Jehovah-Jireh #1.

<< vorige

volgende >>

  Verborgenheid van Christus reeks.

Abraham se Saad.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Jehovah-Jireh #1.

Génesis 22:14,
En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.

Laat ons nou teruggaan na Génesis 12. God het Abraham geroep deur genade. Nie omdat hy 'n ander persoon was nie; hy was net Abraham, net 'n gewone man. Nie omdat hy 'n priester was of 'n hooggeplaaste nie; hy was net 'n boer. Hy het van uit die stad van die Babilon Toring, met sy vader, en hulle het na Chaldeërs gegaan, Ur van Chaldeërs. En, daar, was 'n boer, miskien in die dag geboer om kos te voorsien. Hy het met sy halfsuster, Sara getrou. En hulle het geen kinders gehad nie, en Abraham was vyf-en-sewentig jaar oud toe God hom geroep het, en Sara was vyf-en-sestig jaar oud.

En God het vir Abraham gesê toe Hy hom geroep het, Hy het gesê, “Ek gaan jou 'n vader van nasies maak,” en gaan hom 'n baba gee by Sara. Nou, hy was steriel. En sy was, wel, vyf-en-sestig, sy was tien of vyftien jaar verby menopouse. Hy het met haar saamgelewe vandat sy omtrent sestien of agtien jaar oud was, sy halfsuster. En, hulle, hy was 'n man vir haar al hierdie jare totdat hy vyf-en-sewentig was, en sy was vyfsestig, en toe daal God neer en sê, “Ek gaan jou 'n baba gee deur haar.” En hy het nie getwyfel aan die belofte van God nie, maar het dit geglo!

Kan julle julle voorstel 'n ou man, vyf-en-sewentig jaar oud, en 'n vrou, vyf-ensestig, gaan af, bewe, na die dokter, en sê, “Dokter, ek wil hê jy moet die hospitaal nou gereed kry. Ons mag jou enige tyd roep in die nag, want, jy weet, ons gaan 'n baba kry”?
Die dokter sou sê, “Ja, ja, meneer, jy's... Uh, uh, uh!” Sodra hulle die telefoon gebruik, sê, “Beter agter hom aangaan, daar is iets verkeerd.”
En almal wat God op Sy belofte neem is “kranksinnig” geag, deur die wêreld. Paulus het gesê, “In die weg wat 'kettery,' genoem word, dis hoe ek die God van ons vaders aanbid.” Kettery is “mal,” weet ons. Dis dwaasheid vir die vleeslike verstand. Geloof is malligheid vir almal behalwe God en die een wat die geloof het. Dis reg.

Maar God het Abraham belowe, en Abraham het dit geglo. Hy het nooit gesê, “God, hoe sal dit wees?” Hy het gesê, “Goed, God, ek glo dit.” En ek kan hom sien huis toe gaan, sê, “Sara, laat ons afgaan en vir ons 'n paar meter voël-ogie materiaal kry, en kry vir ons spelde, en kry vir ons 'n paar sokkies. Ons gaan 'n baba hê.” O, goeiste!

----
Abraham se Saad vandag, wel, wat ons noem Abraham se Saad, is swakker as 'n sop wat gemaak is van 'n skaduwee van 'n hoender wat van honger dood is. Ja, meneer. God wil ruwe Christene hê wat God se Woord neem, lewe of sterwe. Dis dieselfde ding. Amen. “God het so gesê!” Dis Abraham se Saad, gebore uit die Gees en die Woord van God. Dis wat staan.

“Hemele en aarde sal verbygaan, maar My Woord sal nooit verbygaan nie.” Dis dit. Wat God belowe het, God is in staat om te doen. God faal nie. Hy kan nie faal nie. Daar's een ding wat God nie kan doen nie, en dit is faal. Hy kan nie faal nie, dis die enigste ding wat Hy nie kan doen nie. Maar Hy kan nie faal nie. Wanneer God dit belowe het, dis die Waarheid. Dis vir ewig daar. Dis heeltemal vir altyd afgehandel. Wanneer God 'n Woord spreek, dis alreeds afgehandel.

-----
Ek voel godsdienstig wanneer ek dink oor Abraham, in die wete dat ons sy Saad kan wees, die Saad van Abraham met al hierdie beloftes. Nie net om dit seker te maak nie, God het Sy hand opgehou, by Homself gesweer, dat Hy dit sou doen. Die eed is, altyd, die verbond word bevestig deur 'n eed, en God het by Homself gesweer, want daar's geen hoër om by te sweer nie. Hy het by Hom self gesweer, dat Hy dit sou doen.

