Dors.

<< vorige

volgende >>

  Lewende woord reeks.

Dors.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Dors.

Nou die woord waarvan ek vanaand wil praat, een woord uit die Bybel, en dit word gevind in die 2de vers: “dors,” die woord: Dors. Ek het in die woordeboek gekyk toe ek hierdie woord opgesoek het. Ek het gedink aan 'n preek eenkeer, ek het gepreek oor Dorstig Na die Lewe. En ek het dit uit die Psalms geneem, ook, toe Dawid gesê het: “U wet,” glo ek, “is vir my kosbaarder as lewe.” Toe het ek gekyk en gedink aan daardie woord “dors,” so ek het dit opgekyk in die woordeboek, om te sien wat dit beteken. En hier is wat Webster sê: “Dis 'n pynlike begeerte,” 'n pynlike, wanneer jy iets so graag wil hê totdat dit vir jou pynlik word.

Nou, dis nie 'n onnatuurlike ding nie, om dors te wees. Dors is 'n natuurlike ding. Dis net eenvoudig iets wat God ons gegee het, wat ons kan, om ons 'n begeerte vir iets te gee. Soms het God, ook, jou 'n beheertoring gegee, iets wat binne-in jou sit, wat hierdie verskillende begeertes beheer. En hierdie dors, hierdie beheertoring wat in 'n man se hart sit, is iets wat God hom gegee het om hom te waarsku oor die begeertes wat nodig is vir hom.

Nou daar is twee verskillende soorte dors. Daar is 'n dors, fisies. En daar is 'n dors, ook, geestelik. Ek wil dit graag weer lees, wat Dawid gesê het.
My siel dors na God, na die lewende God,...
Nie een of ander historiese, of iets wat gebeur het 'n paar jaar gelede, of 'n storie wat iemand vertel het nie; maar: “vir die lewende God,” 'n God wat altyd teenwoordig is. En sy siel het gesmag na daardie God, nie na een of ander historiese iets nie.

Nou ons vind, God gee die beheertoring vir jou, om vir jou die dinge te gee wat jy nodig het. Nou, die beheertoring in jou is wat jou wys. En hierdie dors werk in op hierdie beh-... toring, beheertoring, en vertel jou wat jy nodig het, geestelik gesproke. Die beheertoring in die liggaam, en in die siel, ook. Daar is 'n beheertoring in die liggaam, wat jou vertel die behoefte wat jy benodig in jou liggaam, en dit word deur dors na jou gebring. Ook, daar is 'n beheertoring in jou siel, wat jou die geestelike dinge vertel wat jy nodig het, iets in jou gees, en, en jy kan sê watter soort lewe jou beheer daardeur. Wanneer jy kan sien wat jou begeertes is, dan kan jy sê, daardeur, watter soort van iets wat in jou is, wat hierdie begeerte skep wat jy het. Kyk, daar is 'n sekere ding waarna jy smag, en dit kan jou in jou siel sê wat hierdie begeerte is, deur die soort van die dors wat jy het. Ek hoop dat julle dit kan verstaan.

Daar is 'n beheertoring van die siel, en een vir die liggaam, en elke toring waarsku oor die behoeftes van die ander. Elkeen roep na die behoefte waarvoor die oproeper roep, dit stuur 'n golf van waarskuwing uit.
Byvoorbeeld, die vlees smag om die begeertes wat in die liggaam is, te bevredig, en die gees begeer vir die dinge wat in die siel is, begeertes, en baiekeer baklei die een teen die ander. Ons vind daar, wat 'n groot probleem vandag is, is dat te veel mense probeer lewe tussen daardie twee begeertes. Want, een van hulle begeer die dinge van die aarde, die ander begeer die dinge van die Hemel.

Soos Paulus gesê het, beskryf soos in Romeine 7:21: “Wanneer ek goed doen, dan is kwaad naby.” Wanneer jy probeer, het julle dit ooit ondervind, Christene? Dat wanneer jy iets probeer doen wat die moeite werd is, om 'n poging aan te wend om iets te doen wat goed is, dan vind jy dat die duiwel is daar, om elke hoek en draai, net om jou te ontstel, alles wat jy sou... En dis een goeie ding, dit. Ek wil dit graag sê, dat die Christene kan weet. Dat wanneer jy—wanneer jy iets begin doen, en daar is iets wat jou altyd probeer ontstel om dit te doen, doen dit in elk geval. Dis die duiwel daar, wat probeer om jou te weerhou om te doen wat reg is.

