Mitologie in die Bybel.


  Boek van Openbaring reeks.

Genesis.

Die woord "Genesis" beteken "begin". Alle dinge kan teruggevoer word na die boek Genesis. Oorspronklik het die wêreld 'n gemeenskaplike (monoteïstiese) godsdiens gehad. Politeïsme begin in Genesis 11, met die bou van Babilon.


  Mitologie.

Babilon, die bron.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die Pérgameense Kerktydperk.

Babel is die oorspronklike naam vir Babilon. Dit beteken verwarring. Dit was letterlik begin by Kus, die seun van Gam, maar is gebring na 'n koninkryk van krag en aansienlikheid onder sy seun, Nimrod, die magtige jagter. Nimrod, volgens die Génesis elf beskrywing en ook volgens ontheiligende geskiedenis, het begin om drie dinge tot stand te bring. Hy wou 'n sterk nasie bou, wat hy gedoen het. Hy wou sy eie godsdiens propageer, wat hy gedoen het. Hy wou 'n naam maak vir homself, wat hy ook gedoen het. Sy prestasies was so kolossaal dat die koninkryk van Babilon genoem was die kop van goud onder al die wêreld regerings. Dat sy godsdiens prominensie verwerf het word bewys deur die feit dat Skrifte dit identifiseer met Satan algeheel in Jesaja Hoofstuk 14 en in Openbaring Hoofstuk 17-18. En deur die geskiedenis kan ons bewys dat dit die hele wêreld oorgeneem het en die basis is van elke sisteem van afgodery, en die tema van mitologie, alhoewel die name van die gode verskil, in verskillende seksies van die land volgens die taal van die mense. Dat hy 'n naam gemaak het vir homself en sy volgelinge spreek vanself, want solank as wat hierdie huidige eeu aangegaan het (totdat Jesus Homself openbaar aan Sy broers) sal hy aanbid en geëer word hoewel onder 'n ander naam as Nimrod, en in 'n tempel effens anders as die een waarin hy oorspronklik aanbid is.

Aangesien die Bybel nie deel in die geskiedenis van ander nasies in detail nie, sal dit nodig wees om die ou ontheiligende geskrifte te soek om ons antwoord te vind van hoe Pérgamus die sitplek van Satanistiese aanbidding in Babilon geword het. Die groot bronne van informasie sal in rekords wees van Egiptiese en Griekse kultuur. Die rede hiervoor is dit, dat Egipte haar wetenskap en wiskunde ontvang het van die Chaldeërs en Griekeland het hulle sin ontvang van Egipte.

Nou aangesien die priesters in beheer was om van hierdie wetenskappe te onderrig, en aangesien hierdie wetenskappe gebruik is as 'n deel van godsdiens, dan ken ons reeds die sleutel van hoe die Babiloniese godsdiens ondersteuning gekry het in hierdie twee lande. Dit is ook waar dat wanneer 'n nasie in staat was om 'n ander nasie te oorwin, in tyd het die godsdiens van die oorwinnaar die godsdiens van die onderwerpte geword. Dit is goed bekend dat die Grieke die einste tekens van die Diereriem gehad het soos die Babiloniërs; en dit is gevind in die antieke Egiptiese rekords dat die Egiptenaars aan die Grieke gegee het hulle kennis van politeïsme. Dus het die verborgenhede van Babilon versprei van nasie tot nasie totdat dit verskyn het in Rome, in China, Indië en selfs in albei Noord- en Suid-Amerika vind ons die einste selfde basiese aanbidding.