Nou wat die wêreld, hoe, wat-wat is die probleem met ons? So 'n belofte soos daardie! 'n Geloof gebou rondom iets soos daardie, 'n geloof gebou! 'n Woord wat hierdie dinge belowe het in die laaste dae, en hier sien ons hulle gebeur reg voor ons, en steeds dwaal ons rond. Abraham se Saad? O, goeiste! Ek wil daaraan vashou, “Abraham se Saad.”

Génesis 12, wat God vereis het van Abraham was 'n volkome skeiding. Nou, vandag, wil hulle mengers hê. “O, wanneer ons 'n pastoor kies, moet hy krulhare hê, en reg uit Hollywood, julle weet, en kan ‘a-men’ so mooi sê, en dra die modernste klere, en bestuur 'n super-duper Cadillac, ensovoorts, hy is baie sosiaal. Hy doen dit. En hy sal 'n klein drankie eenmaal saam met ons drink, om sosiaal te wees. Hy kom na die ou dames se kaartpartytjie, en hulle stik en doen naaldwerk, en doen naaldwerk en stik, en praat van Mejuffrou So-en-so, ensovoorts, julle weet, en alles soos dit. En hulle moet daardie soort van 'n menger wees.”

God het gesê, “Sonder vir My Paulus en Barnabas af!” Amen. Skeiding! “Kom uit onder hulle en wees nie deelgenote van hulle onrein dinge nie!” God wil skeiding, totale uitwissing van sonde hê. Skei! Dis wat die probleem vandag is, rede waarom ons nie Abraham se Saad kan wees nie, ons kan nie onsself afsonder van doktrines en belydenisse, ensovoorts, so genaamde Christendom, vir die lewende Woord nie. Sonder jouself af van jou ongeloof, en glo God se Woord. God sal Dit vir jou laat manifesteer. Reg. Génesis 12, God het gesê, “Sonder jouself af van al jou familie en van alles rondom jou.”

----
Nadat Abraham homself afgesonder het van Lot, net presies wat God vir hom gesê het om te doen. “Sonder af elke sonde wat ons so maklik omring, neem alles uit!” Daar, toe het God gesê, “Abraham, nou is jy erfgenaam van alles. Kyk oos, kyk wes, kyk noord, kyk suid, loop deur die land, dis alles joune!” Amen.

Jy sonder jou ding af, jouself van sonde, ongeloof. Daar's net een sonde, en dis ongeloof. Owerspel pleeg is nie 'n sonde nie, om te drink is nie 'n sonde nie, leuens vertel is nie 'n sonde nie; dis die eienskappe van ongeloof. As jy geglo het, sou jy nie daardie dinge doen nie. Sekerlik. Jesus het gesê in Johannes 5:24, “Hy wat My Woorde hoor en glo in Hom wat My gestuur het, het Ewige Lewe,” daardie Zoe, Heilige Gees, omdat hy geglo het. Korrek. Nou, totdat jy Dit ontvang het, is jy 'n skyngelowige, dit is in daardie groep. Maar toe hulle werklik glo, hulleself skei, en wanneer jy jouself afsonder van al jou ongeloof, en God glo, stap uit beslis, gehoorsaam die Gebooie, doen enigiets wat reg is, dan sal God sê, “Elke belofte in die Boek is joune.” Amen. “Alles is joune! Draai na Dit, van Génesis tot Openbaring, dis alles joune!” Amen. “As julle in My bly en My Woord in julle, kan julle vra wat julle wil, so sal dit wees.” Wat? Jy moet jouself afsonder, eers, van jou ongeloof.

Jy sê, “Broer Branham, jy maak dit baie naby.” Jesus het gesê, “In die dae van Noag was daar agt gered. Soos dit was in die dae van Noag, so sal dit wees in die koms van die Seun van die mens.”
“Hoeveel is dit, Broer Branham?” Dit mag agtduisend wees, mag agt miljoen wees, ek weet nie wat dit is nie. Maar dit gaan in die minderheid wees. Een uit elke honderdduisend, of iets soos dit, sou ek sê. Goed.

