Die god van hierdie bose tydperk.

<< vorige

volgende >>

  Die Eindtyd reeks.

'n Bruid uit te roep vir Christus.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die god van hierdie bose tydperk.

Nou, my teks vanmôre is: Die God Van Hierdie Bose Eeu. Soos ons in die Skrif gelees het: “die god van hierdie wêreld, hierdie bose eeu.” Nou, hierdie Boodskap dui die booshede van hierdie bose eeu aan, en dit is gepas om vir hierdie bose eeu te profeteer. En dis my geloof dat elke... dat die Bybel elke antwoord het vir elke eeu, klaar geskryf in die Bybel, vir die gelowige van daardie eeu. Ek glo dat alles wat ons nodig het net Hier geskryf is, dit moet net deur die Heilige Gees geïnterpreteer word. Ek glo nie dat enige mens op aarde 'n reg het op sy eie interpretasie van die Woord nie. God het niemand nodig om Sy Woord te interpreteer nie. Hy is Sy Eie interpreteerder. Hy het gesê Hy sal dit doen, en Hy doen dit.

Soos ek vele kere gesê het. Hy het gesê: “'n Maagd sal swanger word,” Hy het dit gespreek deur die lippe van 'n profeet, en sy het. Niemand hoef dit te interpreteer nie. In die begin, het Hy gesê: “Laat daar lig wees,” en daar was. Niemand hoef Dit te interpreteer nie. Hy het gesê: “In die laaste dae, dat Hy Sy Gees sou uitstort op alle vlees,” en Hy het. Het niemand nodig om Dit te interpreteer nie. Hy het gesê: “In die laaste dae, hierdie dinge” (wat ons nou sien gebeur) “sal hier wees.” Dit het geen interpretasie nodig nie. Dis alreeds geïnterpreteer. Sien?

Nou, let noukeurig op terwyl ons die Woord bestudeer. Die God Van Hierdie Bose Eeu, waarin ons nou lewe. Mag vreemd lyk, 'n baie vreemde ding, in hierdie eeu van genade, wanneer: “God 'n volk vir Sy Naam's ontwil neem,” dit is Sy Bruid, in hierdie bose eeu wat moet genoem word die eeu van boosheid. Die einste eeu waarin “God 'n volk roep vir Sy Naam's ontwil,” deur genade, uitroep, en is 'n bose eeu genoem. Nou, ons sal deur die Bybel bewys dat dit die eeu is waarvan Hy gepraat het. Baie vreemde ding om te dink dat, dat in 'n bose eeu soos hierdie, dat God dan Sy Bruid sou roep.

Let op julle, Hy het gesê: “'n volk,” nie “'n kerk nie.” Waarom? Tog, Dit word die Kerk genoem, maar Hy sou “'n volk” roep. Nou, 'n kerk is 'n vergadering van baie mense van alle verskillende geaardhede. Maar God roep een hier.... Hy het nie gesê: “Ek roep die Metodis, Baptis, Pinkster nie.” Hy het gesê Hy sou 'n volk roep. Waarvoor? Sy Naam. Sien, 'n volk; een uit die Metodiste, een van die Baptiste, een uit die Lutherane, een van die Katolieke. Sien?

Maar Hy roep, nie 'n kerkgroep nie, maar “'n volk vir Sy Naam,” wat Sy Naam ontvang, verloof in Sy Naam, gaan na 'n bruilof om met Hom te trou, om deel van Hom te word, sien, deur voorbestemming. Net soos 'n man wat in die lewe 'n regte vrou kies, wat bestem om deel van sy liggaam te wees. So, dit is, sal die Bruid van Christus wees, en nou is, van ouds, verordineer deur God 'n deel van daardie Liggaam. Sien? O, die Skrifte is so ryk, vol heuning!

Let op, nie wat iemand gesê het, wat iemand geroep het nie; maar wat God gekies het voor die grondlegging van die wêreld, en roep hierdie mense in die laaste dae; nie 'n organisasie nie. “'n Volk vir Sy Naam.” En hierdie bose eeu is wanneer Hy dit doen, hierdie einste tydperk van misleiding.

Verlede week, in Matthéüs 24, was dit die misleidenste eeu van alle eeue. Al die eeue van misleiding, van die tuin van Eden af, die hele pad, was daar nooit 'n eeu so misleidend soos hierdie eeu nie. “Vals profete sal opstaan en tekens en wonders vertoon, indien moontlik om die einste Uitverkorenes te mislei.” Sien? Nou, net 'n koue, formele, stywe kerke, ensovoorts, van mensgemaakte teologie, sou nie; die Uitverkorenes sou nooit enige aandag daaraan gee nie. Maar dis daar byna soos die regte ding. Net maar een Woord uitlaat is al wat jy hoef te doen. Belofte vir die eeu; 'n baie groot gebeurtenis! Christene, oral, let op die uur waarin ons lewe! Merk dit af, en lees, en luister aandagtig.

