Aanneming.

<< vorige

volgende >>

  Aanneming reeks.

Aanneming 4.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Aanneming 4.

Nou het hy gesê: “Hy het aan ons die verborgenheid bekend gemaak.” Kry die Heilige Gees op jou een of ander tyd, en begin om Dit te laat loop en kyk net hoe Dit gaan. Vanmiddag het ek, o, omtrent dertig minute gehad om te studeer, net om die les deur te kyk; miskien nie, ek sal die helfte daarvan sê, vyftien minute tussen die tye deur. En ek het begin hardloop, en ek het gedink: “Die verborgenheid, hoe geheimsinnig!” En die Skrif het my terug geneem in die Ou Testament, toe terug in die Nuwe Testament; iets saamgebind, die verborgenheid van Sy Koms gesien, die verborgenheid van Sy wil, die verborgenheid van ons wat saam sit. Onthou, dit kan nie in enige kweekskool onderrig word nie. Dis 'n verborgenheid. Jy kan dit nie ken deur geleerdheid, deur teologie nie. Dis 'n verborgenheid wat verborge was sedert die grondlegging van die wêreld, wat wag vir die manifestasie van die seuns van God.

Sê vir my, my broer, sê vir my, my suster, wanneer was die tyd dat die seuns van God ooit gemanifesteer sou word buiten hierdie tyd nou? Wanneer was daar ooit 'n tyd in die geskiedenis dat hulle die tyd moes manifesteer om die hele natuur te verlos? Die natuur, die natuur self sug, wag vir die tyd van die manifestasie. Wel, voor die versoening gemaak is, voor die Heilige Gees ooit uitgestort is, voor die hele Ou Testament, daardie tyd, kon daar nie manifestasies gewees het nie. Dit moes wag tot hierdie tyd. Nou is alle dinge gebring, komende, vormende tot 'n hoofsteen, na die manifestasies van seuns van God wat terugkom, en die Gees van God kom in hierdie manne, so volmaak, totdat hulle bediening so naby soos Christus s'n sal wees, totdat dit sal aansluit by Hom en Sy Kerk saam.

----
As jy voorbestem was tot Ewige Lewe, sal God jou op een of ander manier roep, een of ander manier, een of ander manier. Hy sal beslis. “Almal wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom.” Maak nie saak aan watter kerk jy behoort nie, dit het niks daarmee te doen nie. Maar die denominasie sal nooit een ding aan jou doen nie, maar mag jou grootliks verhinder om met God voort te gaan, maar dit sal nooit iets anders doen nie. Vergader jou saam met 'n klomp gelowiges en ongelowiges. Natuurlik, jy tref dit oral aan waar jy gaan, en hulle het dit selfs in die Hemel gehad. So, dis alles reg, maar jy kyk na jou denominasie. Kyk na Jesus, Hy's die Een om na te kyk.

----
Nou, let op, dan is die Koms van die Here Jesus so naby op hande totdat die Gees van diep hierbinne... net kwalik regverdigmaking, heiligmaking, doop van die Heilige Gees, en nou reg in die tyd van die koms van die Hoofsteen. Die Kerk moet so volmaak soos Christus wees totdat Christus en die Kerk saam kan verenig, dieselfde Gees. En as die Gees van Christus in jou is, Dit laat jou die lewe van Christus leef, die lewe van Christus doen, die werke van Christus doen. “Hy wat in My glo, die werke wat Ek doen, sal hy ook doen.” Jesus het dit gesê. Sien? Nou ons gaan hê, ons het 'n bediening wat kom presies soos die lewe van Christus. Wat identifiseer daardie bediening? Die Koms van die Here.

Kyk daarna in die wêreld vandag, en kyk wat Khrushchev sê, al hierdie ander groot dinge, en groot wêreldwye konflikte reg op hande, op enige tydstip, kan op enige sekonde tot poeier gaan. Dis reg. En as dit gebeur, weet ons dat dit naby is. Enige regdenkende persoon kan in die koerant lees of na 'n radio luister en weet dat dit naby is. Wel, onthou, Christus kom vir Sy Kerk voor dit gebeur. So hoe naby is die Koms van die Here Jesus? Miskien voor hierdie byeenkoms vanaand eindig. Ons is by die endtyd. Sekerlik waar.

Hou die kerk dop soos dit gekom het, soos dit beweeg. Neem dit net in jou eie gedagte, julle geskiedkundiges wat geskiedenis bestudeer. Kyk na die Lutherse kerk onder regverdigmaking, kom net so vars van Katolisisme, kyk hoe dit beweeg. Kyk dan na Wesley wat 'n bietjie nader kom tot in heiligmaking, verweef in die Skrifte. Kyk na reg tussenin, die Wesley. Toe die volgende ding wat ingekom het, was die Pinkstereeu. En die Pinkstereeu met die herstel van die gawes, die geestelike gawes. Nou, kyk na die eeu wat nou tot by die Hoofsteen kom. Sien wat ek bedoel? Die Koms van die Here, die bekendmaking. God en alle skeppings wag vir die kerk om posisioneel sy plek te vind.

