Die kies van 'n Bruid.

<< vorige

volgende >>

  Christelike wandel reeks.

Keuse is 'n groot ding.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die kies van 'n Bruid.

Nou in die 9de vers van die 2lste hoofstuk van Openbaring.
En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

In baie dinge van die lewe word ons 'n keuse gegee. Die manier van lewe, dit self, is 'n keuse. Ons het 'n reg op ons eie manier, kies ons eie manier hoe ons wil lewe. Geleerdheid is 'n keuse. Ons kan kies of ons geleerdheid gaan kry, of ons nie geleerdheid gaan kry nie. Dis 'n keuse wat ons het. Reg en verkeerd is 'n keuse. Elke man, elke vrou, seun en meisie, moet kies of hulle gaan probeer om reg te lewe of nie reg te lewe nie. Dis 'n keuse. Keuse is 'n groot ding.

Jou Ewige bestemming is 'n keuse. En miskien sal sommige van julle vanaand daardie keuse maak van waar julle die Ewigheid sal deurbring, voordat hierdie diens vanaand eindig. Daar sal een keer wees, dat, as jy God baiekeer weggewys het, sal daar een keer wees wat jy Hom die laaste keer sal wegwys. Daar is 'n lyn tussen genade en oordeel. En dis 'n gevaarlike ding vir 'n man of 'n vrou, seun of dogter, om oor daardie lyn te tree, want daar is geen terugkeer wanneer jy oor daardie tydgrens tree nie. So, vanaand, dit mag die tyd wees dat baie hulle besluit sal neem, waar hulle die eindelose Ewigheid gaan deurbring.

Daar's 'n ander keuse wat ons in die lewe het, dis 'n lewensmaat. 'n Jong man of jong vrou wat uitstap in die lewe, is 'n reg gegee om 'n keuse te maak. Die jong man kies. Die jong vrou het 'n reg om dit te aanvaar of te verwerp. Maar dis steeds 'n keuse aan beide kante. Beide man en vrou, hulle het 'n reg tot 'n keuse. Jy het ook 'n keuse as 'n Christen.

Jy het 'n keuse van 'n kerk, hier in Amerika, so ver, waarnatoe jy kan gaan. Dis jou eie Amerikaanse voorreg om enige kerk te kies waaraan jy wil behoort. Dis 'n keuse. Jy hoef nie na enige een te gaan, as jy nie wil nie. Maar as jy wil verander van die Metodiste na die Baptiste, of die Katolieke na 'n Protestant, of sovoorts, daar's niemand wat vir jou kan sê of jou laat kom na enige sekere kerk nie. Dis ons vryheid. Dis wat ons demokrasie is. Elke mens kan vir homself kies. Vryheid van godsdiens, en dis 'n groot ding. God help ons om dit te hou solank ons kan.

Jy het ook 'n keuse. Of... Wanneer jy hierdie kerk kies, kan jy kies of jy, in hierdie kerk, of jy 'n kerk wil kies wat jou sal lei na jou Ewige bestemming. Jy kan 'n kerk kies wat 'n sekere geloofsbelydenis het, dat jy mag dink daardie geloofsbelydenis is net wat jy wil hê. Of, die ander kerk het hulle geloofsbelydenis.

En dan is daar die Woord van God, waarvan jy 'n keuse het. Jy moet die keuse maak. Daar's 'n ongeskrewe wet onder ons, van keuse. Ek glo dit was Elía, eenkeer, op die Berg Karmel, na die konfrontasie, in 'n groot uur van die krisis waarby ons nou omtrent gaan kom. Dit mag miskien vir jou of vir my wees, vanaand, dat ons hierdie keuse maak, soos die Berg Karmel ondervinding. Eerlik gesê, ek dink dis nou wêreldwyd aan die gang. Maar daar sal binnekort 'n tyd wees waar jy 'n keuse sal moet maak.

En julle manne hier, van julle denominasionele kerke, glo net dit, dat die uur reg is op julle, wanneer jy 'n keuse gaan maak. Julle gaan óf in die Wêreldraad, of julle gaan nie meer 'n denominasie wees nie. Julle sal dit moet doen, en daardie keuse kom binnekort. En dis ook 'n gevaarlike ding om te wag tot daardie laaste uur, want julle mag iets neem waar julle nooit weer daaruit kan skud nie. Julle weet, daar is 'n tyd wanneer julle gewaarsku kan word, dan, as julle oor daardie lyn van waarskuwing tree, dan is julle alreeds gemerk aan die ander kant, gebrandmerk.

Onthou, wanneer die Jubileum jaar kom en die priester uitgery het met sy basuin wat weerklink, dat elke slaaf kon vrygaan. Maar as hulle geweier het om hulle vryheid te aanvaar, dan moes hy na die tempel geneem word, na 'n paal, en 'n els het hom deur die oor geboor, dan moes hy altyd sy meester gedien het. Dit was aan sy oor gesit, as 'n tipe, van gehoor. “Geloof kom deur gehoor.” Hy het daardie basuin gehoor, maar hy wou nie daarna luister nie.