Nou, baiekeer, ontmoet ek mense wat geneig is om 'n bietjie senuweeagtig te wees. Wanneer hulle uitvind dat hulle iets probeer doen, en alles blokkeer dit net aan beide kante, sê hulle: “Dit was dalk nie die wil van die Here nie.” Sien? Nou moenie dat die duiwel so vir jou lieg nie.
Die eerste ding, is om uit te vind of dit die wil van God is, of nie. En dan as jy wil weet of dit die wil van God is, kyk in die Bybel. Dit is die ding wat jou reg wys, is die Woord van God; en dan as jy sien dis in die Woord van God, vir jou om dit te doen.

Soos, byvoorbeeld, soek na die doop van die Heilige Gees. Baiekeer het ek mense raakgeloop, gesê: “Wel, ek het gesoek na die Heilige Gees, en ek kon Dit net nie ontvang nie. Ek glo nie Dis vir my nie. Elke keer as ek af is, word ek siek. En ek begin bid, as ek vas, word ek siek. En as ek probeer op bly die hele nag, ek is op, dan raak ek so vaak. Ek kan nie van my voete af kom nie.” Onthou, dit is die duiwel. Want, God bestem vir jou om die Heilige Gees te hê. Dis vir wie ookal wil.

Baiekeer vind jy, wanneer jy voor gebid word, in 'n byeenkoms, vir Goddelike genesing, dan vind jy die volgende dag uit, sonder twyfel, dat die duiwel dit twee keer so sleg sal maak as wat dit die vorige dag was. Sien? Onthou, dis net Satan wat jou probeer wegkry van die seëning wat God vir jou het. Sien? Julle moenie luister na daardie ou nie. Sien? Hou altyd reguit aan.

-----
Nou sal ons van die natuurlike neem. Dors is eerste. Laat ons neem, byvoorbeeld, dors wees vir water. Soos Dawid hier gesê het, dors na, “die water.” Dors na water, die liggaam het water nodig. En as jy nie daardie dors voorsien nie, sal jy vergaan. Jy sal dehidreer, en jy sal nie lewe nie. As jy nie water vir daardie dors kan kry nie, om daardie dors van die natuurlike liggaam te les nie sal jy spoedig vergaan. Jy sal nie lank lewe nie. Jy kan langer sonder kos lewe as wat jy kan sonder water. Want, jy kan vir veertig dae vas (Jesus het), ek veronderstel, sonder kos, maar jy kan nie so lank sonder water klaarkom nie. Jy sou net eenvoudig opdroog en sterf. Jy moet water hê. En die dors wat jy kry, wel, dis om te wys dat die liggaam iets nodig het, om dit lewendig te hou. Die liggaam moet die water hê, om aan die lewe te bly. Jy is iets in die tagtig persent water en petroleum, in elk geval, en jy moet hierdie bronne inneem, om jou aan die lewe te hou. Soos ek gesê het, as jy dit nalaat sal jy vergaan.

Die dors is ook 'n alarm. Dis 'n alarm, daardie dorstigheid. Die siel laat 'n alarm afgaan, 'n klein gonser in jou binneste wat jou vertel dat die dood naby is. Dat, as jy nie binnekort water kry nie, sal jy sterf. En dit word al hoe harder, totdat jy dit aanhoudend uitstel en jy sal sterf, want dis 'n alarm.

-----
Nou daar is 'n groot les daar, sien, en Dawid wat hier sê: “Soos die hert smag na waterstroom, smag my siel na U, O God.”
Nou daardie takbok weet, tensy hy water kry is hy dood. Hy kan nie lewe nie. Ek het baiekeer spoor gesny nadat hulle gewond is. Wanneer hy 'n stroom water tref, sal hy oorsteek en drink, opgaan oor die heuwel; terugkom, kruis, water drink en opgaan. Jy sal hom nooit inhaal nie, solank hy daardie stroom volg. Maar wanneer hy weggaan van die stroom, as hy nie nog 'n waterstroom iewers kan kry nie, sal jy hom dadelik vang. En nou die takbok weet dit, so hy sal reg by die water bly, waar hy baie vinnig daarby kan uitkom. Nou kan julle julle 'n takbok voorstel met sy neus op, hy is iewers gevang waar daar geen water is nie?

En hy sê: “Soos die hert dors of smag (is 'n dors) na waterstrome, smag my siel na U, O God. Tensy ek U kan vind, Here, sal ek vergaan. Ek kan nie gaan tensy ek U vind nie! En wanneer 'n man of vrou, seun of dogter, daardie soort dors na God kry, gaan hy iets vind. Sien?
Maar wanneer ons daarby kom, net soort van halfpad: “Wel, ek sal neerkniel en sien wat die Here doen.” Sien, jy is nog nie regtig dors nie. Dit moet 'n dors wees tussen dood en Lewe, en dan vind iets plaas.

