortgebring. Amen. Die maagdelike geboorte het ons Bloedverwante Verlosser voortgebring. Niemand anders as die Almagtige God wat Emmanuel geword het, een van ons. Emmanuel! Die “Bloedverwante Verlosser” het verskyn . Sien julle hoe God 'n vereiste stel, en daar is niks wat ons kan doen nie. Maar dan tree genade in en oorskadu daardie wet, en produseer die produk. Amen!

-----
Wag totdat ons daarby uitkom, net binne 'n oomblik! O, goeiste! Nou kyk. Die Boek... Die Boek van Rut gee 'n pragtige prentjie hiervan, hoe Boas... En Naomi het die besitting verloor. Julle, julle weet. Julle het my daaroor hoor preek, het julle nie? Steek julle hande op as julle my dit hoor preek het. So, julle verstaan, sien. Boas moes 'n verlosser word. En hy was die enigste een wat kon. Hy moes 'n bloedverwant wees, 'n nabye bloedverwant. En, deur Naomi te verlos, het hy Rut gekry. Dit was Jesus, Boas wat Christus getipeer het. En toe Hy Israel verlos het, het Hy die Heidense Bruid gekry. So dan, julle sien, so baie mooi! Ons het dit op band, ek is seker, hier iewers, as julle dit graag wil hê.

-----
Dis die Een wat aan die vereiste voldoen het. Genade het die Persoon van Jesus Christus voortgebring. En ons vind, hierdie Boek nou ... God het Sy tent uitgestrek, van God gekom, om 'n mens te word. Hy het Sy stam verander, van die Almagtige, om 'n mens te wees; om die vorm van die mens aan te neem, sodat Hy kon sterf, om die mens te verlos. Wag totdat ons Hom sien, wanneer daar “niemand waardig” is nie. Sien? Goed.

In die Bybel, in die Boek van Rut, soos jy dit gelees het, sal jy uitvind, so 'n persoon is die “goel” genoem, g-o-e-l. Is die goel genoem, of, dit was 'n persoon wat aan die vereistes kon voldoen. En die goel moet in staat wees om dit te doen, moet gewillig wees om dit te doen, en moet 'n bloedverwant wees, naas bloedverwant, om dit te doen. En God, die Skepper, van Gees, het verwant geword aan ons toe Hy mens geword het, sodat Hy ons sonde op Hom kon neem, en die prys betaal, en ons weer terugkoop na God. Daar is dit. Daar is die Verlosser.

Christus het ons nou verlos. Ons is nou verlos. Maar Hy het nog nie Sy besitting geëis nie. Nou, julle mag daarmee verskil, maar wag net 'n oomblik, sien. Ons sal sien. Sien? Hy het dit nie opgeëis nie. Sien? As Hy die Boek van Verlossing geneem het, alles wat Adam gehad en alles wat hy verloor het, verlos Christus terug. En Hy het ons alreeds verlos. Maar Hy het nog nie die besit geneem nie; Hy kan nie tot die vasgestelde tyd nie. En dan sal die opstanding kom, en dan sal die aarde weer hernu word. En dan sal Hy besit neem, Sy besitting wat Hy gekry het toe Hy ons verlos het, maar sal dit op die bestemde tyd doen. O, goeiste!

Dit word beskryf in hierdie Sewe-Seël Boek waarvan ons nou praat. Goed. Die Boek van Verlossing, dis alles hierin beskryf. Alles wat Christus aan die einde sal doen, sal hierdie week aan ons geopenbaar word, in die Sewe Seëls, as God ons sal toelaat. Sien? Goed.

Lees die volledige rekening in...
Die gaping tussen die Sewe Kerkeeue en die Sewe Seëls.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)

Hoofstuk 14
- Sabino Canyon

(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

en in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;

en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

Die openbaring 10:1-3





Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.