Hoekom sou God 'n volk uit roep in hierdie bose eeu, vir Sy Naam? Die rede waarom dit is, is om Haar, Sy Bruid te beproef. Dis om.... Wanneer Sy gemanifesteer word, beproef word, haarself bewys, bewys vir Satan. Soos dit was aan die begin, so sal dit wees aan die einde.

As 'n saad in die grond begin, kom dit op deur draers, die lewe daarvan, maar dit eindig dieselfde saad wat dit was toe dit in die grond ingegaan het. En dieselfde manier wat die saad van misleiding in die grond geval het, in Eden, is dieselfde manier waarop dit in die laaste dae eindig. Net soos die Evangelie was toe dit voor 'n denominasie geval het by Nicaea, Rome, eindig dit in 'n superorganisasie. Net soos die Saad van die Kerk destyds geval het, met die tekens, wonders, en die lewende Christus tussen hulle, eindig dit in die laaste dae onder die bediening van Maleági 4, en herstel weer die oorspronklike Geloof wat eens gegee is.

Ons vind nou, hierdie bose eeu is om te bewys, aan Satan, Sy is nie soos Eva, dat Sy nie daardie tipe vrou is nie. En Sy sal deur sy Woord beproef word, die Bruid, soos Adam se bruid deur die Woord beproef is. En Adam se bruid het elke deel van die Woord geglo, alles, maar was verward oor een belofte, dat: “Hy's dieselfde gister, vandag, en vir ewig,” vandag, sien; maar het op een belofte gefaal, onder die versoeking van die vyand, van aangesig tot aangesig. En nou, die mense wat vir Sy Naam geroep is, is natuurlik, Sy Bruid. Sy moet weer in kontak kom met dieselfde ding; nie deur net denominasionele waarheid of iets nie, maar elke Woord!

Want, in die begin van die Bybel, was die Woord van God aan die mens gegee om daarvolgens te lewe. Een Woord, verkeerd geïnterpreteer deur 'n man genaamd Satan, in 'n persoon van 'n dier genaamd die slang. Satan, in hierdie persoon, kon met Eva praat, en die Woord verkeerd uitgelê aan haar, en is verlore. Sien, Dit moet elke Woord wees.

In die middel van die Bybel, het Jesus gekom en gesê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord,” toe Hy deur Satan versoek is. Nou, God sê vir ons hier in die laaste dae, dat: “Die god van hierdie wêreld sal opstaan in die laaste dae.” “En aan wie ook al een woord Daaraan sal toevoeg, of een Woord Daarvan sal wegneem, sy deel sal weggeneem word uit die Boek van die Lewe.”

God wees ons genadig! En laat ons nie soos gestyfde hemde loop nie, bors uitgestoot, kop omhoog, weet alles, want ons was ook eenmaal ongehoorsaam. Laat ons met genade, en vergewensgesindheid, en gevoel in ons harte teenoor God, nederig na die Troon van genade kom. Vreemd nou, na sowat negentienhonderd jaar van Evangelie verkondiging, en nou is sy, dit is die wêreldse stelsel, boser as in die dae toe dit, toe Hy hier was. Die wêreldse stelsel is boser. Die wêreld stuur af op 'n groot klimaks. Julle weet dit. Die Here vervul Sy Woord aan elke kant.

Openbaring 18:4-5,
4 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

----
Wat 'n waarskuwing! Dit plaas die kerk presies terug na Openbaring 3:14, na die Laodicese eeu, wetteloosheid; regtig godsdienstig, maar wetteloosheid. “Julle, omdat jy sê dat: 'Ons is ryk, het aan niks gebrek nie, weet jy nie dat jy naak, ellendig, blind, en weet dit nie.” Perfek volgens die Skrif van hierdie eeu, nie vir die Skrif van die eeu van Daniël, nie vir diegene in die naam van... die eeu van Noag, maar in hierdie laaste, bose eeu.

Let op, “Julle is naak.” Laat dit goed diep insink. Ek weet baie gaan met my verskil oor hierdie gedagte, maar dit het op 'n plek gekom waar 'n Christen kwalik uit sy huis kan stap en nie in die teenwoordigheid kom van halfgeklede vrouens in hierdie bose eeu nie.

