Die manifestasie van die kinders van God.

<< vorige

volgende >>

  Aanneming reeks.

Aanneming 2.


William Branham.

Lees die volledige rekening in...
Aanneming 2.

Glo ons? Ek weet nie wat ek sou doen as ek nie 'n Christen was nie. Ek sou net nie langer wou bly nie. Daar is niks om voor te lewe nie, net om ander gered te kry, is die beste wat ek weet. Nou, vanaand wil ons net 'n klein agtergrond begin van ons vorige les. En ek sal probeer lees, want, die hele hoofstuk, as ek vanaand kan. So Sondagoggend sal ek miskien Sondagoggend en -aand moet indruk, as dit reg is, om te probeer om in hierdie opset te kom van wat ek wil hê die kerk moet sien. O, dis glorieryk om jou posisie te vind! En niemand kan enigiets doen tensy jy behoorlik weet wat jy doen nie.

Wat as jy sou wees... 'n operasie sou hê en daar was 'n jong dokter wat pas uit die skool gekom het dat hy sou... nooit tevore 'n operasie gehad het nie. Tog, hy was jonk en aantreklik en sy hare was glad gekam, en hy was baie mooi aangetrek, keurig en alles. En hy het gesê: “Ek het die messe geslyp en ek het al die gereedskap en dinge gesteriliseer.” Maar jy sou 'n snaakse gevoel daaroor hê. Ek sou liewer 'n ou dokter wou hê wat baie keer tevore deur daardie operasie gegaan het, voordat ek aan my laat sny. Ek— ek wil iemand ken wat nie pas uit die skool is nie, ek wil iemand hê met 'n bietjie ondervinding. En die bes ervare Een wat ek ken om aan te roep vanaand, is die Heilige Gees. Hy's God se groot Geneesheer en groot Leraar.

-----
Nou, vanaand, ons Skrif verdeel die Boek van Efésiërs, is die Boek van Josua van die Nuwe Testament. Dis verdeel en sit in orde die “oorwinnaars.” Nou, dis net 'n agtergrond vir 'n paar minute, om 'n plek te kry voor ons begin lees, vanaf die 3de vers. Nou, ons het verlede Sondagaand gevind dat die ...God in die Ou Testament het Israel 'n belofte van 'n land van rus gemaak omdat hulle pelgrims en swerwers geword het. En hulle was in 'n land wat nie hulle s'n was nie, en God het deur Abraham belowe dat hy sou vertoef, sy saad sou vertoef vir vierhonderd jaar in 'n vreemde volk en mishandel word, maar deur 'n sterk hand sou Hy hulle uitbring in 'n mooi land wat gevloei het met melk en heuning.

En nou, toe die tyd van die belofte nader gekom het, het God iemand opgerig om hulle na daardie land te bring. Hoeveel in die klas vanaand wie daardie een was... weet wie daardie een was? Moses. Let op, 'n baie, baie ware tipe van ons Een wat gegee is om ons na die beloofde Land, Christus, te bring. Nou het ons 'n belofte, want ons belofte is geestelike Rus, waar hulle s'n fisiese rus was. En so het hulle gekom na 'n land sodat hulle kon sê: “Dit is ons land, ons is nie meer swerwers nie, ons het ons gevestig, dit is ons land en hier het ons rus. Ons sal ons mielies plant, ons wingerde, en ons sal van ons wingerde eet. En dan wanneer ons sterwe, sal ons dit aan ons kinders nalaat.”

-----
Maar nou, aan vorentoe. Toe het julle Moses opgelet, daardie groot wonderwerker wat Israel afgebring het deur die land, en hulle na die beloofde land gebring het, maar nie hulle erfenis aan hulle geplaas het nie? Hy het hulle nie hulle erfenis gegee nie; hy het hulle opgelei na die land, maar Josua het die land aan die mense verdeel. Is dit reg? En Christus het die kerk gebring na die plek waar hulle besitting aan hulle gemaak is, aan hulle gegee is, net die Jordaan om oor te gaan, maar die Heilige Gees is die Een Wat die kerk in orde plaas. Die Josua van vandag plaas die kerk in sy orde, gee aan elkeen, gawes, plekke, posisie. En Hy is die Stem van God wat spreek deur die innerlike mens wat Christus gered het, die Heilige Gees. Nou kry julle soveel daarvan? Nou gaan ons oor in die Boek van Efésiërs. Nou, op dieselfde manier, plaas Hy die kerk posisioneel waar hulle hoort. Nou, Josua het hulle in die natuurlike land geplaas. Nou plaas die Heilige Gees die kerk posisioneel in die land waarin hulle, in die posisie waarin hulle hoort, hulle erfenis.

