Die Uiterste.

<< vorige

volgende >>

  Lewende woord reeks.

Die Uiterste.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Christus Word Geopenbaar in Sy Eie Woord.

Nou ek gaan praat oor hierdie onderwerp van: Christus Word Geopenbaar In Sy Eie Woord. Hoe, in die Saligsprekinge, daar staan 'n prent van Christus, wat duidelik uitstaan, soortvan. Dis waar ek aan hierdie onderwerp gedink het.

Nou, Christus en die Woord is dieselfde. Sien?

Hulle sê: “Hoe was die Bybel....?” Mense sê. Ek het saam met 'n man gery nie lank gelede nie. Hy het gesê: “Dink daaraan. Ons hier op hierdie aarde, die manier wat ons is, en ons weet net of kan net sê dat ons gered is deur 'n sekere Joodse fabel genaamd die Bybel.” Ek het gesê: “Meneer, ek weet nie hoe jy dit sê nie, maar ek glo nie dis 'n Joodse fabel nie,” het ek gesê. Hy het gesê: “Wel, jy bid, tot wat bid jy? Ek het gevra vir dié en daai en sekere dinge; ek het dit nie gekry nie.”

Ek het gesê: “Jy bid verkeerd. Ons behoort nooit te bid om God se gedagte te verander nie; ons behoort te bid dat ons gedagte verander. God se gedagte het nie verandering nodig nie. Sien? Sien, dis reg.” Ek het gesê: “Nie waarvoor jy gebid het nie....” Ek het 'n jong Katolieke seun geken, eenkeer, het 'n gebedsboek gehad, gebede opgesê, en vir sy moeder om te lewe. En sy het gesterf, en hy het die gebedsboek in die vuur gegooi. Wel, sien, ek gaan nie vir die gebedsboek nie; maar, in elk geval, sien, jy neem die verkeerde houding in. Jy probeer vir God vertel wat om te doen. Gebed behoort te wees: “Here, verander my om U Woord te pas.” Nie: “Verander,” nie, “laat my U gedagte verander. ”Verander U my gedagte.“ Sien? ”Verander U my gedagtes na U wil. En U wil is hier geskrywe in die Boek. En, Here, moenie my laat gaan totdat U my gedagte ingestel het net soos U gedagte is nie. En dan wanneer my gedagte ingestel is soos U gedagte, dan sal ek elke Woord wat U geskryf het glo. En U het gesê, hierin, dat U alles sou laat meewerk ten goede vir hulle wat U liefhet. En ek het U lief, Here. Dit werk alles saam ten goede.“

-----
Let nou op, ons kom terug, ons moet iets hê waaraan ons moet vashou. Iets moet 'n ankerpunt wees, met ander woorde, dis 'n uiteinde. En elkeen moet 'n uiteinde of 'n absoluut hê. Ek het eenkeer daaroor gepreek, jare gelede, oor 'n absoluut, 'n plek wat die laaste woord is. Soos die skeidsregter by 'n bofbalwedstryd, as hy sê dis 'n hou, dis net presies wat dit is. Maak nie saak hoe jy dit gesien het nie, die skeidsregter het gesê dis 'n hou. Jy het gesê: “Ek.... Dit was nie 'n hou nie. Dit het gegaan.... Ek het gesien die....” Maak nie saak wat dit is nie, toe hy het gesê: “hou,” dis dit, dit handel dit af. Hy, hy is die uiterste. En die verkeerslig is 'n uiterste, as dit sê: “gaan.” Jy sê: “Wel, ek, ek's haastig, ek het....” Nee, nee. Dit sê: “Jy staan stil terwyl die ander mens gaan.” Sien? Dis die uiterste.

Nou, daar moet 'n maksimum wees vir alles wat jy doen. Daar moes 'n uiterste gewees het toe jy jou vrou gekies het. Daar moes 'n vrou wees wat jy moes uitkies. Nou, daar moet 'n tyd wees, wanneer jy 'n motor gaan koop, watter soort van besluit jy gaan maak. Sal dit wees Ford, Chevy, Plymouth, buitelandse motor, wat dit ook al is, jy moet 'n finale besluit hê. En so is dit met Christelike lewe. Daar moet 'n finaliteit wees.

