Die Patmos Visioen.


  Die boek Openbaring reeks.

Johannes Op Patmos.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die Patmos Visioen.

Openbaring 1:9-10
“Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die Woord van God, en om die getuienis van Jesus Christus.
Ek was in die Gees op die Dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin,”

Hierdie reeks van visioene van die Openbaring van die Persoon van Jesus Christus was aan Johannes gegee terwyl hy verban was na die Eiland van Patmos. Hierdie klein eiland is dertig myl weg van die kus van Klein Asië in die Aegeanse See. Dis klipperig en oortrek met slange, akkedisse en skerpioene, dit het min kommersiële waarde gehad, so dit was gebruik deur die Romeinse Ryk as 'n strafbare kolonie waar die meer kriminele, politieke prisoniers was.

Julle sal oplet dat Johannes homself voorgestel het aan die Christene as 'n broer in verdrukking. Dit was in hierdie tyd dat die vroeë kerk deur groot vervolgings gegaan het. Hulle godsdiens was nie net “oral teen gepraat” nie maar die mense self is gevange geneem en doodgemaak. Johannes, soos menigtes van ander, het nou tronkstraf gekry vir die Woord van God en die getuienis van Jesus Christus. Toe hy gearresteer was, het hulle tevergeefs probeer om hom dood te maak deur hom vir vier-en-twintig uur in olie te kook. Die woedende en kragtelose offisiere het hom toe as 'n heks gevonnis en na Patmos gestuur. Maar God was met hom, en hy was gespaar om die eiland te verlaat en terugtekeer na Efése waar hy weer as pastoor aangegaan het tot en met sy dood.

Die Sewevoudige Heerlikheid Van Sy Persoon.

Openbaring 1:14-16,
14 "Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en Sy oë soos 'n vuurvlam,
15 en Sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en Sy stem soos die stem van baie waters.
16 En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag."

Hoe diep roerend en inspireerend was die verskyning van Jesus aan Johannes, wie in ballingskap was vir die saak van die Woord, en kyk, die Lewende WOORD staan nou voor hom. Wat 'n verligte visioen, elke beskrywende eienskap het 'n betekenis. Wat 'n openbaring van Sy glorieryke Wese.

1. Sy Hare so Wit soos Sneeu.

Johannes let eerste op en noem die witheid van Sy hare. Dit was wit, en so helder soos sneeu. Dit was nie as gevolg van Sy ouderdom nie. O, nee. The glinsterende wit hare dui nie op ouderdom nie maar ondervinding, volwassenheid en wysheid. Die Ewige Een word nie oud nie. Wat is tyd vir God? Tyd beteken min vir God, maar wysheid beteken baie. Dit is soos toe Salomo na God geroep het vir wysheid om die mense van Israel te oordeel. Nou sal Hy kom, die Regter van die hele aarde. Hy sal gekroon word met wysheid. Dit is wat die wit en glinsterende hare wys.

Hy was die Regter wat die boeke oopmaak en uit hulle geoordeel het. Daniël het Hom in wolke gesien aankom. Dit is presies wat Johannes gesien het. Hulle het Hom albei dieselfde gesien. Hulle het die Regter gesien met Sy oordeel gordel oor Sy skouers, het suiwer en heilig gestaan, vol van wysheid, ten volle gekwalifiseer om die wêreld in geregtigheid te oordeel. Halleluja.

2. Sy Oë soos Vuur.

Dink daaraan. Daardie oë wat eenmaal dof was met trane van smart en deernis. Daardie oë wat gehuil het met medelye by die graf van Lasarus. Daardie oë wat nie die boosheid gesien het van die moordenaars wat Hom aan 'n kruis gehang het nie maar het in smart gehuil: “Vader vergewe hulle.” Nou is die oë 'n vlam van vuur, die oë van die Regter Wie hulle wat Hom verwerp het sal vergeld. Van al die menslike emosies waarin Hy die meeste gemanifesteer is was toe Hy verskyn het as die Seun van die Mens en dit was hierdie een, Hy het dikwels gehuil. Tog agter daardie smart en ween was daar steeds God.