En baiekeer hoor mans en vroue God se Waarheid en sien Dit bevestig en bewys, Waarheid, maar tog wil hulle Dit nie hoor nie. Daar's 'n ander rede. Daar's 'n ander keuse wat hulle het, as om die Waarheid en feite in die gesig te staar, daarom kan hulle ore gesluit wees vir die Evangelie. Hulle sal Dit nooit weer hoor nie. My raad aan julle is, wanneer God met jou hart praat, reageer jy net daar. Elía het hulle 'n keuse gegee wat hulle moes. “Kies julle vandag wie julle wil dien. As God God is, dien Hom. Maar as Baäl God is, dien hom.”

Nou, as ons sien dat al die natuurlike dinge 'n tipe is van die geestelike dinge, toe ons vanmôre deur ons les gegaan het, soos die son en sy natuur. Dit was my eerste Bybel. Voor ek ooit 'n bladsy in die Bybel gelees het, het ek God geken. Want die Bybel is oral geskryf in die natuur en dit stem net ooreen met die Woord van God: Hoe die dood, begrafnis, opstanding van die natuur; en die son wat opkom, oorgaan, sak, sterf, weer opkom. Daar's soveel dinge wat ons kan tipeer, God in die natuur, wat ons moet laat verbygaan, vir hierdie Boodskap.

Nou, as die geestelike, of, die natuurlike 'n tipe is van die geestelike, dan is die keuse van 'n bruid in die natuurlike, 'n tipe van die keuse van 'n Bruid, die Bruid, in die geestelike. Nou, dis 'n ernstige ding wanneer ons gaan om 'n vrou te kies, 'n man, want die eed hier is totdat die dood ons skei. Dis hoe ons dit behoort te hou. En jy neem daardie eed voor God, dat slegs die dood julle sal skei. En ek dink ons behoort... 'n Man in sy regte verstand, wat 'n toekoms beplan, dat hy daardie vrou baie versigtig behoort te kies. Wees versigtig wat jy doen. En 'n vrou wat 'n man kies, of die keuse van 'n man aanvaar, behoort baie versigtig te wees wat sy doen, en veral in hierdie dae. 'n Man behoort te dink en te bid voor hy 'n vrou kies.

Ek dink, vandag, wat soveel skeisake nou het, dat ons die wêreld in Amerika lei, in skeisake. Ons lei die res van die wêreld. Daar is meer egskeidings hier as enige ander plek, hierdie nasie, wat veronderstel is, en aan gedink word, 'n Christen nasie. Wat 'n skande, ons skeihowe! Ek dink die rede daarvoor is omdat mans weggedwaal het van God, en vroue het weggedwaal van God. En ons vind, dat, as 'n man gebid het en 'n vrou gebid het oor die saak; nie net kyk na 'n mooi paar oë nie, of groot sterk skouers, of so-iets soos dit, of een of ander wêreldse toegeneentheid nie; maar eerste na God sou kyk en sê: “God, is hierdie U plan?”

-----
En as ons sou ondersoek wat ons doen wanneer ons gaan trou, wanneer ons ons vrou, ons man kies, as ons dit sou ondersoek! 'n Man behoort ernstig te bid, want hy kan sy hele lewe ruïneer. Onthou, die eed is “totdat die dood ons skei,” en hy kan sy lewe ruïneer deur die verkeerde keuse te maak. Maar as hy weet dat hy die verkeerde keuse maak en met 'n vrou trou wat nie geskik is om sy vrou te wees nie, en hy doen dit in elk geval, dan is dit sy fout. As die vrou 'n man neem en weet hy's nie geskik om 'n man vir jou te wees nie, dan is dit jou eie skuld, nadat jy weet wat reg en verkeerd is. So, julle behoort dit nie te doen totdat jy deeglik deurgebid het nie.

Dieselfde geld by die keuse van 'n kerk. Nou, jy moet bid oor die kerk waarin jy gaan aanbid. Onthou, kerke dra 'n gees. Nou, ek wil nie krities wees nie. Maar ek besef dat ek 'n ou man is en een van hierdie dae moet ek hiervandaan vertrek. En ek moet antwoord by die Oordeelsdag vir wat ek vanaand sê of enige ander tyd. En ek, daarom, moet ek dodelik ernstig en waarlik oortuig wees. Maar, gaan jy in 'n kerk, en as jy die gedrag van daardie kerk sal dophou, en jy hou die pastoor net 'n rukkie dop, sal jy gewoonlik vind dat die kerk optree soos die pastoor. Soms wonder ek of ons nie net mekaar se gees kry in plaas van die Heilige Gees nie. Jy kom by 'n plek waar 'n pastoor baie radikaal is en aangaan, dan sal jy vind die gemeente is dieselfde. Ek sal jou na 'n kerk neem waar ek die pastoor sien staan, skud hulle koppe heen en weer. Jy hou die gemeente dop, hulle doen dieselfde ding. Jy neem 'n pastoor wat net enigiets sal sluk, gewoonlik sal die kerk dieselfde ding doen. So, as ek 'n kerk sou kies, sou ek 'n egte, fundamentele, volle Evangelie, Bybelkerk kies, as ek een sou kies om my familie in te sit. Kies.