----
Abraham het geweet dat alles aan hom behoort, so daarom toe Lot ingekom het, het hy gesê, “Nou wag 'n oomblik.” Lot was deur die vyand met wrede hande weggevat. Hy het gesê, “Dis my broer, en Ek sal agter hom aangaan.” Nou onthou, daar was omtrent sewe of agt konings wat daar saamgegaan het, en afgekom en alles geneem en uitgevee het. En toe hulle uitgegaan het, het Abraham sy diensknegte geneem en agter hom aangegaan, om sy verlore broer terug te bring. Dis ware Christelikheid, het agter sy verlore broer aangegaan! Wat het hy gedoen toe hy hom gekry het? Hy het die konings gedood; en teruggekeer, sy broer saamgebring, na die geveg.

Kyk, daar was een Koning wat uitgekom het om hom te ontmoet, toe hy terugkom, Melgisedek. Melgisédek, wat was Hy? Hy het geen vader gehad nie, Hy het geen moeder gehad nie. Hy is nooit gebore nie, Hy sal nooit sterf nie. Sonder vader, sonder moeder, sonder begin van dae of lewenseinde. (Dit was nie die Seun van God nie; want Hy het 'n vader en moeder, beide gebore en gesterf het, en weer opgestaan het.) Maar hierdie Man het nooit 'n vader of moeder gehad nie, Hy's God! Sekerlik, Dis die enigste Ding wat Ewig is.

En Hy het Abraham ontmoet nadat die geveg verby was, wys dit vir Abraham se Saad; nadat ons agter ons gevalle broer aangegaan het, en die stryd verby is. Wat het Melgisédek bedien? Wyn en brood, die nagmaal. Amen. Wanneer die geveg verby is, broer! Kom terug, bring sy verlore broer terug huis toe, herstel hom terug. En toe die geveg oor was, het Melgisedek hom ontmoet en het hom nagmaal bedien. Jesus het gesê, “Ek sal nie eet of drink van die vrug van die wynstok nie totdat Ek dit opnuut sal eet saam met julle in My Vader se Koninkryk.” Ja, meneer. Nou was die geveg oor, Abraham het teruggekom, die 14de hoofstuk; en die Oorwinnaar het hom ontmoet, toe hy ingekom het met die Oorwinnaar.

----
'n Oomblik, broers, op Pinkster. Toe hulle in die bovertrek was... As julle ooit daar was en 'n ware diagram gesien het, die manier hoe dit geteken was, hulle het om 'n trap gegaan aan die buitekant en het opgegaan na die bokamer. Hulle het klein olyf olie kerse gehad wat gebrand het. Hulle was daarbo vir tien dae en nagte, met al die deure gesluit. “En skielik was daar 'n geluid uit die Hemel soos 'n magtige rukwind, Dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Gesplete vuurtonge, gevurkte tonge van vuur, het op elkeen gaan sit. Hulle was almal gevul met die Heilige Gees, het uitgehardloop in die voorhof, het met vreemde tale gepraat.”

Let op, wat was hierdie gevurkte Vuur? Dit was die Vuurkolom, die Heilige Gees, God, die Engel wat hulle deur die woestyn gelei het, die Een wat voor hulle gemanifesteer is. God het Homself geskei en het Homself verdeel tussen die mense, die Heilige Gees, en saam is ons die Kerk van die lewende God. 'n Verbond! “Abraham en sy Saad na hom, die koninklike Saad.” Die einste Lewe wat in Christus was, in die Kerk, doen dieselfde werke wat Christus gedoen het. Amen. Wat 'n wonderlike ding, vriende!

----
Vader God, spreek tot harte vanaand hier. U weet die bedoeling hiervan. U weet Vader, daar moet 'n tyd kom dat iets gedoen moet word. Ons sien die toestand, en die trant word al erger. En ons besef dat die Pinksterkerk eeu, in die laaste dae, is die Laodicese Kerkeeu, die enigste een wat Christus uit die Kerk gesit het, staan, klop probeer om weer in te kom. O God, wees genadig.

----
En, O God, dis 'n kranksinnige tyd. Dis 'n neurotiese tyd. Dis 'n tyd wanneer die mens nie wil stilstaan en luister nie, en self ondersoek instel nie. En onder emosies, ensovoorts, maak hulle nog steeds aanspraak om Abraham se saad te wees. God, hoe U gesê het dat, die geeste so naby sou wees in die laaste dae, met nabootsings, dat dit amper die uitverkorenes sal mislei, as dit moontlik sou wees. En hier is dit. God, moenie laat hierdie mense, moenie dat een dit doen nie. Asseblief, Vader. Ek bid vir hulle, elkeen. In die Naam van die Here Jesus, gun dit.

Lees die volledige rekening in...
Jehovah-Jireh #1.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

(PDFs)

Huwelik en
Egskeiding.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee

en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.

Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

Romans 4:20-22



 


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.