Jehovah-Jireh #3.

<< vorige

volgende >>

  Verborgenheid van Christus reeks.

Abraham moes getoets word.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Jehovah-Jireh #3.

Nou laat ons na Abraham se agtergrond kyk. Eerstens, God het Abraham ontmoet, onvoorwaardelik, verbond het Hy met Abraham gemaak het. Nie enige iets nie, Abraham het niks nodig gehad om te doen nie, behalwe om God te glo. Die verbond was suiwer deur genade, en onvoorwaardelik. Nie: “as jy wil” nie. God het gesê: “Ek het!” En nou elke man...

Onthou, al Abraham se Saad wat ooit na God toe kom, kom op dieselfde manier. Niks wat jy kon doen nie! Jy kon jou self nie red nie, niks meer as wat jy jou stewels se veters kon neem en oor die maan spring nie. Jy kan nie jou self red nie. Geen mens het ooit na God gesoek nie; dis God wat die mens soek. “Julle het My nooit gekies nie,” het Jesus gesê: “Ek het julle gekies.”

----
Onthou julle gisteraand dat toe Abraham, die verbond was gemaak met Abraham, en sy Saad ná hom. Nou, daar was 'n natuurlike saad van Abraham, deur die daad van geloof het dit te voorskyn gebring; maar die ware Saad van Abraham was Christus, die Bybel ... wat die koninklike Saad van Abraham was. Nou let op.

Abraham, voor die vernietiging van vuur in sy dag, was daar 'n teken gedoen aan Abraham, Sy uitverkore groep. En dit was, God het neergedaal in die vorm van 'n man, Sy rug gedraai na die tent van waar Sara was, en gesê het wat Sara gesê het in die tent. En Jesus het gekom en gesê dieselfde ding sou gebeur aan die einde van die eeu. Nou, dit was Abraham.

Dan Sy natuurlike saad, wanneer Messias kom. En Simon het na Jesus toe gekom, en Hy het vir hom gesê sy naam was Simon, en hy was die seun van Jona, wetende die geheim van sy hart. Het vir Filippus gesê... of Natánael, wat deur Filippus gevind is: “Ek het jou gesien toe jy onder die boom was.” Het die vrou by die put vertel: “Jy het vyf mans gehad;” en sy het gesê: “Meneer, ek merk dat U 'n profeet is.” Sien, die einde van die natuurlike saad van Abraham het daardie teken gekry.
En dit was voorspel deur die koninklike Saad Homself, Christus, dat die koninklike Saad, aan die einde van hulle dae, sou die dieselfde ding kry. Nou ek hoop ons begryp dit.

Het hom verander. Let op, God het Abraham se naam verander. Ek beter dit uitlos. Wanneer ek terugkom vir 'n lang herlewing, sal ons daarop ingaan. Hy moes die naam verander van sy aardse naam, na 'n naam gegee deur God.
Jy sê: “Wat het 'n man se naam met enigiets te doen?” O, broer, as jy net geweet het! Wel, party van hierdie moderne name wat ons het! Ek wil hulle nie noem nie, want dit sal julle gevoelens seermaak. Maar God het name wat dinge beteken, dit verander die hele uitkoms. O, jy sê: “Onsin!”
Wat van Jakob? Voordat hy 'n prins voor God geword het, moes sy naam verander word van Jakob na Israel. Is dit reg? Sekerlik. Paulus; Saul se naam moes verander word na Paulus. O, hoeveel kon ons noem, en sê dat God hulle naam verander het! Abram na Abraham, Sarai na Sara, verander hulle naam. O, goeiste! Wat 'n seën, om in 'n klein kerkie met 'n uitverkore groep te gaan, en dit te leer, sien die halleluja's in die hart, wanneer jy sien wat God doen.

Nou, gisteraand het ek verduidelik oor “tussen die lyn” en “om dit te bevestig.” Ek wil net weer oor dit gaan, voor ek na my teks toe gaan. Dat, God het Abraham verander van 'n ou verrimpelde man, hom en Sara, terug na 'n jong paartjie, het hulle fisiese wese verander voor hulle die beloofde seun kon ontvang. Die laaste teken wat hulle ontvang het was die manifestasie van God in vlees, kon die hart van 'n vrou agter Hom gelees het, in die tent. En die volgende ding was dat hulle liggame is verander. Nou, gisteraand was ek laat, en ek kon voel party wat daaroor wonder. Ek wil dit steeds 'n bietjie nader bring.

Nou, die bewys daarvan was dat, toe hulle albei daardie lang reis ondergaan het, was hulle absoluut verander. En die Bybel het gesê: “Hulle was albei vêr gevorder in jare. En Abraham se liggaam was so goed soos dood, en Sara se baarmoeder was dood.” Was dit reg? Ons weet hulle was dood, maar God het hulle verander. Nou om dit vir julle te bewys, dat Hy dit gedoen het. Eerstens, waarom sou daardie Filistyn (of nie 'n...), ja, ek glo dit was 'n Filistynse koning, verlief raak op Sara, 'n ou vrou? En sy was mooi van aansien.