Nou, die eerste ding waarmee hy hier begin, spreek hy sy brief aan: “Paulus.” Wat, ons gaan uitvind naderhand dat al hierdie verborgenheid aan hom geopenbaar is, nie in 'n kweekskool nie, nie deur enige teoloog nie, maar dit was 'n Goddelike openbaring van die Heilige Gees wat God vir Paulus gegee het. In die wete dat die verborgenheid van God, het hy gesê, wat verborge was sedert die grondlegging van die wêreld, aan hom geopenbaar is deur die Heilige Gees. En die Heilige Gees onder die mense het elkeen in orde geplaas, die kerk in posisie geplaas.

-----
Maar die man buite Kanaän weet niks daarvan nie, hy dwaal steeds. Om nie te sê dat hy nie 'n goeie man is nie, ek sê dit nie. Ek sê nie die man selfs in Egipte is nie 'n goeie man nie, maar hy, totdat hy oorgekom het in hierdie besitting. En die besitting, dat, die belofte wat aan die kerk gegee is, is nie 'n natuurlike land nie, maar 'n geestelike land, want ons is 'n koninklike priesterdom, 'n heilige nasie. Dan in hierdie koninklike priesterdom, heilige nasie, eienaardige mense, uitgeroep, uitverkies, gekies, eenkant gesit, dan is die hele wêreld dood aan die buitekant. En ons word gelei deur die Gees. Seuns en dogters van God word gelei deur die Gees van God; nie deur die mens nie, maar deur die Gees.

-----
Met reikhalsende verlange wag die hele skepping vir die manifestasie. Sien, die manifestasie! Wat is die manifestasie? Bekendmaking! Die hele wêreld. Die Mohammedane daar oorkant, hulle soek daarna. Oral rond, oral, soek hulle daarna. “Waar is hierdie mense?” Ons het die... Ons het 'n magtige rukwind gehad, ons het donderweer en weerlig gehad, ons het olie en bloed gehad, ons het allerhande dinge gehad; maar ons het nie daardie stemmetjie gehoor wat die profeet aangetrek het nie, wat die kleed om hom gedraai en uitgeloop het, gesê het: “Hier is ek, Here.” Sien?

-----
Wanneer ons in Christus is, het ons geestelike seëning. Buite Christus, het ons sensasies. In Christus het ons positiewe seën. Nie skyngelowe nie, nie geveinsdhede nie, nie aansit nie. Maar solank jy probeer sê dat jy in die beloofde Land is en nie is nie, sal jou sondes jou inhaal. En, die eerste ding wat jy weet, jy sal jouself bedrieglik vind en— en alles, soos ons dit in die wêreld noem, vasgevang. Jy sal uitvind dat jy nie het waarvan jy praat nie. Maar wanneer jy in Christus Jesus is, het Hy jou Hemelse vrede belowe, Hemelse seëninge, Hemelse Gees, alles is joune. Jy is in die beloofde Land en in volle besit van alles. Amen. Hoe pragtig! O, laat ons studeer.
soos Hy ons in Hom uitverkies het...
Nou, hier is waar die kerk so erg struikel. Soos Hy ons in Hom uitverkies het... (In Wie?) Christus.

-----
Nou, nou die aand, of die ander oggend om sewe- uur, toe die Heilige Gees, deur Sy goedheid en Sy genade, my weggeneem het van hierdie liggaam, glo ek, glo ek. Ja of nee, ek sê nie, en het in daardie land ingegaan en daardie mense gesien, en hulle was almal jonk. En ek het die mooiste mense gesien wat ek ooit in my lewe gesien het. En Hy het vir my gesê: “Party van hulle was negentig jaar oud. Hulle is jou bekeerlinge. Geen wonder hulle skree: 'My broer! My broer!'”
[Sien: Dood. Wat dan?]

-----
Hoe het ons dit gekry? Hoe weet ons dit? God, voor die grondlegging van die wêreld, het ons voorbestem! Wie? Diegene wat in die beloofde Land is. ...deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade... Dat ons Hom kan prys soos Hy gesê het. Dis wat Hy was, God. Ons wil Hom prys. ...tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. In Christus word ons aanvaar. In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van s-o-n-d-e-s...

