Huwelik En Egskeiding.

<< vorige

volgende >>

  Christelike wandel reeks.

Maar van die begin af was dit nie so nie.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Huwelik En Egskeiding.

Matthéüs 19:8,
8 Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.

Hierdie Skrif, hierdie vraag, konfronteer Jesus aan die begin van Sy bediening. En dit konfronteer Moses reg by die begin van sy bediening. Dis die belangrikste vraag in gelowiges se harte. Die sondaar gee nie om nie. Maar dis vir gelowiges, want die gelowige probeer om alles te doen wat hy weet hoe om te doen om reg te lewe voor God. Daarom dat, enige vraag wat opgehaal word oor godsdiens, dan kom die Huwelik En Egskeiding saak op, (hoekom?) Want dit is die oorsaak van die oorspronklike sonde. Dis waar sonde begin het. En dis die rede waarom dit elke keer opgehaal word, want dit is die einste begin van sonde.

Nou ek sal nie tyd hê om al hierdie dinge te verduidelik nie, maar ek sal bly wees om jou briewe te antwoord of enigiets wat ek kan. Of, ons het die boeke daaroor geskryf, en baie vrae, en selfs uitknipsels uit koerante en dinge hier, om dit te bewys, ons weet dat dit Eva was (die appel wat sy veronderstel was om te eet, waar dit nie eens Skriftuurlik is nie, hulle beweer dit was 'n appelkoos, dit was geeneen nie), sy het owerspel gepleeg, wat die eerste kind voortgebring het, wat Kain was, Satan se eie seun, want in hom was al die kwaad. Dit het nie deur Abel gekom nie. Satan se seun was Kain.

----
Dis soos ek gesê het, as ek ooswaarts wou gaan vanmôre; en die beste wat ek geweet het, ek moes 'n sekere iets in die veld vind, en dit wys direk oos, dan het ek na die ooste gegaan. Iemand het gesê, “Broer Branham, dit is oos.” Dit is oos, potensieel, maar dis noordoos. Ek sou verby die einste voorwerp gaan waarvoor ek gesoek het, ek sou terugkom, en weet dat dit verkeerd was. En dan as iemand sou gesê het, “Broer Branham, gaan hierdie rigting, na jou regterkant.” Nou, dit is potensieel ook oos, maar dis suidoos. Ek sou die voorwerp verloor waarna ek gesoek het, want ek het oor die grense van die perfekte en direkte weg gegaan.

Nou, as dit so is, het ons twee denkrigtings oor Huwelik En Egskeiding. En dit is, een van hulle sê, dat, “'n Man kan net een maal trou, behalwe as sy vrou dood is.” En dis een van die vrae, maar as jy dit gaan navolg, gaan jy oorboord. En dan die volgende een sê, “O, as die man of die vrou, enigeen, owerspel gepleeg het, kan enigeen van die twee skei en weer trou.” Jy vind jouself oorboord daarmee.

So, sien, dis nie suidoos of noordoos nie, ons wil direk oos hê. Jou Skrif sal opraak as jy na hierdie kant toe gaan, jou Skrif raak op as jy daardie kant toe gaan. Ons wil weet waar Skrif Skrif ontmoet, en weet wat die Waarheid daarvan is. Elkeen gebruik 'n ander manier, en bring nie die korrekte antwoord op nie, maar daar moet steeds 'n antwoord wees.

Dis net soos vandag, daar is twee groot leerskole van doktrine in die kerk, een van hulle is Calvinisme, die ander een is Armin-... Arminianisme. Een van hulle is wetties, die ander een is genade. En ons het uitgevind dat die mense wat in genade glo, die Calviniste, hulle sê, “Loof God, dit doen my nie skade om te rook nie. Dit doen my nie skade om te drink nie. Ek kan hierdie dinge doen, ek het Ewige sekuriteit.” Dan vind ons die ander kant, die wettiese, het gesê, “O, ek sou hom graag wou uitskel, ek sou hom graag die waarheid wou vertel, maar ek's 'n Christen, ek moet stilbly.” Sien, jy bevind jouself op twee verskillende paaie, en nie een van hulle is reg nie. Nou, dis moeilik om dit te sê, maar dit is die waarheid. Ons bevind onsself op twee verskillende paaie, een wat in een rigting gaan, en een 'n ander. Nou laat ons sien wat die Waarheid is.