'n Ander ding. Toe Isak gebore is, en Sara en Abraham ver gevorder in ouderdom, gereed om te sterf, toe het hulle verder gelewe, en Isak het getrou toe hy veertig jaar oud was; Sara het gesterf. En Abraham het met 'n vrou getrou, Ketura, en het vyf, ses seuns gehad, ek dink dit was, behalwe die dogters, daarna; en hier, sestig jaar gelede, hy was so goed soos dood! K-e-t-u-r-a, Ketura. Hy het met Ketura getrou, vyftig of sestig jaar daarna, en het ses seuns gehad behalwe sy dogters; en sestig jaar tevore, was hy so goed soos dood. Halleluja! Daar het julle dit! Die belofte van God is seker. Amen. O, ek is lief Daarvoor!

----
Dit is dit! Wanneer jy die belofte het, en jy weet dis 'n belofte, bly daarby! Abraham moes getoets word. Bly by die belofte!
Nou, hulle het hulle laaste teken gekry. Toe het hulle liggaam verander. En onmiddellik het klein Isak op die toneel verskyn, lieflike klein Joodse seun. Ek sou my voorstel nadat sy agt dae verby was is hy besny. Hoe daardie jong moeder, honderd jaar oud... Hoe dat Abraham, honderd jaar oud; of sy negentig, en hy 'n honderd; hoe moes hulle nie gejuig het nie, omtrent in hulle twintigs. Hierdie jong kêreltjie, hoe aangenaam was hy nie!

En julle weet, God het gesê: “Nou om die mense te laat weet in die dae wat kom (die Saad van Abraham), jou Saad weet dat ek my My belofte hou aan enige mens wat wil vashou aan My Woord, ek gaan hom 'n toets gegee.”

Toe die seuntjie omtrent veertien jaar oud was. Ek stel my voor, langerige hare en mooi ogies. O, hoe gelukkig was die vader en moeder! Jy weet hoe jy as ouer is oor jou kind, enigste kind. Toe het God vir Abraham gesê... Nou, Hy sou nie vir Sarah sê nie, want Sarah was die swakker wese. En toe het Hy gesê, “Abraham, ek wil hê jy moet hierdie seuntjie neem wat Ek aan jou gegee het, die een wat ek deur jou 'n vader van baie nasies gaan maak, en ek wil hê jy moet hom neem tot bo op die berg wat ek vanaand vir jou in 'n vision gaan wys, en hom daar doodmaak.” Vernietig die enigste hoop wat daar vir hom was om 'n vader van nasies te word, vir God om Sy Woord te hou; God het gesê, “Ek maak jou 'n vader van nasies.” Hy het nou al hierdie jare gewag, totdat hy 'n honderd jaar oud was, honderd en veertien jaar oud. “En hier's die klein seuntjie nou, en die enigste bewys wat jy het dat Ek My Woord sal hou, gaan jy op en vernietig dit. Ek gaan steeds vir jou 'n vader van nasies maak deur hierdie kind.”

----
Nou God het gesê, “Jy neem die klein kêreltjie, vat hom tot bo op die berg.”
Nou julle wil weet of Abraham 'n jong man was of nie? Hy het drie dagreise ver met die kind gegaan, met die hout, met die dienaar, en die donkie. Nou enige man, gewone man... Ek het altyd patrollie gedoen op kraglyne, was gewoond om te stap toe ek n wildbewaarder was; en ek kan stap, maklik, dertig myl per dag. En ons het brandstof voete, noem ons dit. Maar daardie manne, hulle enigste vervoer is te voet, of om 'n donkie te ry. En hier was hulle met 'n klein stadige donkie; en ons kan onder hom uitloop En hier was hy, drie dagreise ver, en toe hy sy kop oplig het hy alreeds die berg van ver af gesien. Hy moes omtrent 'n honderd myl ver van beskawing gewees het, ver terug in die woestyn. Nou luister, en let op.

Toe het hy die hout geneem en dit op Isak se rug gesit; die kruis, God se Seun jare later. En Isak het die hout teen die heuwel opgedra, wat hy op gaan lê vir 'n offerhande. Wat voorafgeskadu het!
As God dit voorafgeskadu het na 'n punt; Lot se vrou, moet jy nie omdraai en terugkyk na die dinge van die wêreld nie. Al daardie tipes en skaduwees is volmaak. Sien? Onthou Eva. Onthou Lot se vrou. Onthou Lot homself, julle manne. Onthou, Adam het ingegee vir sy vrou; Lot, dieselfde manier. Wees versigtig. Ek vertel julle net, as 'n broer. Dis later as wat julle dink.

