Die grootste stryd ooit geveg.

<< vorige

volgende >>

  Christelike wandel reeks.

Die gevegsterreine. Die menslike verstand.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Die grootste stryd ooit geveg.

Nou, voor enige stryd in orde geplaas kan word, moet hulle eers 'n ontmoetingsterrein kies, of 'n plek waar die stryd gevoer gaan word, 'n gekose plek. In die Eerste Wêreldoorlog was dit so geplaas, 'n niemandsland en plekke waar hulle geveg het. En hulle moet by 'n uitgesoekte plek wees. Soos toe Israel oorlog gemaak het met die Filistyne, was daar 'n heuwel aan elke kant waar hulle vergader het. En dis waar Goliat uitgekom het en na die leërs van Israel geroep het. Dis waar Dawid hom ontmoet het in die vallei en toe hy oor die klein spruitjie gegaan het wat tussen die twee heuwels loop, het hy die klippe opgetel.

Daar moet 'n plek gekies word. En hierin is daar 'n gemeenskaplike grond, niemandsland, en hulle veg hier by hierdie plek. Hulle veg net nie, een veg hier, en een hier, en een hardloop hiernatoe nie. Daar is 'n gevegsfront waar hulle ontmoet en hulle magte toets, waar elke leër sy krag toets teen die ander leër, 'n gemeenskaplike ontmoetingsplek. Nou, moenie dit (kry) mis nie. Toe hierdie groot stryd op aarde begin het, moes daar 'n gemeenskaplike ontmoetingsplek wees. Daar moes 'n plek gekies word vir die stryd om te begin en vir die stryd om te woed. En daardie gevegsterrein begin in die menslike verstand. Daar is waar die stryd begin. Die menslike verstand is gekies vir die plek van die stryd, waar dit begin het en dit is omdat besluite gemaak word in die verstand, die kop. Nou, hulle het dit nooit begin van een of ander organisasie nie. Hulle het dit nooit begin uit een of ander meganiese affêre nie. Die gronde het nooit daar begin nie. Daarom, daardie organisasie kan nooit, nooit die werk van God doen nie, want die gevegsterreine, waar jy jou vyand moet ontmoet, is in die gemoed. Jy moet jou keuse maak. Dit ontmoet jou. Ek wil hê hierdie meisietjie hier, wat baie siek is, om seker te maak om nou baie mooi hierna te luister.

Besluite word gemaak in die gemoed, die kop. Daar is waar Satan jou ontmoet en die besluite is, omdat God 'n man so gemaak het. Nou, ek het (as julle hier op my nota gekyk het) 'n kaart uitgeteken. Ek het dit hier gehad nie lank gelede nie, op... gebruik op die bord. Die menslike wese is opgemaak net soos 'n koringkorrel. Dis 'n saad. En die menslike wese is 'n saad. Fisies is jy die saad van jou vader en moeder; en die lewe kom van die vader, die pulp kom van die moeder. So, die twee, saam, die eier en die bloed, kom bymekaar. En in die bloedsel is lewe. En daarbinne begin dit, ontwikkel, maak die kind.

Nou, enige saad het 'n dop aan die buitekant; die binnekant is pulp; en binnekant van die pulp is die kiem van lewe. Wel, dis hoe ons gemaak is. Ons is liggaam, siel, en gees. Die buitekant, die liggaam, die dop; die binnekant daarvan, die bewussyn, ensovoorts, is die siel; en die binnekant van die siel, is 'n gees. En die gees regeer al die ander.

Nou, as jy sal gaan sit wanneer jy by die huis kom, trek drie kringetjies. Jy sal uitvind dat die buiteliggaam vyf sintuie het waarmee dit gekontak word, en dit is sien, proe, voel, ruik, hoor. Dis die vyf sintuie wat die menslike liggaam beheer. Binne-in die liggaam is 'n siel, en daardie siel word beheer deur verbeelding, gewete, geheue, redes, en toegeneenthede. Dis die ding wat die siel beheer. Maar die gees, dit het net een sintuig. Die gees... O, laat ons dit kry. Die gees het een sintuig en daardie sintuig is, of domineer dit, is geloof of twyfel. Dis presies. En daar's net een weg daartoe, dis vrye morele agentskap. Jy kan twyfel aanvaar of jy kan geloof aanvaar, enige een waaraan jy wil werk. Daarom, Satan begin by die hoofdeel, om die gees van die mens te laat twyfel aan God se Woord. God begin by die hoofdeel, om Sy Woord in daardie gees te lê. Daar het julle dit. Dis wat dit doen.

