God se enigste voorsiene plek van aanbidding.

<< vorige

volgende >>

  Lewende woord reeks.

Deuteronómium - ‘Twee wette’.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
God se enigste voorsiene plek van aanbidding.

Deuteronómium 16:2-4,
2 En jy moet vir die Here jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die Here sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende - want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek - sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.
4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.

Nou, die woord Deuteronómium, die woord in sigself beteken “twee wette,” die woord Deuteronómium. En God het twee wette. Die twee wette: Die een is ongehoorsaamheid aan die Woord, en sterf; en die ander een is gehoorsaamheid aan die Woord, en lewe. Dis die twee wette, en Deuteronómium beteken daardie twee wette. Beide van hulle is absoluut aan ons vertoon in die Skrif. Een van hulle is die dood, die ander een is Lewe; Lewe en dood. God handel slegs in Lewe, Satan slegs in dood. En dit was aan die wêreld vertoon in die openbaar, openlik voor elke oog, en daar's geen verskoning vir ons nie. Een van hulle was op die Berg Sinai vertoon, toe die wet gegee was, wat die hele menslike ras tot die dood veroordeel het; die ander een was op die Berg Golgota gegee, dit het die hele menslike ras Lewe gegee, toe die straf volbring was in Jesus Christus. Die twee wette van Deuteronómium was vervul in hierdie twee, groot dinge.

Ek wil hê julle moet weer oplet, daar was ook twee verbonde gegee. Een verbond was aan Adam gegee, wat op voorwaardes was, soos `n wet: “As julle nie hieraan raak nie, dan sal julle leef; maar as julle hieraan raak, sal julle sterf.” Dit was 'n wet. Dan was daar nog 'n wet aan Abraham gegee, wat deur genade was, onvoorwaardelik: “Ek het jou gered en jou saad na jou.” Amen! Dit is 'n tipe van Golgota, nie die tipe van— van— van Adam se verbond nie, dis 'n Abrahamiese verbond. Maar nou hoor ons Hom sê daar is net een plek waar Hy die mens sal ontmoet om te aanbid. Ons lees dit net hier in die teks. Ons sal daarna terug verwys, in 'n paar minute.

As daar dan net een plek is waar God die mens ontmoet, beter ons baie versigtig wees. Laat ons nou ons tradisies eenkant sit vanmôre, en ... in hierdie Sondagskoolles, en baie seker maak dat ons daardie een plek vind. Want, God het hier gesê, Hy sal jou nie in enige ander plek ontvang nie. Enige ander kerk, sal Hy jou nie ontvang nie. Slegs in Sy Kerk, die enigste plek waar Hy jou sal ontvang. Nou: “Wat sou u sê, Broer Branham? As ek opreg is?” Nee.

Onthou, Jesus het met opregte mense gepraat, die aanbidders van Sy dag, en Hy het gesê: “Tevergeefs aanbid julle My.” Ware, opregte aanbidding uit die diepte van hulle harte. “Tevergeefs aanbid julle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” of hulle denominasionele geloofsbelydenis. Opreg, eerbiediglik, net so godsdienstig as wat hulle kan wees. En dit was nie net met die Fariseërs iets nuuts nie. Kain en Abel, die eerste twee aanbidders wat gebore was, natuurlike geboorte hier op aarde, het absoluut met dieselfde gesindheid gekom.

Kain was net so godsdienstig soos wat Abel was. Hulle het albei altare gebou. Hulle het albei God liefgehad. Hulle het albei offerhandes gebring. Hulle het albei aanbid. Hulle het albei tiende betaal. Hulle het albei alles net dieselfde gedoen. Maar Abel, deur geloof wat “die openbaring” is, die Woord van God geopenbaar, duidelik gemaak, uiteengesit en bevestig. Glorie! Kain het 'n offerhande gemaak, maar God het dit nie aangeneem nie. God het aanbidding vereis, en Kain het die offerhande gemaak, maar God het dit nie aangeneem nie. Maar deur die ware kanaal...