Daardie selfde oë het visioene gesien. Hulle het diep gekyk in die harte van mense en hulle einste gedagtes gelees en het al hulle verskillende maniere geken. Vuurgloed uit menslike oë was God, Wie geroep het na hulle wat Hom nie geken het vir wat Hy was nie: “As julle nie glo dat Ek Hy is nie, sal julle sterf in julle sondes.” Johannes 8:24.

“As Ek nie die werke van My Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen (die werke van My Vader), al glo julle My nie, glo die werke...“ Johannes 10:37-38.

Soos Jeremia van ouds, Hy was die treurende profeet, want mense het nie die Woord van God ontvang nie en het die openbaring eenkant gegooi.

Daardie vurige brandende oë van die Regter is selfs nou besig om 'n opname te maak van die lewens van alle vlees. Beweeg heen-en-weer dwarsoor die aarde, daar is niks wat Hy nie weet nie. Hy ken die begeertes van die hart en wat elkeen van plan is om te doen. Daar is niks wat nie sal geopenbaar word nie, want alle dinge is nakend voor Hom met Wie ons te doen het. Dink daaraan, Hy weet selfs nou wat jy dink.

Ja, daar staan Hy as Regter met brandende oë om oordeel te vel. Die dag van genade is verby. O, dat mense mag bekeer en Sy gesig soek in geregtigheid terwyl daar nog tyd is. Dat hulle dalk Sy bors hulle kussing sal maak voor die wêreld in vuur opgaan.

3. Die Voete van Koper.

“en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond,” Koper is bekend vir sy ongelooflike hardheid. Daar is niks wat bekend is wat jy daarby kan sit om dit te temper nie. Maar hierdie koper wat Sy voete beskryf is nog meer merkwaardig in die feit dat dit die toets van die vuuroond deurstaan het, 'n toets wat geen ander een deurgegaan het nie. En dit is presies reg. Want koper dui Goddelike Oordeel aan: 'n oordeel wat God verorden en vervul het.

Númeri 21:8-9,
“Daarop sê die Here aan Moses: Maak vir jou 'n giftige slang en sit dit op 'n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
Toe het Moses 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit: en as 'n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.“

Israel het gesondig. Sonde moes geoordeel word. Toe het God vir Moses beveel om 'n koperagtige slang op 'n paal te sit, en hy wat gekyk het is gered van die straf van sy sonde.

Maar een dag sal daardie voete van brons op die aarde staan. En die Regter van die hele aarde sal Hy wees, en met onpartydigheid en volmaaktheid sal Hy die mensdom oordeel. En daar sal geen wegkom kans wees vir die oordeel nie. Geen draai van daardie geregtigheid. Daar sal geen verandering daarvan wees nie. Hy wat onregverdig is sal steeds onregverdig wees; hy wat vuil is sal steeds vuil wees. Die Onveranderlike Een sal nie dan verander nie, want Hy het nooit en sal nooit. Daardie voete van brons sal die vyand verpletter. Hulle sal die Antichris verdelg, die dier en die beeld en alles wat onwaardig is in Sy oë, vernietig. Hy sal die kerkorganisasies vernietig wat sy Naam gebruik het net om die glans te bederf en hulle vergruis saam met die antichris. Al die bose, die ateïste, die skeptiese, die moderne, die liberale, sal almal daar wees. Dood, hel, en die graf sal daar wees. Ja hulle sal. Want wanneer Hy kom, sal die boeke oopgemaak word. Dit is wanneer selfs die louwarm kerk en die vyf dwase maagde sal verskyn. Hy sal die skape van die bokke skei. Wanneer Hy kom sal Hy die koninkryk oorneem, want dit is Syne, en saam met Hom sal die duisende maal tienduisende wees, Sy Bruid, wat kom om Hom te bedien. Glorie! O, dit is nou of nooit. Bekeer voor dit te laat is. Word wakker onder die dooies en soek God om gevul te word met Sy Gees of jy sal die ewige lewe mis. Doen dit nou terwyl daar nog tyd is.