Die ou geskiedenisse stem saam met die Bybel dat hierdie Babiloniese godsdiens sekerlik nie die oorspronklike godsdiens was van die aarde se vroeë mense nie. Dit was die eerste om weg te beweeg van die oorspronklike geloof; maar dit was self nie die oorspronklike een nie. Geskiedkundiges soos Wilkinson en Mallett het beslis bewys in die ou dokumente dat al die mense op die aarde op een tyd geglo het in EEN GOD, opperste, ewige, onsigbaar, Wat deur die Woord van Sy mond gespreek het alles wat bestaan, en dat in Sy karakter, Hy liefdevol en goed en regverdig was. Maar soos Satan altyd sal bederf wat hy ook al kan, vind ons hom om gemoedere en harte van die mense te bederf sodat hulle die waarheid verwerp. Soos hy altyd probeer het om aanbidding te kry asof hy God was en nie die dienskneg en die skepping van God was nie, het hy aanbidding weggevat van God af in so 'n mate dat hy dit vir homself kon vat en so verhoog word. Hy het sekerlik sy begeerte uitgevoer om sy godsdiens dwarsdeur die hele wêreld te versprei. Hierdie is bekragtig deur God in die Boek van Romeine: “Toe hulle God geken het, het hulle Hom nie as God verheerlik nie, totdat hulle ydel geword het in hulle verbeeldings, en deur duisternis van hart 'n korrup godsdiens aanvaar het tot die uiterste waar hulle kreature aanbid het, en nie die Skepper nie.”

Onthou, Satan was 'n kreatuur van God (Seun van die Oggend.) Dus vind ons dat waar die waarheid versprei was onder mense, en almal vasgehou het aan daardie een waarheid, het daar later 'n dag gekom toe 'n groot groep weggedraai het van God en 'n duiwelse vorm van aanbidding rondom die wêreld versprei het. Geskiedenis dra dit uit dat daardie van die stam van Sem wat by die onveranderlike waarheid gestaan het in soliede teenstand was met die van Gam wat weggedraai het van die waarheid na die duiwelse leun. Daar is geen tyd om in 'n bespreking van hierdie aard in te gaan nie; dit is net gewys sodat julle kan sien dat daar was twee godsdienste en slegs twee, en die bose een het wêreld wyd bekend geword.

Monoteïsme het verander na politeïsme in Babilon. Die duiwel se leuen en die duiwel se verborgenhede het teen die waarheid van God opgekom en die verborgenhede van God in daardie stad. Satan het waarlik die god van hierdie wêreld geword en het aanbidding afgedwing vanaf hulle wat hy bedrieg het, wat veroorsaak dat hulle glo dat hy waarlik die Here was.

Die politeïstiese godsdiens van die vyand het begin met die drie-enige doktriene. Dit was ver terug daar in antieke tye wat die “een God in drie persone” idee begin het. Hoe vreemd dat ons moderne teoloë dit nie opgelet het nie; maar blykbaar net so bedrieg deur Satan as wat hulle voorgangers was, glo hulle steeds in drie persone in die Godheid. Laat ons net een plek in die Skrif gewys word waar daar enige outoriteit vir daardie leerstelling is. Is dit nie vreemd dat terwyl die afstammelinge van Gam voortgegaan het op hulle manier in Satanistiese aanbidding wat 'n basiese konsep van drie gode is dat daar nie een spoor van die afstammelinge van Sem is wat so-iets geglo het of seremoniese aanbidding wat enigsinds 'n tipe van dit omvat het nie? Is dit nie vreemd dat die Hebreërs geglo het, “Hoor, O Israel, die Here jou God is EEN God”, as daar drie persone in die Godheid was nie? Abraham, die afstammeling van Sem, het in Génesis 18 net EEN God gesien met twee engele.

Nou hoe was hierdie drie-eenheid uitgedruk? Dit was aangedui deur 'n gelyksydige driehoek selfs soos dit in Rome vandag gebruik word. Vreemd, die Hebreërs het nie so 'n konsep gehad nie. Nou wie is reg? Is dit die Hebreërs of die Babiloniërs? In Asië was die politeïsmiese idee van drie gode in een uitgebeeld in drie koppe op een liggaam. Hy word uitgedruk as drie intelligensies. In Indië, het hulle dit in hulle harte gevind om hom uit te druk as een god in drie vorms. Nou dit is regtig goeie moderne dag teologie. In Japan is daar 'n groot Boeddha met drie koppe soos die een wat ons reeds beskryf het.

