Die Derde Eksodus.

<< vorige

volgende >>

  Die Eindtyd reeks.

'N geestelike Eksodus.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die Derde Eksodus.

Nou, hulle het baie eksodusse gehad, natuurlik, maar ek praat oor die tyd toe God 'n eksodus uitgeroep het, 'n skeiding van waar hulle was op daardie oomblik. Hier maak God gereed om Sy Goddelike beloofde Woord wat Hy aan Abraham en Isak en Jakob gegee het, te vervul. Jare, honderde jare het verbygegaan, maar tog vergeet God nooit Sy belofte nie. In die seisoen, die bepaalde tyd, kom God altyd Sy belofte na.

Daarom kan jy verseker wees dat wat God in hierdie Bybel belowe het, Hy dit gaan doen. Dis nie nodig om te probeer om enigiets anders te dink en te sê, “Wel, die profeet was miskien verkeerd” nie, of “dit kan nie in hierdie dag gebeur nie.” Het amper onmoontlik gelyk, meer onmoontlik as wat dit nou is. Maar God het dit gedoen, in elk geval, omdat Hy belowe het dat Hy dit sou doen.

En kyk hoe eenvoudig Hy dit doen. “Ek het neergedaal. Ek het die uitroep gehoor. Ek onthou My belofte. En Ek het neergedaal om dit te doen en Ek stuur jou. Doen jy dit. Ek gaan met jou wees. Sekerlik, Ek sal met jou wees. My on-, onfeilbare Teenwoordigheid sal saam met jou wees waar jy ook al gaan. Moenie bang wees nie.” Sien? “Ek daal neer om te verlos.” Ek is seker die geestelike denke snap dit. Sien? Sien? “Ek- ek gaan- ek gaan jou stuur om My volk na 'n uittog te bring. Roep hulle uit en Ek sal met jou wees.”

Nou, hoe- hoe ons kan rus, hoe geloof daar 'n houvas kan kry. Sien? God gaan dit doen. Hy het dit belowe. Dit maak nie saak wat die omstandighede is of wat iemand anders sê nie, God gaan dit doen, in elk geval, omdat Hy belowe het. En Hy doen dit so eenvoudig, dat dit- dit bo-oor die- die begrip van die gekultiveerde verstand gaan wat probeer om daaroor te redeneer, “Hoe kan dit wees?”

Ek bedoel nou nie om te sê dat 'n man met 'n goeie, sterk verstand, goeie geleerdheid, dat daardie man dit nie sal verstaan nie. Dit is alles reg en wonderlik, so lank as wat hy dit nie gebruik om te redeneer nie, maar met daardie kultuur wat hy het, om God te glo. Laat dit omgeskakel word na die eenvoud van luister na wat God gesê het, en om dit te glo. Sy geleerdheid sal hom dan help. Let op. Maar wanneer die man probeer om te redeneer, “Dit kan nie gedoen word nie,” dan dryf dit hom weg van God af, voortdurend, die hele tyd, wanneer hy probeer om- om te luister na wat, sy eie begrip. Sien? As jy nie verstaan nie en die Bybel sê 'n sekere ding, beaam dit net, “Amen.” Laat dit net so gaan.

----
Voordat ons kan uitvind wat hierdie eksodus beteken, en ek gaan nou die eksodus tipeer ... eksodus toe, met die eksodus nou, en kyk of dit nie presies parallel loop nie. Een van hulle is natuurlik. En dieselfde dinge wat Hy in die natuurlike gedoen het, tipeer Hy weer, anti-tipeer dit in geestelike, 'n geestelike uittog.

Wonderlik om die Woord van God te sien! Hoe kan enigiemand sê dit is nie geïnspireer nie? Dit was ongeveer tweeduisend agthonderd jaar gelede, jy weet. En hoe Hy belowe het en wat Hy gedoen het en dit uitgelê het, byvoorbeeld, hoe Hy- Hy- Hy die skadubeeld van iets laat getuig van die- die positiewe.

Maar, eerstens moet ons Genesis hersien om te sien waarom hulle in Egipte was. Waarom sou God se volk uit daardie land wees? God het dit immers belowe, reg daar aan die begin, met Abraham, Isak en Jakob, in Palestina, God het daardie land vir hulle gegee en gesê, “Dit is dit.” O, dan, waarom sou die volk nie in die plek wees wat God aan hulle voorsien het nie?