-----
Wel, elke denominasie is 'n uiterste vir hulle gelowiges. Maar, vir my, en vir diegene wat ek hoop dat ek na Christus lei, en deur Christus, is die Bybel ons uiterste. Maak nie saak.... Want, God het gesê: “Laat elke mens se woord 'n leuen wees, en Myne Waarheid.” En ek glo dat die Bybel is God se uiterste. Maak nie saak wat enigiemand anders sê nie; Dis die uiterste. Die Bybel is nie 'n boek van stelsels nie. Nee, meneer. Dit is nie 'n boek van stelsels, of sedewette nie. Die Bybel is nie 'n boek van stelsels, soveel stelsels, ensovoorts nie. Nee, meneer. Dit is nie 'n boek van sedes nie. Nee, meneer. Dit is nie. Dit is ook nie 'n boek van die geskiedenis nie, altesaam. Of, Dit is ook nie 'n teologieboek nie. Want, Dit is die openbaring van Jesus Christus. Nou as julle dit wil lees, julle wat julle papiere het, en dit afmerk, dis Openbaring 1:1 tot 3, soos, die Bybel is “die Openbaring van Jesus Christus.”

-----
Nou let op hierdie Bybel. Party van hulle het gesê: “O, wel, Dit het dit gedoen, Dit het dat gedoen.” Maar laat ek julle iets vertel, laat ons net.... Laat ons gaan in die geskiedenis van die Bybel, net 'n oomblik, kyk waarvandaan Dit kom. Dit is geskryf deur veertig verskillende skrywers. Veertig mans het die Bybel geskryf, oor 'n tydperk van sestienhonderd jaar uitmekaar, en op verskillende tye, voorspel die belangrikste gebeurtenisse wat ooit in die wêreld se geskiedenis gebeur het, en, baiekeer, honderde jare voor dit gebeur het. En daar is nie een fout in die hele ses-en-sestig Boeke nie. O, goeiste! Geen outeur behalwe God Self kan so akkuraat wees nie. Nie een Woord weerspreek die ander nie. Onthou, sestienhonderd jaar uitmekaar, is die Bybel geskryf, van Moses tot die dood van Johannes by die eiland, of die Eiland van Patmos. Sestienhonderd jaar, en was geskryf deur veertig verskillende skrywers; een het nie eens die ander een geken nie, en hulle het Dit nooit as “die Woord”gehad nie. Party van hulle het nooit eers “die Woord” gesien nie. Maar toe hulle Dit geskryf het, en was verstaan as profete, toe, toe hulle hulle profesië bymekaar sit, elkeen van hulle het presies ingepas by die ander.

-----
Nou, sê byvoorbeeld, van.... Wat as ons nou gegaan het en ses-en-sestig mediese boeke sou neem wat handel oor die liggaam, geskryf deur veertig verskillende mediese skole, 'n honderd-en-sestien ... of sestienhonderd jaar uitmekaar? Wonder watter soort kontinuïteit ons vorendag mee sou kom?
Nee, daar's geen kontinuïteit daaraan nie.

Maar nie een Woord in die Bybel weerspreek die ander nie. Nie een profeet het ooit die ander een weerspreek nie. Hulle was, elkeen, perfek. En wanneer een ingekom het en geprofeteer het, en daardie ware profeet opgestaan het en hom bevraagteken het, dan was dit gemanifesteer. Sien? Sien? So die Bybel is die Woord van God, aan alle ware gelowiges.

-----
En hulle gaan uitvind, eendag, dat hulle nie 'n honderd-en-vyftig miljoen ligjare in die ruimte sien nie. Hulle gaan reg om in 'n sirkel. Dis presies. Julle gaan uitvind, een van hierdie dae, dat wanneer julle Hemel toe gaan, vlieg julle nie iewers anders heen nie. Jy's steeds net hier, ook, net in 'n ander dimensie vinniger as hierdie. Reg deur hierdie kamer kom kleur. Elke kleur, hemp, rok, wat ook al jy aan het, is Ewig, lê reg op rekords, en gaan om en om die wêreld. Elke keer as jy jou oë knip, is dit reg op rekord. Kyk, televisie sal dit bewys.

-----
Nou let op, en daar is nie enige fout in die Skrifte nie. Jesus, die Woord van God, onderskei die gedagte wat in die hart is. “Die Woord van God is sterker, skerper,” Hebreërs 4:12. “Die Woord van God is skerper, kragtiger as 'n tweesnydende swaard, selfs 'n onderskeier van die gedagtes en voorneme van die verstand.” Sien? Gaan ver af in die verstand, en haal uit, en onderskei. Wat is onderskei? “Bekend maak, openbaar maak.” En dis wat die Woord van God doen. Vandag sê ons: “Die Katolieke kerk is die Woord van God; die Baptiste, die Metodiste, die Pinkster, die tabernakel.” Dis verkeerd. Die Woord is die openbaring; God, geopenbaar deur die Woord.

-----
So perfek, die Woord van God is so perfek, selfs tot die Ou en Nuwe Testament, is twee helftes en een hele. Dis reg. Ou Testament is die helfte Daarvan, en Nuwe Testament is die helfte Daarvan; sit Dit bymekaar, jy het die hele openbaring van Jesus Christus. Daar is die profete wat praat, en hier is Hy Persoonlik; sien, twee helftes en een hele. Nou ons wil nie te veel neem....