Die takbok, hier is hy... Ons vind dat hy ook 'n ander sintuig het, van reuk, wat 'n alarm in hom laat afgaan wanneer sy vyand naby is. Hy het, hierdie klein skepsel, met 'n sintuig om homself te beskerm. En hy het 'n klein alarm in hom, 'n ietsie, wat sy neus kielie wanneer die vyand naby is. Jy kan in die reuk van die vyand kom, en hy weet dat jy daar is, en hy is weg. Soms 'n halfmyl weg, kan hy jou ruik en wegkom, of die wolf of enige gevaar. Hy is in staat om dit aan te voel omdat hy so gemaak is. Hy is 'n takbok, van natuur. En daardie sintuig in hom is net een wat God hom gegee het, sintuie vir hom, om volgens te leef.

En ek het gedink, om die takbok te vergelyk met 'n man wat dors na God, voor die vyand daar kom. Daar is iets omtrent 'n kind van God, dat as jy eers gebore is in die Gees van God, die doop van die Heilige Gees ontvang het, daar is iets omtrent die persoon wat die vyand kan aanvoel. Jy kan 'n man neem wanneer hy die Skrif vat, en die Skrif lees en iets probeer insit by daardie Skrif, wat teenstrydig is met die Skrif, 'n man wat gevul is met die Heilige Gees kan dit aanvoel, sommer gou. Daar is iets nie reg nie. Wanneer hy in 'n situasie kom, en daardie klein sekere sintuig daar, wat gedoen word om jou lewe te beskerm. Jy, jy moet nie, jy moet nooit vir enigiets gaan tensy dit presies die Woord van God is nie. Jy moet presies reg by daardie Woord bly. En, nou, en ons is beveilig met daardie sintuig solank ons in die Heilige Gees is.

-----
Daar is 'n ander natuur, natuurlik, net 'n natuurlike dors, in daardie dors van die siel. Jy mag sê: “Broer Branham, is daardie siele dors, is dit natuurlik?” Ja, dis natuurlik vir 'n siel om te dors. En dis, want God het jou so gemaak, sodat jy na Hom sal dors. Hy wil hê jy moet dors na Hom. Nou, God het jou so gemaak. Hy hoef jou nie so te gemaak het nie, maar Hy het dit gedoen. En as Hy jou nie so gemaak het nie, sodat jy sou dors nie, dan sou daar 'n verskoning by die Oordeelsbank wees, sê:“Ek het nooit na God gedors nie.” Maar, daar is geen verskoning nie, jy het. Jy sal dit iets maak; jy mag dit jou vrou maak, jy mag dit jou motor maak, jy mag dit iets anders maak, jy mag kerk toe gaan en dit probeer bevredig. En ek het niks daarteen om kerk toe te gaan nie, maar dit is nie die bevrediging nie. Dis om God te vind, die lewende God, die God van die Hemel, in jou siel, wat daardie verlange en dors bevredig waarna jy verlang.

Nou, want, Hy het jou gemaak sodat jy na Hom kon dors, na Sy verhouding. Nou, daar is opregte dors na 'n hegte verhouding. Nou ons wil mekaar graag ontmoet. Ons doen dit vanaand. Ons ontmoet vanaand hier saam omdat ons van die samesyn hou, een met die ander. Waarom doen ons dit? Want daar is iets in ons dat ons mekaar wil ontmoet. Dis net natuurlik. En nou ontmoet ons op 'n gemeenskaplike grond hier, dit is, omdat ons almal dors na God. Sien? En dan ontmoet ons hier op hierdie gewone, gemeenskaplike gronde hier van broederskap. In die kerk vanaand, hier, mag baie verskillende denominasionele sienings wees, ensovoorts; maar wanneer dit kom by daardie dors, kan ons ontmoet op 'n gemeenskaplike grond, een grond: ons almal dors. Sommige mag glo in besprinkeling, die ander een in die doop, en een in smeer, of so meer; maar wanneer dit kom by die dors na God, kom ons op een algemene grond. En God het ons so gemaak dat ons dit sou doen, dors na Hom en na Sy samesyn.

Lees die volledige rekening in...
Dors.


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

(PDFs)

Huwelik en
Egskeiding.
(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!

My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?

Psalm 42:2-3



 


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.