Vroue, ek gaan dit sê, en ek wil hê julle moet luister. En, mans en vroue, julle kan hieroor verskil, maar ek voel gelei om dit te sê. Het julle geweet, enige vrou wat haar so ontklee, is nie by haar volle verstand nie? Weet julle, sy is, of sy dit glo of nie, of dink nie, dat sy 'n prostituut is nie? Hoewel die vrou met haar hand voor God kan staan en sweer dat sy nooit deur enige ander man aangeraak is nie behalwe haar man, en dat dit die eerlike waarheid mag wees, maar sy is nog steeds 'n prostituut. Jesus het gesê: “Wie ook al na 'n vrou kyk om haar te begeer het alreeds owerspel met haar gepleeg.” En die vrou mag...

Sien, sy is “naak,” het die Bybel het gesê: “en weet dit nie.” Die gees wat haar salf om sulke dinge te doen, is 'n bose, prostituutgees. Haar uiterlike wese, haar fisiese liggaam, haar vlees, sy mag rein wees. Sy mag dalk geen ebreek gepleeg het nie, en sou voor God kon sweer dat dit die waarheid is, dat sy nooit nie, maar haar gees is 'n prostituutgees. Sy is so verblind deur die god van hierdie modewêreld; dat sy haarself uitlokkend aantrek en uitgaan.

----
Die uiterlike mens is 'n fisiese wese wat deur ses sintuie beheer word... of vyf sintuie, liewer. Die innerlike mens is 'n geestelike man wat deur vyf sintuie beheer word; gewete, en liefde, ensovoorts. Die uiterlike mens; sien, proe, voel, ruik, hoor.

Maar die binnekant van daardie gees is 'n siel, en dit word beheer deur een ding, jou vrye wil. Jy kan aanvaar wat die duiwel sê of aanvaar wat God sê. En dit sal bepaal watter gees daarbinne is. As dit die Gees van God is, sal Dit voed op die dinge van God, en Dit sal nie op enigiets van die wêreld voed nie. Jesus het gesê: “As jy die wêreld liefhet of die dinge van die wêreld, is omdat die liefde van God nie eens hierdie innerlike deel binnegegaan het nie.” Satan het jou mislei. “En die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat uitgaan uit die mond van God.”

Let nou op, ons vind sy is “naak,” wulps en kaal. En die wêreld skyn te wees in die mees boosste eeu wat dit ooit was. Nooit in enige eeu het vroue so opgetree nie, nooit behalwe net voor die vernietiging van die sondvloed. En Jesus het daarna verwys. Ons sal daarby kom oor 'n rukkie.

Het God beheer verloor, of laat Hy net 'n ander mag toe om te beheer? Ek wonder. Die ware antwoord op hierdie vraag is, na my mening, daar is twee opponerende geeste vandag in die wêreld, aan die werk. Nou, daar kan nie meer as twee wees nie, twee hoofde. En Een van hulle is die Heilige Gees aan die werk; die ander een is die gees van die duiwel, en, in hierdie laaste dae, met misleiding. Nou gaan ek my gedagtes net hierop baseer vir die res van die teks, die res van die... ons Boodskap.

Die twee geeste. Een van hulle, God se Heilige Gees; die ander een, die duiwel se gees, werk met misleiding. Die mense van die aarde maak nou hulle keuse. Die Heilige Gees is hier om 'n Bruid uit te roep vir Christus. Hy doen dit deur Sy Woord te bevestig deur die belofte aan Haar, vir hierdie eeu, wat wys dat Dit Christus is. As die vinger veronderstel is om te beweeg in hierdie eeu, sal die vinger beweeg. As die voet veronderstel is om te beweeg in hierdie eeu, sal die voet beweeg. As die oog sien in hierdie eeu, sal die oog sien. Sien?

Die Gees van God, soos Dit gegroei het in die volle gestalte van God, dit is die eeu waarin ons nou lewe. Die Heilige Gees is hier om die Boodskap van hierdie uur te bevestig. En die Heilige Gees doen dit, sodat die mense wat God glo uit geroep sal word uit hierdie chaos. Die duiwel se onheilige gees is hier om sy kerk deur die dwaling, soos gewoonlik, uit te roep, deur verdraaïng van die Woord van God, soos hy aan die begin gedoen het. Sien dit kom weer reguit terug na daardie saad, van Eden? Hier is dit weer.

Lees die volledige rekening in...
Die god van hierdie bose tydperk.


  Die Skrif sê...

En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Openbaring 18:1-2



Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)
 

God is Hidden and
Revealed in
Simplicity.

(PDF Engels)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.