Dit is die vraag van vandag, ook. God gee vir ons 'n Pinkster. Hy gee ons die boek van Handelinge. Hy gee ons die Heilige Gees om ons te lei. Hy gee ons 'n Land. En waarom is ons buite Dit? Waarom is die kerk buite Dit? Waarom lewe die groot Christelike kerk vandag nie weer soos in die boek van Handelinge, wat dieselfde ding voortbring nie? Daar is 'n rede daarvoor.

Ons weet almal dat ons gebroke is en ons is in 'n verskriklike toestand. En die verskriklikste toestand waarin- waarin die Christendom nog ooit geleef het, is vandag. En ons is op die... reg op die rand of die randjie van-van 'n groot, geweldige oordeel wat vir die kerk lê en wag. En voordat hierdie oordeel kan plaasvind, roep God 'n uittog, net soos Hy toe gedoen het. Amoriete se sondes was opgestapel, so Hy- Hy roep 'n- 'n geestelike uittog. Kom ons gaan nou net 'n oomblik terug, in tipe, en vind uit.

Hulle het na Egipte gegaan, alles weens die jaloesie van 'n broer. Dit is die rede waarom Israel in Egipte was op daardie tyd, buite die land. Onthou, God se beloftes was net vir so lank as wat hulle in daardie land gebly het.

Kan jy nou sien waarvan ons in gebed gepraat het, 'n paar oomblikke gelede? Waarom moes God Farao se hart verhard? Om die mense terug te sit in die beloofde land, voordat Hy hulle kon seën, om die Messias na hulle te bring.

Hoe moes Hy Hitler se hart verhard om teen die Jood te wees, toe Hy self 'n halwe Jood was? Hoe kon Hy dit doen in Stalin, Mussolini? Sien? Mense wat nie geïnspireer is nie, soos 'n nasie, hulle-hulle ... God moet die-die dinge waarby hulle lewe, die wette van die land, baie keer, neem om Sy beloftes waar te maak. So, Hy moes daardie diktators se harte verhard om die Jood weer terug te jaag na die beloofde land. Dit moes so wees.

Nou vind ons uit dat, toe Josef gegaan het... Ons ken die storie as ons teruggaan na Genesis, en julle kan dit net lees. Want ek is net 'n bietjie laat om te begin met hierdie lang Sondagskoolles, en ek sal probeer om gou te maak.

Let nou op. Lees die storie wanneer julle kan van Josef, gebore later as sy broers, die tweede jongste. Die geestelike verstand sal dit nou snap. Hy was nie die laaste kind nie; Benjamin was. Maar in die ekskommunikasie, kyk nou. Josef en Benjamin was volbloed broers, en die enigste twee wat broers was. Nooit het Benjamin die erkenning gekry totdat hy Josef ontmoet het nie. En bo die res van hulle, is Benjamin 'n dubbele deel gegee van alles wat Josef gegee het. Goed. Let nou op, ons vind dat hulle daar...

Hy was weggeneem van sy broers, omdat hy geestelik was. Hy was 'n groot man, hoewel die nederigste van die klomp, die minste van die klomp. “En hulle het hom sonder oorsaak gehaat.” Hulle moes hom nie gehaat het nie. Hulle moes hom gerespekteer het. Want, waarom het hulle hom haat, omdat hy 'n broer was? Nie presies dit nie. Hulle het hom gehaat omdat God meer met hom gehandel het as wat Hy met die res van hulle gedoen het. Sien? Hy het vir hom 'n- 'n- 'n- 'n geestelike begrip gegee. Hy kon drome perfek vertolk. En hy kon dinge vooruit vertel wat sou gebeur, perfek, net presies die manier waarop hulle was. En hy- en hy het nie houe uitgedeel nie.

Hy het die-die droom gesien van daardie gerwe wat voor sy gerwe gebuig het, en sy broers het toe kwaad geword vir hom. Het gesê, “Ek veronderstel dan, jou klein heilige-roller,” met ander woorde, “ons moet eendag voor jou neerbuig?” Maar dit is die manier waarop dit gebeur het. Sien? Hoe sou daardie groot reuse ooit voor daardie klein, nietige jongman buig wat daar staan? Maar hulle het dit gedoen, hulle het dit verseker gedoen en gepleit vir genade. Maar hy het toe nog nie in krag gekom nie, jy sien. Hy was toe nog net in die kindervorm.