As hierdie kerk reg nou saamgevoeg en saamgebind kon word sodat elke persoon in eenstemmigheid sou wees, met nie een skaduwee van twyfel êrens nie, sou daar nie 'n swak persoon in ons midde wees, binne nog vyf minute nie. Daar sou niemand hier wees wat die Heilige Gees begeer, behalwe wat Dit sou ontvang nie, as jy net daardie sekere ding kon regkry. Nou, daar is waar die stryd begin, reg in jou gedagte, of jy sal.

Onthou nou, dis nie Christen Wetenskap nie, nou, verstand oor materie nie. Dit het nie... Die verstand aanvaar die Lewe, wat die Woord van God is, en bring die Lewe daar. Slegs jou gedagte doen dit nie. Maar die Woord van God in die kanaal van jou gedagte ingebring. Sien? Dis nie die gedagte, soos Christen Wetenskap dit maak, verstand oor materie nie. Nee. Dis nie dit nie. Maar jou verstand aanvaar Dit. Dit snap Dit. Deur wat word jou verstand beheer? Jou gees. En jou gees vang die Woord van God en dis die ding wat Lewe Daarin het. Dit bring Lewe in jou in. O, broer! Wanneer dit plaasvind, wanneer Lewe in daardie kanaal afkom, in jou in, word die Woord van God in jou gemanifesteer. “As julle in My bly, en My Woorde in julle, vra dan wat julle wil en dit sal vir julle gedoen word.”

Dan wat doen dit? Vanuit die middel van die hart, wat die siel is, gaan daarvandaan uit, voed elke kanaal. Die probleem daarvan is, ons staan hier met baie twyfel, probeer aanvaar wat daar buite is. Jy moet dit stop; en kom in daardie kanaal af met die ware Woord van God, en dan gaan dit uit, self, outomaties. Dis wat aan die binnekant is. Dis die ding wat tel, is die binnekant. Satan se benadering is van die binnekant.

Nou, julle sê: “Ek steel nie. Ek drink nie. Ek doen nie hierdie dinge nie.” Dit het niks daarmee te doen nie. Sien, dis die binnekant. Maak nie saak hoe goed jy is, hoe moreel jy is, hoe waaragtig jy is nie, daardie dinge word gerespekteer. Maar Jesus het gesê: “Tensy 'n mens wedergebore word.” Sien? Daar moet iets binne gebeur. As jy dit nie doen nie, dis kunsmatige aansit, want in jou hart wil jy dit in elk geval doen. Dit kan nie kunsmatig wees nie. Dit moet werklik wees.

En daar's net een weg waar dit kan afkom, en dis by wyse van vrye morele agentskap, kom in die siel deur jou gedagtes. “Soos 'n mens in sy hart dink, so is hy.” “As jy vir hierdie berg sê: 'Beweeg,' en nie in jou hart twyfel nie, maar glo dat wat jy gesê het sal gebeur, kan jy kry wat jy gesê het.” Begryp julle dit? Daar het julle dit. Sien? Daar's die gevegsterreine. As jy dit net aan die gang sou kry, eers.

Ons is so angstig om dinge gedoen te sien. Ons is so angstig om iets vir God te doen. Hierdie dametjie is geen... angstig, sonder twyfel, angstig om te lewe. Sy wil gesond wees. Ander is hier, wil gesond wees. En wanneer ons hoor van daardie geval, soos die dokter, die opstanding van die dooies, die groot magtige dinge wat ons God gedoen het, dan is ons angstig. En die ding daarvan is, ons probeer uitreik deur hierdie sintuie, om iets hier vas te gryp, soos bewussyn.