Maar die mees onthullende van alles is dit wat die trinitariese konsep van God wys in 'n drie-enige vorm van: 1 Die kop van 'n ou man wat God die Vader simboliseer, 2 'n Sirkel wat in die verborgenhede gewys het “Saad” wat op sy beurt beteken die Seun. 3 Die vlerke en stert van 'n voël (duif). Hier was die doktriene van Vader, Seun en Heilige Gees, drie persone in die Godheid, 'n waaragtige drie-eenheid. Julle kan dieselfde ding in Rome sien. Nou laat ek weer een keer vra, is dit nie vreemd dat die duiwel en sy aanbidders eintlik meer waarheid geopenbaar het as die vader van geloof (Abraham) en sy afstammelinge nie? Is dit nie vreemd dat die aanbidders van Satan, meer geweet het van God as die kinders van God nie? Nou dit is wat moderne teoloë ons probeer vertel wanneer hulle praat van 'n drieeenheid. Onthou net hierdie een ding van nou af: hierdie inskrywings is feite en hierdie is 'n feit-Satan is 'n leuenaar en die vader van leuens, en wanneer hy ookal kom met enige lig is dit nogsteeds 'n leuen. Hy is 'n moordenaar. En sy leerstelling van die drie-eenheid het die menigtes verwoes en sal vernietig totdat Jesus kom.

Volgens die geskiedenis het dit nie lank gevat vir 'n verandering om te gebeur met hierdie konsep van 'n Vader en n Seun en die Heilige Gees nie. Satan het hulle 'n tree vir tree weggevat van die waarheid af. Die ontwikkeling van die konsep van Godheid was nou: 1 Die ewige vader, 2 Die Gees van God vleesgeworde in 'n MENSLIKE moeder. (Laat dit jou dink?) 3 'n Goddelike Seun, die vrug van die vleesgeworde, (Vrou se saad).

Maar die duiwel is nie tevrede nie. Hy het nog nie aanbidding vir homself tot nou gekry nie, behalwe op 'n indirekte manier. So hy vat die mense weg van die waarheid nog meer. Deur sy raaisels openbaar hy aan die mense dat sedert die groot onsigbare vader God nie belangstel in die doen en late van mense nie, maar stil bly in hulle verhouding, dan volg dit dat hy aanbid kan word in stilte. Eintlik beteken dit om hom te ignoreer so veel as moontlik, indien nie heeltemal nie. Hierdie doktriene het ook om die wêreld versprei, en tot vandag in Indië kan julle daardie tempels sien vir die groot skepper, die stil god, is opvallend min in getal.

Aangesien dit nie nodig was om die skepper-vader te aanbid nie, was dit net natuurlik dat aanbidding gedraai het na die “Moeder en Kind” as die voorwerp van aanbidding. In Egipte was daar dieselfde kombinasie van moeder en seun naamlik Isis en Osiris. In Indië was dit Isi en Iswara. (Let op die name selfs eenders.) In Asië was dit Cybele en Deoius. In Rome en in Griekeland het dit gevolg. En in China. Wel, stel jou voor die verbasing van sommige Rooms Katolieke sendelinge soos hulle in China ingegaan het en daar die Moedermaagd en Kind gesien het met ligstrale wat uitgevloei het van die kop van die baba. Die beeld kon verruil gewees het vir een in die Vatikaan behalwe vir die verskil van sekere gesigs gelaatstrekke.

Dit is nou tyd dat ons die oorspronklike moeder en kind ontdek. Die oorspronklike godin-moeder van Babilon was Semiramis wat genoem was Rhea in die oosterse lande. In haar arms het sy 'n seun gehou, wat hoewel 'n baba, beskryf is as lank, sterk, aantreklik en besonder bekoorlik vir die vroue. In Esegiel 8:14 was hy genoem Tammus. Tussen klasieke skrywers is hy genoem Bacchus. Vir die Babiloniërs was hy Ninus. Wat verantwoordelik is vir die feit dat hy voorgestel is as 'n baba in arms en tog beskryf as 'n groot en magtige man is omdat hy bekend is as die “Eggenoot-Seun”. Een van sy titels was “Eggenoot van die Moeder”, en in Indië waar die twee bekend is as Iswara en Isi, hy (die eggenoot) word voorgestel as die baba by die bors van sy eie vrou.

Lees die volledige rekening in...
Die Pérgameense Kerktydperk.



Die boek Openbaring.
Gaan voort op volgende bladsy.
(Armagéddon.)


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)

The Two Babylons

by Rev Alexander Hislop.
(PDF Engels)

Voor...

Na...

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees.

Hy was ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.

En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.

Genesis 10:8-10



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.