Nou, onthou, die Ou Testament is nie volledig sonder die Nuwe nie. En die Nuwe kan nie volledig wees sonder die Oue nie. Dis die rede waarom ek gesê het twee helftes, een hele. Want, die profete het gesê: “Hy sal hier wees! Hy sal hier wees! Hy sal hier wees; hulle sal dit aan Hom doen. Hulle sal dit aan Hom doen!” En hier is Hy: “Hy was hier! Hy was hier, en hulle het dit aan Hom gedoen, en hulle het dat aan Hom gedoen.” Ek het daaroor gepreek 'n paar aande gelede.

Nou, om die Skrif te kan bestudeer, het Paulus vir Timótheüs gesê: “Bestudeer Dit, en teregterlik skei die Woord van God, wat die Waarheid is.” Hulle is drie moets in die Skrif. In die gebruik van God se Woord, is daar drie dinge wat jy nie moet doen nie. Nou laat ons daardie vir die volgende tien minute bestudeer; drie dinge wat jy nie moet doen nie. En almal in die land, waar jy ook al is, regoor die nasie, wees seker dat julle hierdie neerskryf in julle gedagtes as julle nie 'n potlood het nie. Julle moenie hierdie dinge doen nie. Ons vertel julle die hele tyd hoe julle moet doen, nou gaan ek julle sê wat julle nie moet doen nie. Nou, jy moet die Woord nie verkeerd interpreteer nie. Jy sê: “Wel, ek glo Dit beteken dit.” Dit beteken net wat Dit sê. Dit het geen interpreteerder nodig nie. En jy moet die Woord nie misplaas nie. En jy moet die Woord nie uit verband ruk nie. En as ons enige van hierdie doen, dit gooi die hele Bybel in 'n verwarring en 'n chaos.

Let op. Om Jesus verkeerd te interpreteer, in die vorm van God in 'n mens, sou jy Hom een God uit drie maak. Om Jesus Christus as die Woord verkeerd te interpreteer, sou jy Hom een God uit drie maak, of jy sou Hom die tweede Persoon in 'n Godheid maak. En om dit te doen, sou jy die hele Skrif deurmekaar krap. Jy sal nooit êrens kom nie. So Dit moet nie verkeerd interpreteer word nie. En as jy sê dat 'n sekere ding, jy koppel 'n interpretasie Daaraan, en jy maak Dit van toepassing op 'n ander tyd; of Dit word toegepas op 'n ander tyd, maak jy ook 'n verkeerde interpretasie.

-----
Hierdie drie moets moet wees. Moet nie verkeerd interpreteer nie, of Dit verkeerd hanteer nie, Dit verkeerd interpreteer nie, of mis-... of Dit ontwrig nie. Dit moet gehou word presies soos God gesê het dit was. Vir die wêreld, is Dit 'n Boek van verborgenheid. Die mense glo Dis net 'n geheimsinnige Boek. Eenkeer het ek gepraat met 'n baie beroemde man hier in die stad, wat 'n groot posisie van Christelikheid beklee, en hy het gesê: “Ek het probeer die Boek van Openbaring lees een aand.” Het gesê: “Johannes moes 'n groot porsie rooi rissies gehad en 'n nagmerrie gehad het.”

Sien, 'n Boek van verborgenheid.

Maar, terwyl aan die ware gelowige, Dis die openbaring van God geopenbaar in die eeu waarin ons lewe. Hy het gesê: “My Woorde is Gees en Lewe.” Jesus het dit gesê. Weer: “Die Woord is 'n Saad wat 'n saaier gesaai het.” Ons weet dat dit waar is. Dis God in Woord vorm, en kan net deur Homself geïnterpreteer word. Die menslike verstand is nie instaat om die verstand van God te interpreteer nie. Hoe kan die klein beperkte verstand die oneindige Verstand interpreteer, wanneer ons nie eens mekaar se verstand kan interpreteer nie? En julle let op, Hy is die enigste Een wat Dit kan interpreteer, en Hy interpreteer Dit aan wie Hy wil. Dit het nie gesê: “Mense van ouds, soos hulle oor die aarde geloop het in ou tye en op baie maniere nie.” “God, in ou tye en op baie maniere het Homself geopenbaar aan Sy profete.” Sien?

Lees die volledige rekening in...
Christus Word Geopenbaar in Sy Eie Woord.


  Die Skrif sê...

Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun

wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Hebreërs 1:1-2



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Om Jesus verkeerd
te interpreteer,
in die vorm
van God in 'n mens,
sou jy Hom
een God uit
drie maak.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

(PDFs)

Hoofstuk 14
- Sabino Canyon

(PDF) Waar die swaard
verskyn het.

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)