-----
Weer, die soort vrou wat 'n man sou kies, sal sy ambisie en sy karakter weerspieël. As 'n man die verkeerde vrou kies, weerspieël dit sy karakter. En wat hy homself mee verbind, wys waarlik wat in hom is. 'n Vrou weerspieël wat in die man is, wanneer hy haar kies as vrou. Dit wys wat binne-in hom is. Maak nie saak wat hy buitekant sê nie, hou dop met wie hy getrou het.

Ek gaan na 'n man se kantoor en hy sê hy's 'n Christen; knipportrette oral teen die mure, daardie ou boogie-woogie musiek wat aangaan. Ek gee nie om wat hy sê nie. Ek glo nie sy getuienis nie, want sy gees voed op daardie dinge van die wêreld. Wat, sê, as hy sou trou met 'n koormeisie, of wat as hy sou trou met 'n sekskoningin, of net 'n mooi, moderne ricketta? Dit reflekteer. Dit wys wat hy in sy gedagtes het, van wat sy toekomstige huis gaan wees, want hy het haar geneem om sy kinders so groot te maak. En wat sy ook al is, dis hoe sy daardie kinders sal grootmaak. So dit weerspieël wat in die man is. 'n Man wat so 'n vrou neem, wys net wat hy dink van die toekoms. Kan julle julle voorstel 'n Christen wat so-iets doen? Nee, meneer. Ek kan nie. 'n Ware Christen sal nie soek na skoonheidskoninginne, en koormeisies en sekskoninginne nie. Hy sal soek na 'n Christen karakter.

Nou, as ons vir 'n oomblik na die geestelike kant toe gaan. En wanneer jy 'n kerk sien wat in die wêreld is, optree soos die wêreld, verwagtinge in die wêreld het, deelneem aan die wêreld, neem God se Gebooie gladnie in aanmerking asof Hy Hulle nooit geskryf het nie, dan kan jy jou net voorstel dat Christus nie 'n Bruid soos daardie sal neem nie. Kan julle julle voorstel om die moderne kerk vandag vir 'n Bruid te neem? Nie my Here nie. Ek kan nie ... Ek kan dit kwalik sien. Nee. Onthou nou, 'n man en sy vrou is een. Sou jy jouself verbind aan 'n persoon soos daardie? As jy sou, sou dit beslis soort van my geloof in jou teleurstel.

En dan, wat omtrent God wat Homself aan so-iets soos daardie verbind, 'n gewone denominasionele prostituut? Dink julle Hy sou dit doen: “'n Vorm van godsaligheid, maar die krag daarvan ontken”? Hy sou dit nooit doen nie. Sy moet Sy karakter in haar hê. Die ware, egte, wedergebore Kerk moet die karakter hê wat in Christus was, want die man en vrou is een. En as Jesus net gedoen het wat God behaag het, Sy Woord gehou het, en Sy Woord gemanifesteer het, sal Sy Bruid van dieselfde soort karakter moet wees. Sy kon nie, onder geen omstandighede 'n denominasie wees nie. Want dan, maak nie saak hoeveel keer jy wil sê: “Nee,” nie, word sy beheer deur 'n raad iewers, wat vir haar sê wat om te doen en wat sy nie mag doen nie, en baiekeer 'n miljoen myl van die ware Woord.

Dis so jammer dat ons ooit weggekom het van die ware Leier wat God vir ons nagelaat het om die Kerk te lei. Hy het nooit staatspresbiters gestuur nie. Hy het nooit 'n biskop, kardinaal, priester, pouse gestuur nie. Hy het die Heilige Gees gestuur vir die Kerk, om die Kerk te lei. “Wanneer Hy, die Heilige Gees, gekom het, sal Hy julle lei in alle Waarheid, hierdie dinge aan julle openbaar wat Ek vir julle gesê het, en bring dit tot julle herinnering, en sal julle dinge toon wat moet kom.” Die Heilige Gees moes dit gedoen het. Nou, die moderne kerk haat Dit. Hulle hou nie Daarvan nie, so hoe kon sy die Bruid van Christus wees? Die mense van vandag kies 'n moderne denominasie. Wat dit doen, dit weerspieël slegs hulle swak begrip van die Woord. Ek bedoel nie om seer te maak nie, maar ek bedoel om dit diep genoeg te laat afgaan, totdat julle daarna sal kyk.

Lees die volledige rekening in...
Die kies van 'n Bruid.


  Die Skrif sê...

Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

Deuteronomium 30:19



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

 

Huwelik En Egskeiding.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.

(PDF Engels)