----
Ons het ook twee gedagtes oor hierdie Huwelik En Egskeiding. Nou, dit, ons Here het die Sewe-Seël verborgenheid van Sy Woord oopgemaak aan ons in hierdie laaste dae. Nou, baie van julle, dit mag Grieks wees vir julle, maar my kerk verstaan. Deur wat? En julle het gehoor van die gesigte en wat plaasgevind het. En die vraag is 'n Bybelse vraag, ons word hier uitgenooi om te glo dat daar 'n ware antwoord moet wees vir die hele versteekte geheim wat weggesteek was sedert die grondlegging van die wêreld. En die Bybel profeteer en sê dat hierdie geheime in hierdie dag bekend gemaak sou word. Openbaring 10, “En tydens die uitbasuining van die sewende engel, die Laodicéa boodskapper, die verborgenhede van God sou bekend gemaak word.” En hierdie is die laaste eeu, wat Laodicéa is.

----
Jesus, in ons teks, nooi ons uit om terug te gaan na die begin vir die ware Skriftuurlike antwoord. Nou, toe Hy hiermee gekonfronteer is, was daar twee dinge in sig. Die priesters het vir Hom gesê, “Kan 'n man sy vrou skei, trou met 'n ander, vir allerhande redes?” En Jesus het gesê, “Dit was nie so van die begin af nie.” Toe het hulle gesê, “Moses het ons 'n skeibrief gegee, en om haar te skei vir enigiets wat hulle wou.” Hy het gesê, “Dit, Moses het dit gedoen weens,” ek laat dit 'n tydjie talm, “weens die hardheid van julle harte, maar van, of aan die begin was dit nie so nie.” Die vraag!...

As Jesus gesê het, “Gaan terug na die begin,” was daar net een paar van enigiets op aarde. Daar was een Adam, een Eva, hulle was deur God alleen saamgevoeg. Een vroulike perd, een hings, een vroulike papegaai, een manlike. “In die begin,” soos Hy vir ons gesê het om terug te gaan, was daar net een paar van enigiets. Is dit waar? [Gemeente sê, “Amen.”] Dan vind ons uit dat alles “in die begin” in volmaakte orde en harmonie met God was, niks was uit balans nie. Alles in die hemel is steeds in orde, al die sterre, die sterrestelsels, die sonnestelsel, alles is volmaak in orde. As een van hulle beweeg, sou dit die hele program omverwerp.

Nou luister. Sien julle? Een onderbreking bederf die hele program! Nou, toe mense in kontinuïteit met God was, met een man en een vrou, het hierdie vrou gesondig en dit het die hele aardse program uit kontinuïteit met God gegooi. Daarom, een woord by hierdie Boek gevoeg, of een Woord weggeneem Daarvan, gooi 'n Christen uit kontinuïteit met God, gooi 'n kerk uit kontinuïteit met God, gooi 'n familie uit kontinuïteit met God. Elke gelowige kan omvergewerp word, deur nie elke Woord van God te aanvaar nie.

----
Nou, dit was toe dat die man gemaak was om oor die vrou te heers, deur God se Woord. Sy was nie meer gelyk met hom nie. Sy was gelyk in die natuur, julle weet, maar toe sy God se Woord verbreek het, het God 'n man gemaak om oor haar te heers. Génesis 3:16, as julle dit wil neerskryf. Sy was nie meer gelyk met die man nie. Sy was die verbreker van God se Woord.

Sien julle nie, “sy,” sy, die kerk hieronder? Die verbreker van God se Woord, wat haar heeltemal uit kontinuïteit gegooi het. En dis wat die kerk gedoen het, en geestelike dood op die hele ding gegooi. Nou sal julle verstaan hoekom ek op hierdie dinge hamer soos ek doen. Dis Waarheid! Hierdie is Bybelse feite. Let op, hoekom het sy so 'n ding soos hierdie gedoen, hoe kon daardie lieflike, pragtige, volmaakte vrou?

Ek het 'n skildery eenkeer gesien, ek glo dit was in Griekeland, van 'n kunstenaar wat 'n portret geskilder het van Eva. Sy was die verskriklikste ding wat jy ooit gesien het. Dit wys waarna 'n vleeslike gedagte kan kyk. Maar, sy was nie, sy was pragtig, want sy was 'n volmaakte vrou, totaal vrou.

Let op, hoekom het sy so 'n ding gedoen, wat in daardie hoë orde was? Sy was reg saam met die man, gelyk met hom. Maar ons weet nou almal dat sy haar gelykheid met die man verloor het toe sy gesondig het, en God het gesê, “Die man sal van hieraf jou heerser wees.” Nou, dis die Skrif. As julle wil, kan ons dit lees. Ek gee julle die Skrifte om tyd te bespaar vir hierdie groot verbinding regoor die land, dat julle dit self kan lees.