Jy sê: “Wel, my kerk is Dit. My...” Wag net 'n oomblik. God interpreteer Sy Eie Woord deur die terme waarin Hy Dit gespreek het. Sien, Kain het gesê: “Ek is godsdienstig. Ek is 'n liefhebber van my Maker. Ek offer aan U hierdie mooi altaar. Ek offer aan U hierdie offerhande. Ek het al hierdie dinge opgebou, Here, omdat ek U lief het.” Abel het dieselfde ding gesê. Nou dis die een wat bevestig is, die een wat bewys is. En God het neergedaal en Abel se offerhande aangeneem, omdat hy deur openbaring die ware kanaal van God getref het, wat aanvaar was.

Nou hou daardie Kain gees dop hoe dit regdeur die Skrif afkom, reg tot op hierdie laaste dag. Fundamenteel? Net so fundamenteel soos die ander een was. Kyk na die profeet Bileam en die profeet Moses. Albei van hulle met sewe altare, Jehova se altare, bloed op elke een; en nie net dit nie, maar ramme op elkeen. In numerologie, presies die regte nommer, sewe, “volmaak,” sewe ramme. Presies eners, beide altare. So fundamenteel as wat die een was, so was die ander een ook. Maar, wie het God bevestig? Sien? Sien? Die een wat in Sy Woord was. Fundamenteel beteken nie veel nie; dis die openbaring van God.

Dink nou! Hierdie manne, waarom was hulle (hierdie Fariseërs) geroep en in hierdie toestand geplaas deur Jesus, Wie gesê het: “Tevergeefs aanbid julle My”? Aanbid Hom: opregte aanbidding, ware aanbidding uit hulle harte. “Julle ... Tevergeefs aanbid julle My.” Waarom? “Leer as leerstelling julle tradisie van mense, daarom maak julle die gebooie van God kragteloos vir die mense.”

As ek julle `n Metodiste boodskap sou leer, sou dit geen effek op julle gehad het nie, hierdie is Bruid tyd. As Moses die boodskap van Noag verkondig het, sou dit geen effek gehad het nie. As Jesus Moses se boodskap verkondig het, sou dit geen effek gehad het nie. Want die uitverkore saad lê daar en dit sal slegs natgemaak word deur die soort water wat vir daardie saad gegee is. Sien? Dit sal nie groei in enige ander toestand nie. Dit moet die toestand wees wat dit laat groei.

----
God is nie 'n outeur van denominasie nie, want denominasie is Babilon, en Hy`s nie die outeur van verwarring nie. Ons sien haar al... Jy hoef nie eens intellektueel te wees om dit te sien nie. Dis Babilon! Sien? Tradisie (dink daaraan), opregte mense. Nou, nog steeds, omdat hulle dit glo, moet daar nog steeds een opregte plek wees waar God ontmoet.

Let nou op vers 2. “Aanbid in die plek wat ek uitverkies het.” Die offerhande, natuurlik, waar hulle oor die offerhande aanbid het. “Die plek wat Ek gekies het; nie wat julle gekies het nie, wat die mens gekies het nie. Maar wat Ek gekies het, julle aanbid in hierdie plek.” Dit wys dat daar dus net een plek is, ander s'n is vergeefs. Dit moet nie jou keuse wees nie, maar dit moet Sy keuse wees.

“Wel, ek hoef nie kerk toe te gaan nie.” Of, “Jy is so eng! Wel, jy sal selfs 'n bohaai maak teen vroue wat preek, en... of vroue wat hulle hare sny, en mans omtrent hierdie ander dinge. Wel, jy is so eng!” Al's reg, jy hoef nie God se Woord daaromtrent te neem nie, gaan jy voort daar waar hulle dit doen. Sien? En jy sal uitvind dis in die Skrif, so, “Tevergeefs aanbid hulle My.” Jesus het van dieselfde ding gepraat. Sien?

----
Laat ons ook hier let op die plek wat Hy uitgekies het vir die offerande om neergelê te word, die plek wat Hy uitgekies het om die offerande te plaas. Jy kan dit nie op enige van hierdie poorte plaas nie; maar die plek wat Hy uitgekies het om dit te plaas, Hy het ook Sy Naam in daardie plek geplaas. Dis wat Hy hier gesê het. Hy het gekies om Sy Naam daarin te plaas. Nou laat ons in die Skrifte soek vir hierdie plek, want dit is die plek waar Hy Sy Naam geplaas het.