4. Sy Stem Was soos die Klank van Baie Waters.

Nou wat verteenwoordig die waters? Hoor dit in Openbaring 17:15,
“Die waters wat jy gesien het,... is volke en menigtes en nasies, en tale.”

Sy stem was soos die klank van menigtes wat spreek. Wat is dit? Dit is die oordeel. Want hiérdie is die stemme van die menigtes van getuies, wat deur die Heilige Gees deur al die eeue getuig het vir Christus en Sy Evangelie gepreek het. Dit sal die stem van elke mens wees wat opstaan in oordeel teen die sondaar wat nie geluister het na waarskuwings nie. Die stemme van die sewe boodskappers sal luid en duidelik gehoor word. Daardie geloofwaardige predikers wat die reddings krag van Jesus verkondig het, wat waterdoop in Jesus se Naam gepreek het, wat die vul en krag van die Heilige Gees gepreek het, wat meer by die Woord gestaan het as wat hulle gestaan het vir hulle eie lewens; almal van hulle was die stem van Jesus Christus deur die Heilige Gees deur die eeue heen. Johannes 17:20, “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo.”

O, as jy dit net kon sien. Dit was die waters wat die wêreld vernietig het, maar dit was dieselfde waters wat Noag gered het en ook die hele aarde vir Noag gered het. Luister na Sy stem, die stem van Sy diensknegte, soos dit roep tot bekering en lewe.

5. In Sy Regter Hand was Sewe Sterre.

“En Hy het in Sy regterhand sewe sterre gehad.” Nou natuurlik weet ons alreeds van vers twintig wat die sewe sterre werklik is. “En die verborgenheid van die sewe sterre is die engele (boodskappers) van die sewe kerke.” Nou ons kan nie hier 'n fout maak enigsins nie, want Hy interpreteer dit vir ons. Hierdie sewe sterre is die boodskappers van die sewe agtereenvolgende kerkeeue. Hulle word nie by naam genoem nie. Hulle word net uiteengesit as sewe, een vir elke eeu. Van die Efésiese Eeu af tot hierdie Laodicese Eeu het elke boodskapper die boodskap van die waarheid gebring tot die mense, nooit gefaal om dit te hou nie die Woord van God vir daardie spesifieke kerkeeu. Elke een het gehou daarby. Hulle was standvastig in hulle lojaliteit aan die oorspronklike lig. Soos elke eeu van God weggetrek het, het Sy getroue boodskapper daardie eeu terug gedraai na die Woord. Hulle krag was van die Here of hulle sou nooit die vloed kon teengehou nie. Hulle was veilig in Sy sorg, want niks kon hulle uit Sy hand pluk nie, nog kon enigiets hulle skei van die liefde van God nie, of dit siekte was, gevaar, naaktheid, hongersnood, swaard, lewe of dood. Hulle was waarlik oorgegee aan Hom en behou deur Sy almag. Hulle was nie besorg oor die vervolging wat oor hulle pad gekom het nie. Pyn en bespotting was maar die rede om die eer te gee aan God dat hulle waardig geag was om vir Hom te ly. En in dankbaarheid vir Sy redding het hulle gebrand met die lig van Sy lewe en het Sy liefde gereflekteer, geduld, sagmoedigheid, selfbeheersing, getrouheid. En God het hulle ondersteun met wonders, tekens, en wonderwerke. Hulle was beskuldig as fanaties, en heilige maltrappe. Hulle is veroordeel deur organisasies en 'n bespotting geag, maar hulle het getrou gebly aan die Woord.