Let op die rede waarom sy dit gedoen het. Hoe het Satan ooit by haar uitgekom? Het julle geweet Satan was eendag gelyk met God? Was beslis, alles behalwe 'n skepper, hy was alles, aan die regterkant van God gestaan, in die Hemele, die groot Gerub leier. Let op die rede waarom sy dit gedoen het, sy was nie in die oorspronklike skepping nie. Sy is nie in God se oorspronklike skepping nie, sy is 'n byproduk. Daarom, “in die begin,” soos Jesus daarna verwys het, sy was nie 'n oorspronklike geskape wese van God nie. Sy is 'n byproduk van 'n man, toe Jesus verwys het na “die begin.”

-----
Nou oor die Huwelik En Egskeiding, sien, dit moet geopenbaar word. Totdat dit geopenbaar word, sal julle dit nie weet nie. Maar Hy het belowe in hierdie laaste dae, in hierdie eeu, dat elke verborge geheimenis in die Bybel geopenbaar sou word. Hoeveel weet dit? Openbaring die 10de hoofstuk! Jesus het dit belowe, dat al hierdie verborge geheimenisse oor Huwelik En Egskeiding, al hierdie ander verborge geheimenisse wat was, geopenbaar sou word in die endtyd. Nou onthou julle, die Stem het gesê, “Gaan na Tucson.” Onthou die geheimsinnige Lig in die lug, die sewende Engel wat daar staan, kom terug, en die oopmaak van die Sewe Seëls? Hou dop wat plaasgevind het. Dit is waar.

-----
Hierdie is 'n baie sterk ding, ek het nie geweet hoe om dit uit te bring nie. Wat sal ek doen, wanneer ek mans en vroue het wat in my gemeente sit, party van hulle is twee- of driemaal getroud? Goeie mans en goeie vroue, heeltemal deurmekaar! Wat het dit gedoen? Valse onderrig, presies, wag nie op die Here nie.

“Wat God saamgevoeg het, laat geen mens skei nie.” Nie wat die mens saamgevoeg het nie, wat “God” saamgevoeg het! Wanneer jy 'n direkte openbaring van God het, dis jou vrou, en dieselfde ding, dis joune, die res van jou lewe. Sien? Maar wat die mens saamvoeg, kan enigiemand skei. Maar wat God saamvoeg, durf geen mens aanraak nie. “Wat ook al God saamvoeg,” het Hy gesê, “laat geen mens skei nie.” Nie wat 'n halfdronk magistraat of so iets saamgevoeg het nie, of een of ander teruggevalle prediker met 'n klomp geloofsbelydenisse in 'n boek, wat hulle enigiets sou laat doen in die wêreld, en die Woord van God wat net reg daar lê. Sien? Ek praat van wat God saamgevoeg het.

-----
Nou die dag, in die wete dat wanneer ek julle iets vertel, dit moet kom SO SPREEK DIE HERE, toe het ek die Skrifte gehad soos Hy dit aan my geopenbaar het. Maar, “Here God, wat kan ek vir daardie gemeente sê? Ek sal skeidings hê. Mans sal op die stoep sit en buite in die erf, en orals, 'Sal ek haar verlaat?' Vroue, 'Sal ek my man verlaat?' 'Wat sal ek doen?'” Ek het gesê, “Here, wat kan ek doen?” Iets het vir my gesê, “Gaan op na die berg toe en Ek sal met jou praat.” En terwyl ek bo in die berg was, onwetend dat hulle Dit onder in Tucson gesien het. Maar selfs die onderwysers het die kinders geroep van ... my klein dogtertjie en hulle, uit die klaskamer, en gesê, “Kyk daar in daardie berg! Daar is 'n gloeiende Wolk wat opgaan in die lug en weer afkom, opgaan in die lug en weer afkom.”