Deuteronómium 16:2
2 En jy moet vir die Here jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die Here sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

Nou, jy kan dit nie neem... jou opregtheid en alles wat jy wil bely, jy kan dit nie sommer net na die Metodiste altaar, na 'n Baptiste altaar, na 'n Pinkster altar neem nie, maar daar is 'n altaar iewers wat Hy uitgekies het waar Hy... om Sy Naam daarin te plaas, en Hy sal jou by daardie plek ontmoet. Nou, as julle alles kry om net reg te loop, gaan dit loop; alles is in orde geplaas. As daar 'n kortsluiting in daardie draad is, sal die lig nie aangaan nie; want dis 'n kortsluiting op die gronddraad. En wanneer jy een van God se Woorde neem, of een van Sy plekke, en in jou eie hart het jy selfsugtige doelwitte, sal dit die krag van God net daar laat kortsluit. As jy dit doen omdat jy slim wil wees, jy wil anders wees as iemand anders, of so iets, net daar is die kortsluiting, dit sal die sekerheidsdraad uitbrand. Jy is verkeerd. Jy moet met opregtheid kom, met jou hele hart. Jou motiewe en jou doelwitte, reg op God geplaas. Soek dan vir Sy plek, vind waar Hy gesê het, en bring dit daarheen. Sien?

Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie;...

Wat simboliseer dit in die offerande? Moet dit nie met enige geloofsbelydenis vermeng nie, dit moet die Woord wees. “Geen suurdeeg in die brood nie.” Suurdeeg is die... Jy weet wat suurdeeg in enigiets is. “'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur,” die hele deeg is die Liggaam. Jy kan nie 'n spikkeltjie van denominasie of geloofsbelydenis in Christus plaas nie. Nee, meneer, dit sal nie werk nie. Onthou u verlede Donderdagaand se boodskap? Jou ou man moet dood wees. Reg. Jou nuwe Man is die Woord...

...sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet,...

“Sewe dae,” wat tipifiseer dit? Die volledige Sewe Kerkeeue, sewe dae. Waarom moes hulle dit vir sewe dae geëet het? Voor wat? Voor die uittog. En die hele kerkeeu, van die begin tot die einde, mag net op die Woord van God van daardie eeu lewe. So jou Roomse geloofsbelydenis, Metodiste, Baptiste, en Pinkster geloofsbelydenis is alles dood.

----
Kyk nou.
...daarin, selfs die brood van beproewing;...

Vervolg daarvoor; Luther, Wesley, Pinksters; almal vervolg, en so sal julle... want baie haaastig het jy uit Egipteland uitgetrek- sodat jy al die dae van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou. En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie.

In die pragtige Bruid van Christus, na Haar dood deur die Donker Eeue deur die Romeinse ryk, dat Sy moes sterf: “tensy 'n koringkorrel in die grond val.” Die Bruidegom moes kom, die volmaakte Meesterstuk van God. Julle het almal my boodskap daarop gehoor.

Let op hier. Hy het gesê:
...sewe dae sal jy hierdie ongesuurde brood eet...

Nou, brood word getipefiseer. Jesus het gesê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord.” Nie net— net 'n Woord hier en daar soos denominasies wil hê jy moet Dit glo nie. Maar die Woord van God is perfek! Dit is God Self in lettervorm, 'n “Saad.” En die regte soort onvervalste geloof in daardie Woord sal daardie Saad na sy Lewe toe bring.

Dis presies wat julle in die aand sien in die onderskeidings, en al hierdie ander dinge, want dis 'n belofte wat God gemaak het. En Hy het by my gestaan en my vertel dat, en my vertel hierdie “na-apers sou opstaan, maar bly standvastig.” Ek glo Dit. En geen selfsugtige motief, om enigiemand seer te maak nie, maar om eerbiedig te wees aan God en om die werk te doen wat Hy my geroep het om te doen, dis hoekom ek hierdie dinge sê. En God bevestig dit terug, en ontvang die offer en die offerhande, deur te bevestig dat dit die Waarheid is. Geen twyfel daaromtrent nie! Nou hou daardie Woord dop!