Let op klein Isak gaan op teen die heuwel. En hy het agterdogtig geraak. En hy het omgekyk, en hy het gesê, “My vader?”
En hy het gesê, “Hier is ek, my seun.”
Hy het gesê, “Hier is die hout. En hier is alles, alles, die vuur. Maar waar is die lam vir die brandoffer?”
Luister na daardie ou pappa, sonder 'n bewing in sy stem, het gesê, “My seun, God sal vir Homself die offer voorsien.” Sy enigste seun gaan na die slagting, maar tog het daardie getroue ou hart geweet dat God nie kan lieg nie.
Dis die Saad van Abraham vandag! “Hoe kan dit wees, Broer Branham?” God sal vir Homself voorsien! “Hoe gaan Hy dit doen?” Ek weet nie. Maar Hy is Jehovah-Jireh!

Het tot op die top van die heuwel gegaan, die klippe opgetel. Plaas die hout op die klippe, en dit met die vuur aan die brand gesteek. Het gesê, “Isak, my seun, draai om.” Hy het die tou geneem wat aan sy middellyf hang, en sy hande en voete vasgebind. Isak, gehoorsaam, soos Christus was, tot die dood. Het hom op die blok gelê. Het die groot mes uit sy skede uitgetrek; 'n paar maal geslyp, opgekyk na die lug.
“Hy het nie getwyfel aan die belofte van God deur ongeloof nie, maar was sterk, in die wete dat hy hom ontvang het soos een uit die dood; ten volle oortuig dat as God vir hom gesê het om dit te doen, kon Hy hom uit die dood oprig.” Dis Abraham, en dis sy Saad na hom. As dit die natuurlike saad was, wat behoort die koninklike Saad te wees? Nie gesteier nie! Wat God sê, sal God doen. In die wete dat, hy was ten volle oortuig; dat wat God belowe het, God in staat was om te doen.

Die mes geslyp; klein Isak se klein donker oë wat daardie groot skerp lem dopgehou het soos dit oor die steen slyp. Agtertoe uitgereik; die krulle van sy voorkop weggevee, sy klein kennetjie teruggetrek. Het opgestaan, en die trane het so oor sy gesig geloop. In die wete, en hy het nie getwyfel aan die belofte van God nie! Sy hand opgelig om dit in sy eie seun se keel te steek.

En toe hy dit wou doen, het die stem van God uitgeroep, en sy hand gevang, gesê, “Abraham! Abraham, hou terug jou hand! Ek weet nou dat jy My liefhet.” Wat het Hy gedoen? 'n Getuienis te gee aan die Saad van Abraham, na hom. “Hou jou hand, moenie hierdie kind kwaad aan doen nie! Ek weet dat jy My liefhet.”

En omtrent daardie tyd, het Abraham iets agter hom gehoor. En hy het gekyk, en daar was 'n ram (dis 'n manlike skaap) gevang deur sy horings in die onkruid en bosse. En Abraham het gegaan en het die ram doodgemaak, in plaas van sy seun. Waar het daardie ram vandaan gekom? Hy's 'n honderd myl van beskawing. Wel, die wilde diere sou hom doodgemaak het as hy dar sou wees. Sekerlik, dis 'n—dis 'n huishoudelike dier. Waar het dit vandaan gekom? En, buitendien, dis ver bo-op die berg, waar daar geen gras of water is nie. En Abraham het oral klippe opgetel, waar dit was, om 'n altaar te bou. Waar het dit vandaan gekom? Dit was nie 'n visioen nie; dit het gebloei. 'n Visioen bloei nie. Halleluja! Jehovah-Jireh het vir homself 'n offerhande voorsien!

Wanneer God op Sy Woord geneem word, is Hy in staat om te voorsien wat ook al Sy behoefte is. God, Jehovah-Jireh, is steeds Jehovah-Jireh vanaand. Hy het alreeds 'n Offerhande voorsien. Hy het 'n Kerk voorsien. Hy het 'n Boodskapper voorsien, die Heilige Gees. Hy's nou hier, God wat voorsien. Die Here het vir Homself 'n Bybel voorsien, 'n Gees, 'n Kerk, 'n Boodskap, 'n Boodskapper. En die uur is nou hier vir die kerk om weggeraap te word en huistoe te gaan. Jehovah-Jireh sal die hulpbronne voorsien om daardie Kerk uit hierdie wêreld te neem, deur hierdie swak liggame van ons te transformeer, en hulle op te neem in Heerlikheid. Jehovah-Jireh! Hoe sal dit gebeur in 'n moderne dag soos wat ons in lewe, dat hierdie dinge sal wees?

Lees die volledige rekening in...
Jehovah-Jireh #3.



 

Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

Genesis 22:13-14


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

(PDFs)

God Verskuil Homself
In Eenvoud...

(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.