Ek moet teruggaan na aanneming, maar ek wil stop by “sondes” hier 'n oomblik. “Sondes,” het julle dit opgelet? Julle weet God veroordeel nie 'n sondaar vir sonde nie? Hy veroordeel hom omdat hy 'n sondaar is. As 'n sondaar 'n sigaar rook, veroordeel Hy hom nie daarvoor nie; hy's in elk geval 'n sondaar. Sien? Sien? Hy het nie enige sondes nie, die sondaar het nie. Hy's net 'n sondaar, sien, hy het geen sondes nie. Maar julle het sonde, julle wat Christene is. Julle let hier op hy praat met die Kerk. Hou haar reguit. Sien? Sien? “Vergifnis van sondes,” s-o-n-d-e-s. Ons doen sonde. Maar die sondaar is net 'n sondaar, God vergewe hom nie.

-----
So “sondes,” s-o-n-d-e-s, ons het vergifnis van ons sondes deur Sy (wat?) Bloed, kosbare Bloed. ...na Sy rykdom in die... Hoe vergeet ons dit? Omdat ons waardig is, het ons iets gedoen om ons sondes vergewe te hê? Sy wat? ...genade; O, goeiste! Niks in my arms nie bring ek, Here. Niks kan ek doen nie, daar is nie 'n ding wat ek kan doen nie. Kyk! Hy het my voorbestem, Hy het my geroep, Hy het my gekies. Ek het Hom nooit gekies nie. Hy het my gekies, Hy het jou gekies, Hy het ons almal gekies. Ons het Hom nie gekies nie. Jesus het gesê: “Julle het My nie gekies nie, Ek het julle gekies.” Hy het gesê: “Niemand kan na My toe kom tensy My Vader hom eerste trek nie, en almal wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom. En nie een van hulle is verlore nie, behalwe die seun van die verderf, om die— die Skrif te vervul.” Sien julle? Het gesê: “Maar al wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom.”

-----
Wat beteken die woord “tot”, die woord “tot”? Dit beteken iets waarnatoe ons kom, na. “Ek gaan na die fontein. Ek gaan na die stoel toe.” Humes, begryp jy dit? “Ek gaan na die lessenaar toe.”
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, Hoeveel welbehae? Wie se welbehae was dit, wie se goedheid? Sy Eie. Sy Eie welbehae van Sy Eie Wil!

Nou, wat is “aanneming”? Nou laat ek dit nou kry, ek weet nie of... Ek sal nie tyd hê om hierdeur te kom nie, maar ek sal dit tref. Dan as daar 'n vraag is, kan julle my 'n bietjie later een of ander tyd vra oor iets in 'n boodskap, iets. Luister. Jou aanneming is nie jou geboorte nie. Jou aanneming is jou plasing. Toe jy wedergebore is, Johannes 1:17, glo ek, wanneer ons gebore is uit die Gees van God, is ons seuns van God. Maar ons was voorbestem. Nou hier is waartoe ek julle probeer kry, vir hierdie seuns van die laaste dag, julle sien. Om... Sien? Ons was voorbestem tot (tot) aanneming. Nou, nou hier is ons. Nou, dit is wat Pinkster 'n bietjie seermaak. Hulle sê: “Ek is wedergebore! Prys die Here, het die Heilige Gees!” Goed. Jy's 'n kind van God. Dis reg. Maar tog is dit nie waarvan ek praat nie. Sien, jy was voorbestem tot aanneming. Aanneming, dis om 'n seun te plaas.

Hoeveel ken die reëls van aanneming in die Ou Testament? Natuurlik, julle het gekyk. 'n Seun was gebore. Ek glo ek het dit in een of ander preek. Wat is dit, Gene, onthou jy? Dis op 'n band. O, wat was dit? Ek het daaroor gepraat. O, ja, ek het dit, Luister Na Hom. Luister na Hom; die aanneming van kinders.

Nou, in die Ou Testament, toe 'n— toe 'n kind in 'n familie gebore is, was hy 'n kind toe hy gebore is, want hy was gebore uit sy ouers, hy was 'n seun van die familie en erfgenaam van alle dinge. Nou, maar hierdie seun is grootgemaak deur leermeesters. Galásiërs, 5de hoofstuk, 17de tot die 25ste vers. Goed. Hy is grootgemaak deur leermeesters, opvoeders, onderwysers.