Soveel mense, baiekeer, het die Woord verkeerd verstaan. En ek is misverstaan hierdeur, deur altaaroproepe te maak. Ek het gesê: “Ek was nie veel ingestel op 'n altaaroproep nie,” nie bedoelende dat jy nie 'n altaaroproep moet maak nie. Maar iemand kry iemand aan die arm, sê: “O, Broer John, weet jy wat? Ek en julle was bure al hierdie tyd. Kom hier na die altaar, kniel.” Wat doen hy? Wens ek het 'n swartbord hier gehad, ek kon julle wys wat hy doen. Hy probeer deur sy siel werk, op gevoelens. Dit werk nie. Dis nie die kanaal nie. Sekerlik, dit is nie.

Miskien werk hy in (die wat?) 'n herinnering, deur die sintuig van sy siel. “O, Broer John, jy het 'n wonderlike moeder gehad. Sy het 'n lang tyd gelede gesterf.” 'n Herinnering! Sien? Jy kan dit nie doen nie. Dit moet met die lyn van vrye morele agentskap kom. Jy, jyself, laat die Woord van God ... Jy kom nie omdat jou moeder 'n goeie vrou was nie. Jy kom nie omdat jy 'n goeie buurman is nie. Jy kom omdat God jou roep om te kom en jy aanvaar Hom op die basis van Sy Woord. Daardie Woord is wat alles beteken. Daardie Woord! As jy alles uit die pad kan kry, alle bewustheid, alle sintuie, en net die Woord laat inkom, sal daardie Woord net presies voortbring.

Hier, sien waarmee Dit bedek is? Jy sê: “Wel, nou,” jy sê: “wel, hierdie gewete en sintuie, ensovoorts, het niks daarmee te doen nie, Broer Branham?” Sekerlik, dit doen dit. Maar as jy die Woord laat inkom en Dit met bewustheid bedek, dan kan Dit nie groei nie; dit sal 'n misvormde woord wees. Het jy ooit 'n goeie koringkorrel in die grond geplant gesien en laat 'n stok daaroor val? Dit sal skeef groei. Enige wingerdstok, enigiets wat opgroei, sal, want iets het dit verhinder.

Wel, dis wat die probleem is met ons pinkstergeloof vandag. Ons laat teveel dinge Dit verhinder, die Geloof wat ons geleer is, die Heilige Gees wat in ons lewe. Ons het teveel dinge toegelaat, deur na iemand anders te kyk. En die duiwel probeer jou altyd wys op iemand se mislukking, maar hy probeer jou weghou van die ware getuienis wat eg is. Hy sal jou wys na 'n huigelaar, een of ander tyd, wat uitgegaan het om iets na te boots. Hy het dit nie gedoen nie, want hy het nageboots. Maar as dit kom van die ware bron van die Woord van God: “Hemele en aarde sal verbygaan, maar My Woord kan nie verbygaan nie,” Dit moet daar bly. Sien jy dit, sus?

Dit moet aanvaar word in die verstand, dan word Dit met die hart geglo. Dan word die Woord van God 'n werklikheid, dan word elke sintuie van siel en liggaam net uitgeskuur met die Heilige Gees. Dan vloei jou sintuig van God, jou bewustheid van God, alles wat goddelik is, deur jou. Daar's nie 'n twyfel êrens nie. Daar's niks wat kan opstaan nie. Daar's niks wat in die geheue kan opkom nie, en sê: “Wel, ek onthou Mejuffrou Jones het God probeer vertrou, en Mejuffrou So-en-so. Mejuffrou Doe het eenkeer probeer om God te vertrou vir genesing en sy het gefaal.” Sien? Maar as daardie kanaal skoongemaak en gereinig is, en aan die binnekant gevul is met die Heilige Gees, dan kom dit nie eens in herinnering nie, maak nie saak van Mejuffrou Jones en wat sy gedoen het nie. Dis jy en God saam en niemand anders behalwe julle twee nie. Daar het julle dit. Daar's jou stryd. Maak hom dood aan die begin. Stop hom dood in sy spoor. Dit is nie hoe lank jy die oorlog kan laat vertoef nie. Dis, stop dit sommer nou!

Lees die volledige rekening in...
Die grootste stryd ooit geveg.


  Die Skrif sê...

Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

Deuteronomium 30:19


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

 

Huwelik En
Egskeiding.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.

(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.