En dan vind ons uit, deur dit te doen, dat Josef weggeneem is van onder sy broers uit, die denominasies, en op sy eie gesit is. Sien? Sy broers, almal in die land. En toe kom daar so 'n groot ding. Ons besef dat Israel... solank hulle in hulle woonplek gewoon het en bygebly het. Nou, dit is een goeie ding, om in die plek te bly. Posisioneel, dis reg. Maar, hulle het van die Gees ontslae geraak.

Die grondbeginsels, vandag, posisioneel weet wat hulle is, deur intellektuele opvatting van die Bybel, maar daar is geen Gees nie. Hulle het Josef verwerp, Hom weggewys. Hulle wou niks daarmee te doen hê nie. “Dit is 'n klomp heilige-rollers. Dis 'n... Ons wil niks daarmee te doen hê nie.” Hulle het hom uitgewerp, Hom uitverkoop aan die wêreld. Hulle was uit hulle gemeenskap.

Nou, deur dit te doen, is hulle uit die plek weggeneem, later na Egipte geneem. Nou, die storie van hierdie jaloerse broers is beslis in groot vergelyking met die geestelike kant daarvan vandag. Ons- ons almal is bewus daarvan dat dit pure jaloesie is, nie opreg nie. Dit is ou, vuil, besoedelde jaloesie. Sien? Daar is geen opregtheid in jaloesie nie. Sien? Dit is niks anders as vulgêre jaloesie nie. Wanneer hulle dieselfde Bybel sien en die aard van dieselfde God wat die Bybel geskryf het, wat Homself verdedig, en wys Dit dan van die hand sonder 'n rede. Egte... Wel, nie eg nie. Soos ek gesê het, dit is vuil jaloesie. Terwyl hulle sien hoe God die siekes genees, die dooies opwek, dieselfde God wat in die dae van die apostels geleef het! Dieselfde Evangelie wat hulle geskryf het vir hierdie geestelike reis, is dieselfde God wat dieselfde ding doen. Daarom is hulle niks anders as jaloesie nie, het geëkskommunikeer, “En ons sal Dit nie onder ons mense hê nie.” Sien? Jaag hulle weg!

Hulle het gedink, die broers, dat hulle nooit nut sou hê van 'n man soos dit nie, so, “Waarom nie net van hom ontslae raak nie?”

Dit is wat, dieselfde ding het vandag gebeur. Hulle dink dat, “Omdat ons kerke intellektueel geword het, dat ons die beste geklede skares het, die grootste organisasie, die slimste predikers, dat ons geen gebruik vir die Heilige Gees het soos wat dit daardie tyd was nie.” Dat hulle vol is. Met ander woorde, aksies spreek luider as woorde: dat hulle kweekskole en hulle... die brein van hulle- hulle wese, en hulle byeenkoms en-en bespreking van hierdie ding, is tot meer in staat met hulle eie intellektuele denke, om 'n kerk in orde te stel, beter as wat die Heilige Gees dit sou kon doen. So, hulle het Dit nie langer nodig nie. “Dit is iets wat ons vandag nie nodig het nie. Dit is, die dae daarvan is verby.” Nou, is dit nie net reg nie? “Ons het nie die Heilige Gees nodig om die siekes te genees nie. Ons het dokters. Ons het nie nodig dat die Heilige Gees in tale praat nie. Ons is almal intelligente mense.” En wanneer jy dit doen, neem jy die Reddingslyn reg uit jou raamwerk.

Jesus het vir die Jode gesê, in Sy dae, “Het julle nie gelees nie dat, 'Die Steen wat verwerp is, is die Hoeksteen waarop die gebou staan'?”

Nou, sien julle wat ek bedoel? Ek is seker julle- julle kan dit snap. Dit, die- die rede van dit nou, is omdat hulle gedink het hulle het nooit 'n behoefte vir Dit gehad nie. “Ons het nie sprekers met tale nodig nie. Ons het nie tolke van tale nodig nie. Ons het nie meer die Ou Testament profete nodig om ons in orde te stel deur die Heilige Gees nie. Ons verstaan dit.” Sien? Hulle het 'n mensgemaakte stelsel aangeneem om die plek van die Heilige Gees in te neem.