Nou, ons let op hier, “Sewe dae,” dis vir elke kerkeeu. Nou, soos daardie Meesterstuk moes sterf, sodat Hy opgerig kon word om ons almal te verlos. Toe het Hy 'n kerk in orde geplaas met Pinkster, maar daardie Kerk moes deur 'n opoffering gaan; en die Romeinse wêreld het dit doodgemaak, en in die grond begrawe. Soos hierdie outeur van hierdie boek, ek kan nie nou daaraan dink nie, het soveel met my gespot, en gesê: “Van al die duiwels, dis William Branham.” Sien, dis wat die duiwel probeer sê. Hy het gesê, “Visioene en dinge,” gesê: “dis van die duiwel.” Hy het gesê: “Of, hy's 'n soort hypnotiseerder, of hy werk in super sintuiglike waarneming.” Die intellektuele wêreld wat altyd probeer om Dit te ontsyfer.

----
Sewe dae sal jy ongesuurde brood eet...

Geen suurdeeg sal tussen die Bruid gevind word nie, geen— geen woord bygevoeg nie, niks nie. Onthou, een woord het elke dood wat op die aarde is veroorsaak; elke buite-egtelike kind was gebore omdat Eva, die eerste kerk, die bruid van die eerste Adam, God se Woord betwyfel het en 'n denominasionele, of 'n intellektuele, of 'n skool-uitsluiting Daarvan aanvaar het; want Dit was uitgeredeneer, dat: “Sekerlik, God is 'n goeie God.” God is 'n goeie God, maar Hy's ook 'n regverdige God. Ons moet Sy Woord hou! Skool, sy het dit aanvaar. Dis waar party van julle kweekskool seuns, ongetwyfeld 'n roeping in jou lewe, maar jy gaan na een of ander Bybelskool om hierdie leerstelling in jou ingeprent te kry, en dit is daar waar jy sterf... Bly by God en Sy Woord. Hulle sal jou belet; of, jy kan nie eens aan hulle gemeente behoort nie, hulle sal jou nie aanvaar op die platvorm nie. So gee dit vir hulle, laat die dooies die dooies begrawe, laat ons Christus die Woord volg.

Nou, sewe dae sal daar geen suurdeeg in die Bruid wees nie, die Kerk, sewe dae. Nou let op. Nou soos geen... En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; (Die offerhande hier is 'n tipe: Die Bruid wat voortkom van die Offer wat Christus is.)... ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag,...

----
...vlees,... die offerhande die eerste dag... selfs, bly heelnag tot die oggend.

Nou, selfs Luther, wat die Waarheid gehad het, en die kerk geleer het “die regverdiges sal deur die geloof lewe.” Jy wil nie daaraan vashou dat dít die volle leerstelling is nie, in die Metodiste eeu. Wat sal jy doen? Verbrand dit met vuur. Wat was die tipe? Die denominasie wat uit daardie Woord kom, is 'n dop, die stingel, die doppe, moet met vuur verbrand word. Daardie denominasionele deel waardeur dit gekom het, mag nie oorbly nie, moet sterf. Moet dit nie laat tot die aanbreek van 'n ander— ander eeu nie, verbrand dit! Hy praat nou hier met die Bruid, net die Bruid, wat deur elke eeu kom. Let op hoe pragtig, “Die lam se bloed.” Hierdie is Christus se Liggaam, die Offerande: Die lam se bloed op die deur. Nou, onthou, die lam was geslag, wat 'n tipe van Christus was.

Lees die volledige rekening in...
God se enigste voorsiene plek van aanbidding.


Die Verborgenheid
van Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike
Wolk.

Vuurkolom.

 

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van
Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

 

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

En jy moet vir die Here jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die Here sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

Deuteronómium 16:2


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.
(PDFs)

Hoofstuk 11
Die wolk.

(PDF)

My Lewensverhaal
(William Branham).

(PDF)

How the Angel came
to me.
(PDF Engels)

God
interpreteer
Sy Eie Woord
deur die terme
waarin Hy Dit
gespreek het.



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.