----
Nadat die kerk sy posisie geneem het, word ons geroep tot die aanneming van seuns, deur die Heilige Gees. En wanneer elke man sy posisie inneem, wat God hom geroep het om te doen, en staan aan die einde van die pad, gaan agter die verlorenes aan.

Eerstens, neem Paulus al die skrik daaruit, so nou: “As jy geroep is, as jy nie net opgewerk is in jou gemoed deur een of ander soort teologie nie; as jy regtig uit die Gees gebore is, dan het God jou voorbestem voor die grondlegging van die wêreld, jou naam op die Lam se Boek van die Lewe geplaas, en nou kom ons bymekaar om te sit in Hemelse plekke in Christus Jesus. 'n Heilige volk, 'n heilige nasie, 'n eienaardige volk, koninklike priesterskap, wat geestelike offerhandes aan God bring, dit is, die vrugte van ons lippe wat Sy Naam prys.” Mense kom in en sê: “Daardie mense is mal.” Sekerlik is hulle; die wysheid van God is dwaas vir die mens, en die wysheid van die mens is dwaas vir God. Hulle is teenstrydig, een met die ander.

Maar 'n ware Geesvervulde kerk, vol van krag van God, sit saam in Hemelse plekke, offer geestelike offerhandes, lof van God, die Heilige Gees beweeg onder hulle, onderskei sonde en roep die dinge wat onder hulle is wat verkeerd is, stryk dit uit en maak dit plat en gelyk. Want hoekom? Altyd in die Teenwoordigheid van God is daardie bloedige Offerhande.

Nou onthou, ons het vanmôre daardeur gegaan. Jy is nie gered deur die Bloed nie, jy word gered gehou deur die Bloed. Maar jy is gered deur genade, deur geloof, om Dit te glo. God het aan jou hart geklop omdat Hy jou voorbestem het. Jy het opgekyk en dit geglo, dit aanvaar. Nou maak die Bloed 'n versoening vir jou sondes. Onthou, ek het gesê: “God veroordeel nie 'n sondaar vir sonde nie.” Hy's 'n sondaar om mee te begin. Hy veroordeel 'n Christen vir sonde. En dan omdat Hy hom veroordeel het, het Christus ons veroordeling geneem. So daar is geen veroordeling vir hulle wat in Christus Jesus is, wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

En as jy enigiets verkeerd doen, is dit nie opsetlik nie. Jy sondig nie opsetlik nie. 'n Man wat opsetlik sondig, uitgaan en opsetlik sondig, het nog nooit in daardie Liggaam ingekom nie. Maar 'n man wat eenmaal daarbinne is, hy's dood, en sy lewe is verborge in God, deur Christus, verseël deur die Heilige Gees, en die duiwel kan hom nie eens vind nie, hy's so ver daarbinne. Hy sal daaruit moet kom voor die duiwel hom ooit kan kry. “Want jy is dood!”

----
En onthou dit, ons het pas daaroor gegaan. Efésiërs, 1ste hoofstuk, 10de vers.
Om die volheid van die tye te reël...
Nou, ons het geleer dat die volheid van die tyd is wag op wat? Die volheid van alle tye, die tyd wanneer sonde sal ophou, die tyd wanneer die dood sal ophou, die tyd wanneer siekte sal ophou, die tyd wanneer sonde sal ophou, die tyd wanneer al die verdraaiings (daardie verdraaide dinge wat die duiwel verdraai het) sal ophou, wanneer tyd self sal ophou. Kyk.

om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig:

“Versamel alle dinge deur Christus.” Soos ek vanmôre gesê het, al die goudklontjies wat ons vind, hierdie wonderlike goedjies, jy kan hulle poets in Genesis, jy kan hulle poets in Eksodus, jy kan hulle poets in Levitikus, en hulle deurbring, en in Openbaring sal hulle Jesus wees. Jy neem Josef, jy neem Abraham, jy neem Isak, jy neem Jakob, jy neem Dawid, jy neem enige van daardie goudklontjies, daardie manne van God, en kyk of jy nie Jesus Christus in elkeen van hulle vertoon sien nie. “Dat Hy alle dinge in Een kan bymekaar maak, Christus Jesus.”

Nou, 'n bietjie verder nou, nou die 11de vers.
In Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het...
O, “'n erfdeel.” Iemand moet iets vir jou nalaat om dit te beërwe. Is dit reg? 'n Erfdeel! Watter erfdeel het ons? Watter erfdeel het ek gehad? Ek het nie enige gehad nie. Maar God het vir my 'n erfdeel nagelaat toe Hy my naam op die Lam se Boek van die Lewe geplaas het voor die grondlegging van die wêreld.