Daarom, daar is mense wat uitverkies is, het hulle name op die Lam se Boek van die Lewe, hulle kan nie daarvoor gaan nie. Hulle is geestelik gesind en daarom kan hulle nie daarvoor gaan nie. Hulle kan dit nie verdra nie, maak nie saak watter organisatoriese kerk hulle vaders en moeders bygewoon het nie.

Wanneer 'n kerk maak, doen, sal hulle dit miskien nie reguit sê nie. O, nee. Hulle sal dit nie reguit sê nie, maar hulle aksies bewys dit. Hier is die Woord. En die Heilige Gees bewys dit onder diegene, wanneer Hy hulle bymekaar kan kry, sodat Hy steeds die siekes genees, en die dooies opwek, en met tale spreek, en duiwels uitdryf. So, dit hang af van die... wat is aan die binnekant van 'n persoon.

----
Die kerk voel dat dit nie die Heilige Gees nodig het nie. Die kerke sal jou dit vertel. En die mans kan opstaan en jou so 'n intellektuele praatjie gee, dat jy dit amper kan glo. Kom ons stop nou, 'n minuut. Het Jesus nie gesê dat die twee so naby aan mekaar sou wees nie, “Dit sou die uitverkorenes mislei as dit moontlik was”? Die intellektuele praatjies sou so glad wees, dat dit sou- dit sou die mense mislei. Dit is Evangelie, dit is manne wat daardie woord op so 'n manier kan hanteer, dat hy amper enige intellektuele persoon kon maak, as jy net op hulle intellektuele vertrou, hulle -hulle sou die Heilige Gees veroordeel en- en die weg van die man neem. Ons sien dit.

Dit is dieselfde ding wat hulle oor Josef gedink het en hulle het van hom ontslae geraak. En, o, in Egipte, o, hoe ons kan dink, hoe ek ure kon spandeer. Jy sou vir drie jaar hier kon bly en nooit daardie onderwerp dag en nag verlaat nie en steeds die groot korrels van die Heilige Gees vind.

Die geestelike verstand kan in Egipte neerkyk en sien hoe die vervolging styg; kan sien hoe Josef weggeneem word, sodat die vervolging kon opstaan. En sien God dan, met Sy wiel in die wiele, alles beweeg net perfek. Sien hoe Potifar Josef verwerp; sien hoe daardie leuen vertel word. En sien Josef in die gevangenis en sy baard is uitgegoei, van sy broers uitgewerp. Maar toe, skielik, het God inbeweeg.

Hoe ons daardie wiel in die wiele kan sien beweeg! God se groot plan wat alles tot by hierdie uittog beweeg, na hierdie tyd toe Hy Sy volk weer terug in die land sou roep, terug in die plek, in posisie waar Hy hulle kon seën en onder hulle die Een plaas wat Hy belowe het wat Hy onder hulle sou plaas. Hulle moes in hulle land wees. Onthou, hulle moes uit die land kom waarin hulle was en in die land van belofte kom, voordat hulle beloofde Messias ooit kon kom.

En die Kerk moet dieselfde ding doen; kom uit daardie groep van verwerpers tot in die belofte, voordat die Messias ooit voor hulle gemanifesteer kan word. Sien julle dit? Die Lewe van die Messias, gemanifesteer, besig om 'n Kerk gereed te maak, 'n Bruid. 'n Vrou trou met 'n man en verskil met hom, dit sal soort van 'n- 'n bohaai wees, voortdurend. Maar wanneer 'n man en sy vrou, sy vriendin, sy verloofde, wanneer hulle in perfekte harmonie is, soos een siel en een gedagte, want hulle gaan een vlees wees. Dan, wanneer die Kerk in so 'n harmonie met God kan kom, totdat die manifestasie van die Bruidegom in die Bruid gemanifesteer word, omdat hulle een gaan wees! O, wat 'n groot les. Goed. Onthou nou, die geestelike verstand wat dit snap, kan die tipe en die anti-tipe sien en dit kies. Vir een, net, ons kon ure op dit spandeer.

Lees die volledige rekening in...
Die Derde Eksodus.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.

Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?

En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou 'n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle God op hierdie berg dien.

Eksodus 3:10-12


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)

Hoofstuk 11
Die wolk.

(PDF)
 

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Dit is tyd
vir eksodus, tyd
om uitgeroep
te word na die
beloofde land...
die Millennium.



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.