En hierdie vertroosting is nie net vir die sewe kerkeeu boodskappers nie. Elke ware gelowige is in die hand van God en kan uit Sy liefde en krag trek, en die volle voordeel trek van alles wat God is vir die gelowige. Wat God aan die boodskapper gee, en hoe Hy die boodskapper seën en gebruik, is 'n voorbeeld vir alle gelowiges van Sy goedheid en sorg aan AL die lidmate van Sy liggaam. Amen.

6. Die Twee-snyende Swaard.

“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard,“

Hebreërs 4:12,
“Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.“

Uit Sy mond het die skerp tweesnydende swaard gegaan wat die WOORD VAN GOD is.

Nou Paulus het gesê dat die Woord in krag sowel as stem gekom het. Die Woord gepreek het werklik homself bewys. Soos 'n vlammende, snydende swaard het dit na die gewete van mense gegaan, en soos 'n dokter se mes het dit gesny in die siektes en gevangenis bevry. Oral waar daardie vroeë gelowiges gegaan het, “het hulle die Evangelie gepreek (Woord) en God het daardie Woord bevestig met tekens wat volg.” Die siekes is genees, duiwels is uitgedryf, en hulle het in nuwe tale gepraat. Dit was die Woord in aksie. Daardie Woord het nooit gefaal in die monde van Christene wat glo nie. En in hierdie laaste eeu is dit hier sterker en groter as ooit in die ware Woord bruid. O, klein kudde, julle klein minderheid, hou vas aan die Woord, vul julle monde en julle harte met dit, en eendag sal God julle die koninkryk gee.

7. Sy Gesig Soos Die Son.

In Openbaring 21:23,
“En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.”

Hierdie is die Nuwe Jerusalem. Die Lam sal in daardie stad wees, en as gevolg van Sy teenwoordigheid, sal daar geen lig nodig wees nie. Die son sal nie opkom en daar skyn nie, want Hy is die Son en Lig daarvan, Homself. Die nasies wat daarin kom sal in Sy lig wandel. Is julle nie bly dat daardie dag naby is nie? Johannes het daardie dag gesien. Eweneens, Here Jesus, kom vinnig!

Maleági 4:1-3,
“Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die Here van die leerskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here van die Leerskare.”

Daar is dit weer. Die SON wat skyn in al sy krag. O, die krag van die Seun van God wat skyn in die middel van die sewe goue kandelare. Daar staan Hy, die Regter, die Een wat gely en vir ons gesterf het. Hy het die toorn van Goddelike oordeel op Homself geneem. Hy trap die parskuip van die grimmigheid en van die toorn van God alleen. Soos ons alreeds gemeld het, vir die sondaar is Sy stem soos die klank van die waterval of die branders wat maal in golwe van dood op die rotsagtige kus. Maar vir die heilige, is Sy stem soos die klank van die sagte klank van die waterstroom soos jy lê om te rus, tevrede in Christus. Skyn op ons met Sy warm strale van liefde en Hy sê: “Vrees nie, Ek is Hy Wat Was, Wat Is, Wat Moet Kom; Ek is die Almagtige. Naas My is daar geen ander. Ek is die Alfa en Oméga, die ALLES daarvan.” Hy's die Lelie van die Dal, die Blink Môrester. Hy's die beste van tienduisend vir my siel. Ja, daardie groot dag is gereed om te breek en die Son van Geregtigheid sal met genesing in Sy vlerke opstaan.

Lees die volledige rekening in... Die Patmos Visioen.



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.


Die boek Openbaring.
Gaan voort op volgende bladsy.
(Boom van die lewe.
Oorspronklike Sin.)


Daar staan
Hy as Regter
met brandende
oë om
oordeel
te vel.


  Die Skrif sê...

En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Openbaring 1:17-18.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Hy is die Ek is.

 

Christus. In die goue kandelaar.

Die Handelinge van
die Profeet.

The Two Babylons

by Rev Alexander Hislop.
(PDF Engels)

'N Berg kant en
roosboom in die
sneeu in China.

Lillies van vuur.

Die Vuurkolom.
- Houston 1950.

Lig -op 'n piramide
rots.