O, jy sê: “Nou, wag 'n oomblik, broer, Jesus het dit gedoen toe Hy vir jou gesterf het.” Nee, Hy het nooit. Jesus het gekom om daardie erfenis vir my te koop. Lees net die volgende ver-... die volgende reël.
In Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

God, voor die grondlegging van die wêreld, soos ons dit afgeneem het deur die les, julle mense, hoe ons gesien het God was selfbestaande, hoedat in Hom liefde was. In Hom moes God wees; daar was niks om Hom te aanbid nie. In Hom moes 'n Vader wees; daar was... Hy was by Homself. In Hom moes 'n Verlosser wees; niks verlore nie. In Hom moes 'n Geneser wees. Dis die eienskappe van Hom. Daar was niks daar nie. So Sy Eie Self, Sy Eie goeie raad het hierdie dinge voortgebring, dat Hy deur hierdie een Man, Christus Jesus, dit alles weer bymekaar kon maak. O! “Oog het nie gesien nie, oor het nie...” Geen wonder dis 'n misterieuse ding nie!

Kyk: “het ons voorbestem tot hierdie erfenis.” As ek 'n regte erfdeel van iets is, as God aan my hart klop en sê: “William Branham, ek het jou lank gelede geroep, voor die grondlegging van die wêreld, om die Evangelie te verkondig,” het ek 'n erfdeel, 'n erfdeel van die Ewige Lewe. Nou, God het Jesus gestuur om daardie erfdeel vir my werklik te maak, want daar was niks wat ek kon doen om dit te beërwe nie. Dit was leeg, dit was geldig, daar's niks wat ek kan doen nie. Maar in die volheid van tyd het God gestuur, in Sy Eie goeie tyd, Jesus die Lam, geslag van die grondlegging van die wêreld af. Sy Bloed is gestort sodat ek na my erfenis kan gaan. Om wat te wees, watter erfdeel? Die seunskap, om 'n seun van God te wees.

En nou Hierdie mag jou net dood wurg. Maar het julle geweet dat manne wat seuns van God is, amateurgode is? Hoeveel het dit ooit geweet? Hoeveel weet dat Jesus so gesê het? Die Bybel, Jesus het gesê: “Het julle wet nie gesê, self, dat julle 'gode' is nie? En as julle hulle gode noem...” Waarvan God in Génesis 2 gesê het dat hulle gode was, omdat hulle was, het volle heerskappy gehad oor die heerskappy van die wêreld. Hy het hom heerskappy oor alle dinge gegee. En hy het sy godskap verloor, hy het sy seunskap verloor, hy het sy gebied verloor, en Satan het dit oorgeneem.

Maar, broer, ons wag vir die manifestasies van die seuns van God wat sal terugkom en dit weer oorneem. Wag vir die volheid van die tyd, wanneer die piramide bo by die top kom, wanneer die volle seuns van God gemanifesteer sal word, wanneer die krag van God sal uitstap (halleluja) en elke krag wat Satan het, van hom sal wegneem. Ja, meneer, dit behoort aan hom.

Hy's die Logos wat van God uitgegaan het, dit is waar, dit was die Seun van God. Toe het Hy die mens daardie klein god gemaak. En Hy het gesê: “As hulle diegene noem na wie die Woord van God gekom het, die profete, as hulle hulle 'gode' noem na wie die Woord van God gekom het...” En God het so gesê, Self, dat hulle gode was. Hy het vir Moses gesê: “Ek het jou 'n god gemaak en het Aäron jou profeet gemaak.” Amen. Sjoe! Ek mag optree soos 'n godsdienstige gek, maar ek is nie. O, wanneer jou oë kan oopgaan en daardie dinge sien. Goed.

Hy het die mens 'n god gemaak, 'n god in sy gebied. En sy domein gaan van see tot see, van oewer tot oewer; hy het die beheer daarvan. En toe Jesus gekom het, synde die Een God sonder sonde, het Hy dit bewys. Toe die winde gewaai het, het Hy gesê: “Vrede, wees stil!” Amen. En toe die boom, het Hy gesê: “Niemand eet van jou nie.” “Voorwaar, Ek sê vir julle, julle wat klein gode is, as julle vir hierdie berg sal sê: 'beweeg,' en nie twyfel in julle hart nie, maar glo dat wat julle gesê het sal gebeur, kan julle kry wat julle gesê het.”

Lees die volledige rekening in...
Aanneming 4.



Die Verborgenheid van
Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike Wolk.

Vuurkolom.

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Romeine 8:15-17


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

Chapter 9
- The Third Pull

(PDF Engels)

Voor...

Na...

William Branham
Life Story.

(PDF Engels)

How the Angel came
to me.

(PDF Engels)


Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.