Lewende woord reeks.

  Lewende woord reeks.

'N Visie van die Bruid.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Geboortepyne.

Die Bybel het gesê, “Sy Vrou het Haarself gereed gemaak,” aan die einde van die eeu. Hoe het Sy Haarself gereed gemaak? Om Sy Vrou te word. En wat doen Sy? Watter soort kledingstuk het Sy aan? Sy Eie Woord. Sy was aangetrek in Sy Geregtigheid. Dis wat. Dit is reg. Sien? Visioen! Let op, nou met afsluiting. Ek wil hierdie een ding sê net voor afsluiting. Dis wat my gelei het om dit te sê. Nou, dis SO SPREEK DIE HERE. As 'n man dit sou sê, sonder, sit dit in sy eie denke, sou hy 'n huigelaar wees en behoort hel toe te gaan daarvoor. Dis reg. As hy sou probeer om 'n klomp mense te kry, goeie mense soos hierdie, en hulle mislei, wel, hy sou 'n duiwel in menslike vlees wees. God sou hom nooit eer nie. Dink julle God sou 'n duiwel of 'n leuen eer? Nooit. Sien? Dit gaan bo-oor hulle koppe en hulle begryp dit nie. Hy trek die Uitverkorenes uit.

Kyk na al die profete deur die eeu, hoe Hy die Uitverkorenes gekry het. Kyk, kom af deur, selfs tot die hervorming. Soos die Rooms Katolieke kerk Jeanne D'Arc op 'n brandstapel verbrand het, omdat sy glo 'n heks was. Dis reg. Agterna het hulle uitgevind sy was nie. Sy was 'n heilige. Natuurlik, hulle het boete gedoen, die priesters se liggame opgegrawe en hulle in die rivier gegooi. Maar, julle weet, maar dit handel dit nie af in die boeke van God nie. Nee. Hulle het Sint Patrick ook een genoem, julle sien, en hy's omtrent soveel as wat ek een is. So, ons let op, kyk na sy kinders. Kyk na sy plek, op, kyk net hoeveel is doodgemaak. Kyk na die martelaarsgeskiedenis en sien hoeveel is daar doodgemaak. Julle sien, dit is nie so nie. Maar die eis van die mense, maak dit nie so nie. Dis wat God gesê en bewys het, dat dit die Waarheid is. “Beproef alle dinge. Hou vas aan dit wat goed is.”

Nou ons vind uit, nou, hier omtrent 'n paar maande gelede, een oggend het ek uit die huis uitgestap en 'n visioen het gekom. En ek daag enigiemand hier, wat al hierdie jare geweet het, om te sê op enige tyd wat die Here my ooit laat sê het “SO SPREEK DIE HERE” behalwe dat dit gebeur het. Hoeveel weet dis die Waarheid, steek jou hand op. Reg. Kan enigiemand dit weerspreek? Dis waar. Moenie enige aandag aan die boodskapper gee nie. Kyk na die Boodskap wat dit is. Dis wat dit is. Sien? Dit is nie dit nie. Let nie op na die klein [Leë kol op band.] kaalkop, julle weet, persoon, want dis net 'n menslike wese, almal, en ons is almal net dieselfde. Maar kyk wat gebeur. Dis wat dit verklaar. Ek is geneem... Nou, ek weet mense sê allerhande dinge, en ons weet dat 'n klomp daarvan nie reg is nie. Ek kan nie antwoord vir wat ander, enige man sê nie. Ek moet antwoord vir wat ek sê. Ek kan net sê of dit Waarheid is, of nie. En ek's die een wat verantwoordelik moet wees daarvoor, nie wat iemand anders sê nie. Ek kan niemand oordeel nie. Ek is nie gestuur om te oordeel nie, maar om die Boodskap te preek. Let op.

Ek moes 'n voorskou van die Kerk hê. En ek is geneem deur Iemand Wie ek nie kon sien nie, en was geplaas, soort van op 'n platform. En ek het die soetste musiek gehoor wat ek nog ooit gehoor het. En ek het gekyk en 'n klomp dametjies het gekom, gelyk omtrent, o, ouderdom rondom twintig, agtien, twintig. En hulle het almal lang hare gehad en was aangetrek in verskillende rokke, tipe rokke. En hulle het net presies in pas gemarsjeer met daardie musiek, soos dit kon wees. En hulle het van my linkerkant gegaan, om na hierdie kant. En ek het hulle dopgehou. En ek het toe gekyk om te sien wie met my gepraat het, en ek kon niemand sien nie.

Toe het ek 'n ruk-en-rol orkes hoor kom. En toe ek na my regterkant gekyk het, hierheen oppad, aan die terugkom, hier kom die kerke van die wêreld. En party van die... Elkeen van hulle het 'n banier gedra, van waarvandaan hulle was. Party van die vuilste dinge wat ek ooit in my lewe gesien het! En toe die Amerikaanse kerk nader gekom het, was dit die vreeslikste wat ek ooit gesien het. Die Hemelse Vader is my Regter. Hulle het hierdie grys skinderrompe aangehad, soos een van hierdie kroegmeisies, met geen agterkant daaraan nie, hierbo, en soos 'n stukkie grys papier opgehou; en soos hoela dansery; verf; kort, geknipte hare; sigarette gerook; en geswaai, soos hulle gestap het agter die ruk-en-rol aan. En ek het gesê, “Is dit die kerk van die Verenigde State?” En die Stem het gesê, “Ja, dit is.”