-----
Gaan hierdie beloofde Land binne. Hoe kom ons daarin? Ons is voorbestem daartoe. Die Kerk, deur die voorkennis van God, is voorbestem (tot wat?) tot Sy eer, deur Sy genade, tot die glorie en aanbidding en heerlikheid van God. Pappa, wat daar agter gesit het in die begin, selfbestaande, niks om Hom nie, wou iets hê om te aanbid, so Hy het 'n kerk verordineer en voorbestem, en voor die grondlegging van die wêreld, en hulle name in die Lam se Boek van die Lewe geplaas, toe hulle... geslag voor die grondlegging van die wêreld, sodat hulle kan verskyn tot Sy heerlikheid en tot Sy lof aan die einde van die tyd, wanneer alle dinge in daardie een Man, Christus Jesus, sal vergader. Sjoe! Glorie! Dis dit. Dis net... En dis dit net daar, my broer, suster. Moenie ooit Daarvan wegbeweeg nie.

God, deur Sy uitverkiesingsgenade, het jou geroep. God, deur Sy uitverkiesingsgenade, het jou geheilig. God, deur Sy uitverkiesingsgenade en Sy krag, het jou gedoop en jou in hierdie land van Rus geplaas. Hulle wat in hierdie Rus ingegaan het, het opgehou om te verdwaal. Hulle het opgehou met hulle werke soos God van Syne gerus het. Hulle het onuitspreeklike vreugde, en vol heerlikheid! Die Boom van die Lewe blom in hulle. Hulle het lankmoedigheid, vriendelik, goedheid, geloof deur geduld, geloof, sagmoedigheid, vriendelikheid, ensovoorts. Die Boom van die Lewe blom in hulle omdat hulle hoop geanker is in Christus Jesus, die getuienis van die Heilige Gees wat getuig met tekens en wonders wat die gelowiges volg. “Vir hulle wat geglo het, sal hierdie tekens volg.” Soos hulle aangaan, genees hulle die siekes, hulle dryf duiwels uit, hulle praat in tale, hulle sien visioene. Hulle... En hulle wandel met God, hulle praat met God. Geen duiwel kan hulle beweeg nie, hulle is standvastig, op soek na.... Deur die dinge in die verlede te vergeet, beur hulle voort na die teken van die hoë roeping in Christus Jesus. Daar is hulle. Daar is hulle. Dis daardie Kerk.

Lees die volledige rekening in...
Aanneming 2.



Boodskap hub...Kies jou taal en aflaai gratis boodskappe van Broer Branham.


Die Verborgenheid van
Christus.

Engelse nuusbrief webwerf.

Die boek Openbaring.

 

God en Wetenskap
Indeks - Argeologie.

Die Wegraping kom.

 

Hoofonderrig van die
boodskap.

Die Goeie Nuus.
Jesus het gesterwe
vir jou sondes.

Waterdoop.

 
 

Die Bonatuurlike Wolk.

Vuurkolom.

Die graf is leeg.
Hy het opgestaan.

Die Shekinah heerlikheid van God.

Die Voorlopers.

God is Lig.

Die Handelinge van
die Profeet.

Die Godheid het verduidelik.

Die Sewe Kerk Eeue.

Die Sewe Seëls.

God en Geskiedenis
reeks Indeks - Daniël.

Christelike wandel
reeks.

Bybelse Geologie.

 

Noag se Ark.

 

Die stem van die teken.

Oorspronklike sonde.
Was dit 'n appel?

Die naam van God.

Lewende woord reeks.

Die Eindtyd reeks.

Kersfees reeks.

Mitologie
Babilon, die bron.

Hierdie dag word
hierdie Skrif vervul.

Die Patmos Visioen.

 

Die Nikolaïete.

 

Doktriene Van Bileam.

Daardie Vrou Isébel.

Dood. Wat dan?

 

Verborgenheid Babilon.

God en Wetenskap.
Mikrobiologie.

God en Wetenskap.
Kosmologie.

God en Wetenskap.
Die Dinosaurus Mite.

'N Profeet se regverdiging.

Aardbewing oordeel.

Armagéddon.

Die Engel Verskyn.
Huwelik En Egskeiding.

Ons Boodskap Lys.

Argeologie.
S’dom en `Amorra.

  Die Skrif sê...

Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het

in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Romeine 8:19-21


Klik op 'n prentjieOm die volle grootte foto of PDF af te laai.


Die Handelinge van
die Profeet.

(PDFs)

Chapter 11
- The Cloud

(PDF Engels)

Vuurkolom.

Die Bonatuurlike Wolk.