Mev. Evans, is jy hier? Ronnie, is jy hier? Ek het afgekom verby die stasie, hierdie jong seun by die vulstasie, die Evanse se vulstasie daar. En voor ek geweet het wat die seun gaan sê, het hy my voete onder my uitgeslaan, hy het gesê, “Broer Branham, jy was bo in daardie berg daar oorkant, was jy nie?” Ek het gesê, “Wat bedoel jy, Ronnie? Nee,” sien, om te sien wat hy gaan doen. Baie keer gebeur dinge, ek doen nie, jy sê dit nie vir die mense nie. Dit word ... Die ding daaromtrent is, julle sien soveel gebeur, dit word alledaags vir julle. Sien? Ek vertel net nie vir die mense nie. Ek het gesê, “Ronnie, wat het jy... ”

Hy het gesê, “Ek kan jou presies wys net waar jy was.” Gesê, “Ek het vir mamma geroep en ons het hier gestaan en daardie Wolk daar oorkant sien hang, wat op en af gaan. Ek het gesê, 'Dit moet Broer Branham wees wat daarbo iewers sit. Dis God wat met hom praat.'” En die hele stad, mense, het Daarna gekyk. Op 'n helder dag met glad geen wolke nêrens nie, met hierdie groot gloeiende Wolk wat daar hang, wat afkom soos 'n tregter, en teruggaan en uitsprei.

-----
Nou ons bevind ons in hierdie gemors as gevolg van verkeerd geïnterpreteerde teologie. Is dit reg? Dis hoekom julle vroue die tweede keer getrou het, en julle mans, as gevolg van verkeerd geïnterpreteerde teologie. Nou wil ek julle iets wys wat Hy vir my gesê het. En as God, ons Skepper, bevraagteken was omtrent die vraag toe Hy hier op aarde was, Jesus Christus, en toe Sy profeet Moses na vore gekom het onder in Egipte om die kinders van Israel uit Egipte te bring na die beloofde land, en Jesus het hier gesê dat Moses die mense in hierdie toestand gesien het, en hy het hulle 'n skeibrief toegestaan, want die situasie was wat dit was. Moses het sulkes gevind, soos, “Laat hom ly...” God het Moses toegelaat, daardie profeet wat na die mense gestuur is, om hierdie skeibrief vir hulle te gee.

En in Eerste Korinthiërs, die 7de hoofstuk, die 12de en 15de vers, in die Nuwe Testament die profeet, Paulus, wat dieselfde ding in die kerk teëgekom het, en dit gespreek het, “Dit is ek, nie die Here nie.” Is dit reg? As gevolg van die egskeidingstoestand.

“Dit was nie so van die begin af nie.” Maar Moses was dit toegelaat, en God het dit as regverdigheid erken. En Paulus het ook 'n reg gehad toe hy sy kerk in daardie toestand gevind het. Nou glo julle Dit om waar te wees, en glo Dit kom van God! En deur die bevestiging van Sy Wolk en Sy Boodskap wat my so ver gebring het, sou God my nie op die berg toelaat om dieselfde ding te doen nie, om julle toe te laat om voort te gaan soos julle is, en dit nie meer te doen nie! Gaan met julle vroue en lewe in vrede, want die uur is laat. Die Koms van die Here is op hande. Ons het nie tyd om hierdie dinge op te breek nie. Moenie durf waag om dit weer te doen nie! Ek praat net met my gemeente. Maar as julle getroud is... En God is my getuie daarvan, op die berg, dat ek Dit kan sê, 'n bonatuurlike openbaring, as gevolg van die oopmaak van die Sewe Seëls, en hierdie is 'n vraag in God se Woord. “Laat hulle aangaan soos hulle is, en sondig nie meer nie!”

“Dit was nie so van die begin af nie.” Dit is reg, dit was nie so nie, en dit sal nie wees aan die einde nie. Maar onder moderne omstandighede, as God se dienaar... Ek sal nie myself Sy profeet noem nie, maar ek glo miskien, as ek nie gestuur is daarvoor nie, lê ek 'n grondslag vir hom wanneer hy wel kom. So onder die moderne toestande beveel ek julle om na julle huise te gaan, saam met julle vroue. As jy gelukkig is saam met haar, lewe saam met haar, maak jou kinders groot in die vrese van God. Maar God wees julle genadig as julle dit ooit weer doen! Gaan leer julle kinders om nooit so 'n ding te doen nie, onderrig hulle in die vrese van God. En nou dat julle is soos julle is, laat ons nou in die laat aanduur waarin ons lewe, gaan en “jaag na die merk van die hoë roeping in Christus,” waar alle dinge moontlik is.

Lees die volledige rekening in...
Huwelik En Egskeiding.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;

sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Matthéüs 19:5-6



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

 

Sirs, is this the time?

(PDF Engels)
Mt Sunset. Waar die
wolk verskyn het.

Hoofstuk 14
- Sabino Canyon

(PDF)

Hoofstuk 11
Die wolk.

(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.

(PDF Engels)