En toe hulle verbygegaan het, moes hulle dit hou soos dit, en die papier agter hulle sit toe hulle verbygegaan het. Ek het begin huil. Ek het net gedink, “Na al my arbeid en alles wat ek gedoen het.” En alles wat ons predikers saamgewerk het... En, broers, ek weet nie hoeveel van julle glo hierdie visioene nie; maar dis die Waarheid, vir my. Dis altyd as waar bewys. Toe ek dit gesien het, en geweet het wat aangaan, het my hart omtrent gebreek in my. “Wat het ek gedoen? Hoe het ek dit gemis? Ek het reg by daardie Woord gebly, Here. En hoe kon ek dit gedoen het?” Ek het gedink, “Hoe kon U my 'n visioen gee, nie lank gelede nie, en my daarin gesien het? En ek het gesê, 'Wel, sal hulle geoordeel moet word?' Hy het gesê, 'Paulus se groep, ook.' Ek het gesê, 'Ek het dieselfde Woord gepreek wat hy gepreek het.'” Christen Sakemanne het die artikel daarvan uitgedra. En ek het gesê, “Waarom? Waarom sou dit so wees?” Ek het daardie groep prostitute sien verbygaan soos dit, almal so aangetrek, en het uitgeroep, “Die kerk van Mejuffrou V.S.A.” Ek het net flou geword.

Toe, onmiddellik, hoor ek daardie baie soet musiek weer kom, en hier kom daardie selfde Bruidjie wat weer verbykom. Hy het gesê, “Hierdie is wat uitkom, egter.” En toe Sy verbygestap het, was Sy presies soos die Een wat in die eerste plek was, wat stap in pas met die musiek van God se Woord, wat verby marsjeer. En toe ek dit gesien het, het ek daar gestaan met albei hande op, aan die huil, soos dit. Toe ek bygekom het, het ek daarbuite op my stoep gestaan, reguit oor die veld uitgekyk. Wat? Sy moet dieselfde Bruid wees, dieselfde soort, gebou uit dieselfde soort materiaal wat Sy in die eerste plek was. Nou lees Maleági 4 en kyk of ons nie veronderstel is om 'n Boodskap in die laaste dae te hê nie, dit sal “die harte van die kinders terug bring na die vaders,” terug na die oorspronklike Pinkster Boodskap, Woord vir Woord. Broers, ons is hier. Nou, hierdie kerk is veronderstel om 'n teken te ontvang, en sy laaste teken. Ons vind uit hier, in die Skrif, kyk nou, sien, die groot geboortepyne wat in hierdie Laodicensiese eeu is. Dit word gebore. Die kerk word wedergebore. Nie...

Daar sal nooit 'n ander organisasie wees nie. Enigeen weet dat elke keer wat 'n boodskap uitgegaan het... Vra hierdie geskiedkundige. Na 'n boodskap uitgegaan het, het 'n organisasie daaruit gekom; o, Alexander Campbell, alles anders, Martin Luther, en alles. Hulle het 'n organisasie daaruit gemaak. En gewoonlik gaan 'n boodskap net vir omtrent drie jaar, 'n herlewing. Hierdie gaan al aan vir vyftien jaar, en daar het geen organisasie daaruit gekom nie. Waarom? Die dop was die laaste. Ons is by die einde. Sien die geboortepyne? Sien wat die probleem is? Net 'n oorblyfsel sal uitgebring word. Net 'n oorblyfsel sal uitgebring word. En dis waarom ek uitroep, en voortbeur, en druk, en elke guns van die mens tersyde gestel het op aarde, om guns te vind by God, en net voort te beweeg in Sy Woord. Sy's in pyn. Dis wat die probleem is. Sy gaan geboorte skenk. Sy moet haar keuse maak. Die handskrif is aan die muur. Ons sien die aarde is omtrent net gereed om te gaan. Dis reg. En ons sien die kerk, sy's so verrot, sy's omtrent gereed om te gaan. En die geboortepyne is op alles daarvan, op beide die wêreld en die kerk. En daar's bykans 'n nuwe wêreld om gebore te word, en 'n nuwe Kerk om gebore te word, om daarnatoe te gaan, vir die Millennium. Ons weet dit.

Kyk. God gee haar... En luister aandagtig hierna, dan gaan ek afsluit. Haar finale teken; haar finale Boodskap, haar finale teken. Haar finale teken is, sy moet in die toestande wees soos sy was in die begin; die wêreld, die kerk. Kyk hoe was dit in die begin, al daardie jare, sonder, van Maleági tot Jesus. Kyk daarna, al die jare nou. Kyk daarna, almal destyds daarbinne, die korrupsie wat hulle daarin geplaas het. Kyk na die aarde, hoe dit elke keer was, soos in die dae van Noag, sovoorts. Moet in dieselfde soort van 'n tipe wees, en ons sien dit. “Soos dit was in die dae van Noag.” Ons sien al hierdie dinge net volgens patroon.

Lees die volledige rekening in...
Geboortepyne.


  Die Skrif sê...

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.

‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens in die wêreld gebore is.

Johannes 16:20-21


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

(PDFs)

Huwelik en
Egskeiding.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.